{"id":39966,"date":"2016-08-08T08:38:23","date_gmt":"2016-08-08T06:38:23","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39966"},"modified":"2016-08-08T09:26:17","modified_gmt":"2016-08-08T07:26:17","slug":"rio-spele-ingelei-deur-n-ontploffing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39966","title":{"rendered":"Rio Spele ingelui deur &#8216;n ontploffing"},"content":{"rendered":"<p>Die Rio Olimpiese Spele het met &#8216;n ontploffing afgeskop toe milit\u00eare plofstofdeskundiges \u2019n verdagte pakket naby aan die eindpunt van die mans se fietswedren by Copacabana-strand opgeblaas en vrees by toe\u00adskouers ingeboesem het.<\/p>\n<p>By &#8216;n perdesportbyeenkoms in Deodoro, wat op \u2019n milit\u00eare basis is, het &#8216;n dwaalkoe\u00ebl deur die seildak van die mediasentrum geskeur en op die vloer beland.<\/p>\n<p>\u201cAlle owerhede het die versekering gegee dat die koe\u00ebl niks met die Spele of die Olimpiese familie of die media te doen gehad het nie. Die area was nie die teiken nie,\u201d het \u2019n woordvoerder van die Spele, Mario Andrada, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die openingseremonie was \u2019n glansgeleentheid, met atlete van deelnemende lande wat ouder\u00adgewoonde in die Maracan\u00e3 Olimpiese stadion deur Griekeland binne\u00adgelei is.<\/p>\n<p>Meer as 11 000 atlete van 206 nasionale Olimpiese komitees, insluitende vir die eerste keer Kosovo en Suid-Soedan, neem vanjaar deel. Altesaam 28 sportdissiplines word aangebied, insluitende sewes-rugby\u00ad en gholf, wat in 2009 deur die internasionale Olimpiese komitee ingesluit is.<\/p>\n<p>Rio de Janeiro is die eerste Suid-Amerikaanse stad om die somer\u00adspele aan te bied. Dit is ook die eerste keer dat die Olimpiese Spele in \u2019n Portugeessprekende land aangebied word en die hele somerspele in die winter aangebied word.<\/p>\n<p>Die aanloop tot die Spele is deur omstredenheid geteister, insluitende die onstabiliteit van die land se federale regering, kommer oor gesondheid en veiligheid oor die Zika-\u00advirus en ernstige besoedeling in Guanabara-baai.<\/p>\n<p>Dwelmskandale het die Russiese span sowel as die Keniaanse span getref, en meegebring dat talle Russiese atlete verbied is om aan die Spele deel te neem, terwyl die Keniane steeds welkom is.<\/p>\n<p>Di\u00e9 politiekery om die Russe uit te hou sal sorg vir minder belangstelling. Ook is onthul dat die Spelekomitee nie naastenby genoeg fondse het nie en deur die staat geborg sal moet word.<\/p>\n<p>Ten minste die helfte van Brasili\u00eb se inwoners is fel gekant teen die Spele.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Rio Olimpiese Spele het met &#8216;n ontploffing afgeskop toe milit\u00eare plofstofdeskundiges \u2019n verdagte pakket naby aan die eindpunt van die mans se fietswedren by Copacabana-strand opgeblaas en vrees by toe\u00adskouers ingeboesem het. By &#8216;n perdesportbyeenkoms in Deodoro, wat op \u2019n milit\u00eare basis is, het &#8216;n dwaalkoe\u00ebl deur die seildak van die mediasentrum geskeur en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39966\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rio Spele ingelui deur &#8216;n ontploffing&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39967,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5885,9987,14200,22873,2078,7829,13949,22874],"class_list":["post-39966","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-kenia","tag-olimpiese-spele","tag-ontploffing","tag-rio","tag-rusland","tag-terreur","tag-verbod","tag-verbode-middels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39966","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39966"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39966\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39967"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39966"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39966"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39966"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}