{"id":39948,"date":"2016-08-05T04:35:01","date_gmt":"2016-08-05T02:35:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39948"},"modified":"2016-08-05T04:37:25","modified_gmt":"2016-08-05T02:37:25","slug":"hollywood-base-dreig-akteurs-wat-trump-ondersteun","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39948","title":{"rendered":"&#8216;Hollywood-base dreig akteurs wat Trump ondersteun&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Liberale Hollywood-base dreig na bewering akteurs wat Donald Trump ondersteun dat hulle nooit weer werk sal kry nie. Di\u00e9 bewerings word gemaak deur die Amerikaanse sepiester en manlike model, Antonio Sabato jr. (foto hier bo). Volgens Sabato is hy aanlyn &#8220;geteiken&#8221; en op &#8216;n swartlys geplaas nadat hy &#8216;n toespraak ter ondersteuning van Trump by die Republikeinse Nasionale Kongres gelewer het.<\/p>\n<p>In &#8216;n onderhoud met die vermaaklikheidstydskrif <em>Variety<\/em>, het die 44-jarige akteur &#8211; wat op die eerste dag van die Republikeinse kongres sy steun vir Trump uitgespreek het &#8211; ges\u00ea dat regisseurs sy agente gekontak het en aan hulle ges\u00ea dat hulle nooit weer met hom sal werk nie.<\/p>\n<p>&#8220;Op Twitter is ek beledig en deur ander glanspersoonlikhede aangeval. Ek gee nie om nie,&#8221; het Sabato aan <em>Variety<\/em> ges\u00ea. &#8220;Ek sien dit, maar ek lees dit nie. Ek versper hulle en vee dit uit en laat dit agter. Daar is soveel negatiwiteit waardeur mens ingetrek kan word. Maar ek het ook van ander glanspersoonlikhede gehoor: &#8216;As hy dit kan doen, wil ek ook my mening lug.&#8217; Hulle is keelvol vir die manier waarop di\u00e9 land bestuur is en vir al die leuens.&#8221;<\/p>\n<p>By die kongres het Sabato vertel hoe hy wettig na die Verenigde State ge\u00efmmigreer het, nadat hy 11 jaar lank moes wag. Die akteur, wat oorspronklik van Rome afkomstig is, s\u00ea hy &#8220;het die re\u00ebls nagekom&#8221; tydens die immigrasieproses, en het die behoefte vir ander immigrante om dieselfde te doen, beklemtoon.<\/p>\n<p>&#8220;Donald Trump staan vir eenheid,&#8221; het Sabato gedurende sy kort toespraak ges\u00ea. &#8220;Donald Trump glo aan een Amerika, met vryheid en regverdigheid vir almal. Om veilige grense te h\u00ea, om ons burgers te beskerm, niks daarvan is haatdraend nie. Dis die regering se verantwoordelikheid. En dis die regte ding om te doen. Donald Trump gaan dit gedoen kry en ons weer op die regte spoor plaas.&#8221;<\/p>\n<p>Hoewel miljoene mense Trump se kandidatuur vir die Amerikaanse presidentskap ondersteun, &#8220;hou die liberale Hollywood-bedryf nie daarvan nie&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Baie van die base, baie van die uitvoerende hoofde, hulle besit die kanale, hulle besit die media. Hulle skenk miljoene aan Hillary Clinton en president Obama,&#8221; het hy aan <em>Variety<\/em> ges\u00ea. &#8220;Ek is net &#8216;n gewone ou wat my mening lug. Laat dit so wees. Ek sal aanhou om te veg vir d\u00edt waarin ek glo, en ek sal aanhou om werk te soek.<\/p>\n<p>&#8220;My werk en my lewe is op God gegrond,&#8221; meen Sabato. &#8220;My leier, die een waarna ek opkyk, is Jesus Christus. Ek het mense in di\u00e9 bedryf ontmoet wat s\u00ea, &#8216;Ek praat nie met di\u00e9 vent nie, want hy praat van Jesus Christus.&#8217; Dit openbaar die ware persoonlikhede van di\u00e9 mense. Wel, ek wil in elk geval nie saam met hulle werk nie. Maar as ek soos hulle sou optree, sou ek nooit vir enigiemand werk nie. Hulle is almal aan Hillary se kant.&#8221;<\/p>\n<p>Die akteur het bygevoeg dat hy mense ken wat op &#8216;n swartlys geplaas is eenvoudig omdat hulle die Republikeinse kongres bygewoon het.<\/p>\n<p>&#8220;Jy is veronderstel om in diens geneem te word vir jou talent en jou vermo\u00ebns, nie op grond van hoe jy voel oor politiek of godsdiens nie. Maar dis hoe hulle dinge doen,&#8221; het Sabato verduidelik. &#8220;En dis net nie hoe ek is nie. Ek ken baie mense wat in dieselfde bootjie is. Die werklikheid is dat indien jy met die Republikeinse Party verbind word, die rolverdelingsregisseurs en vervaardigers jou reeds op grond daarvan op die swartlys geplaas het.<\/p>\n<p>Sabato het ook sy voorspelling herhaal dat Trump teenoor Clinton in November se algemene verkiesing gaan se\u00ebvier.<\/p>\n<p>&#8220;Ek gaan Hollywood nooit verlaat nie. Kom wat wil, gaan ek sukses probeer behaal,&#8221; het hy aan <em>Variety<\/em> ges\u00ea. &#8220;Ek gaan bloot die waarheid praat &#8211; mense weet nie hoe di\u00e9 bedryf werk nie. Ek voel sterk daaroor dat Donald Trump gaan wen. Ek dink hy gaan in November verkies word.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Liberale Hollywood-base dreig na bewering akteurs wat Donald Trump ondersteun dat hulle nooit weer werk sal kry nie. Di\u00e9 bewerings word gemaak deur die Amerikaanse sepiester en manlike model, Antonio Sabato jr. (foto hier bo). Volgens Sabato is hy aanlyn &#8220;geteiken&#8221; en op &#8216;n swartlys geplaas nadat hy &#8216;n toespraak ter ondersteuning van Trump by &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39948\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Hollywood-base dreig akteurs wat Trump ondersteun&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39949,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[22948,12998,9763,2715,22949,12293,21820],"class_list":["post-39948","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-antonio-sabato-jr","tag-donald-trump","tag-hollywood","tag-immigrasie","tag-republikeinse-kongres","tag-swartlys","tag-toespraak"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39948","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39948"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39948\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39949"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39948"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39948"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39948"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}