{"id":39913,"date":"2016-08-02T22:11:37","date_gmt":"2016-08-02T20:11:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39913"},"modified":"2016-08-02T22:15:11","modified_gmt":"2016-08-02T20:15:11","slug":"motors-makrogesinswaens","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39913","title":{"rendered":"Motors: Makrogesinswaens!"},"content":{"rendered":"<p>Die meeste van ons het op een of ander stadium in ons lewe te doen gekry met \u2018n VW Kombi of bussie. Om een of ander rede het die gewildheid van die gesinsbussie heelwat afgeneem van die vroe\u00eb jare sewentig en tagtig. Sou jy in daardie tyd meer as twee kinders gehad het, was die Kombi sonder enige twyfel jou antwoord.<\/p>\n<p>Vandag sien \u2018n mens baie meer dubbelkajuitbakkies en sportnutsvoertuie soos die Toyota Fortuner of Ford Kuga op ons paaie. Ons het gewonder of die tradisionele minibussie nog enigsins \u2018n plek op ons paaie het en het dan ook drie splinternuwe minibussies vir \u2018n paar dae bestuur.<\/p>\n<p>Daar is \u2018n paar vervaardigers in Suid Afrika wat minibussies vir die gesin bemark en dan is daar enkeles wat meer op die openbarevervoersegment van die mark gerig is. Ons keuse was om die gesinsbussies van nader te bekyk. Die drie kandidate is die VW Kombi, Hyundai H1 en die Mercedes V-Klas.<\/p>\n<p>Alhoewel al drie bussies is, is daar \u2018n reuseverskil tussen hulle. Die Hyundai, wat by verre die oudste onder hulle is, asook die goedkoopste, die VW Kombi wat baie ver verwyderd is van die ou Kombi\u2019s van die sewentigs en tagtigs en dan die V-Klas Mercedes wat seker in minibustaal die S-Klas van alle minibussies is.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39898\" aria-describedby=\"caption-attachment-39898\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-Hi.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-39898 size-full\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-Hi.jpg\" alt=\"Hyundai H1\" width=\"640\" height=\"360\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-Hi.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-Hi-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-Hi-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-Hi-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-Hi-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-Hi-382x215.jpg 382w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39898\" class=\"wp-caption-text\">Hyundai H1<\/figcaption><\/figure>\n<h3>Hyundai H1 2.5 CRDi<\/h3>\n<figure id=\"attachment_39897\" aria-describedby=\"caption-attachment-39897\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-H1-van-die-kant-af.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39897\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-H1-van-die-kant-af-300x169.jpg\" alt=\"Hyundai H1 van die kant af\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-H1-van-die-kant-af-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-H1-van-die-kant-af-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-H1-van-die-kant-af-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-H1-van-die-kant-af-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-H1-van-die-kant-af-382x215.jpg 382w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Hyundai-H1-van-die-kant-af.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39897\" class=\"wp-caption-text\">Hyundai H1 van die kant af<\/figcaption><\/figure>\n<p>Met die eerste oogopslag lyk die H1 baie groter as die ander twee; bestuur jy die H1, voel hy ook soos die grootste van die drie. Met \u2018n lengte van 5,125m is die H1 langer as die Kombi se 4,904m maar korter as die V250 se 5,140m. Wat die hoogte aanbetref, staan die H1 1,925m op sy bande waar die Kombi hom troef met 1,97m en die V250 1,88m hoog is. Breedte is waar die binneruim saak maak en hier is die H1 1,92m breed met die Kombi 1,904m en die V250 1,928m. Wat die wielbasis betref &#8211; dit is nou die afstand tussen die voor en agterwiele &#8211; is die H1 en die V250 beide 3,2m terwyl die Kombi 200mm korter is met \u2018n asafstand van 3m. So in enige mens se taal is al drie die bussies lank, hoog en breed genoeg.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39910\" aria-describedby=\"caption-attachment-39910\" style=\"width: 169px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Voorste-sitplekke-in-H1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39910\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Voorste-sitplekke-in-H1-169x300.jpg\" alt=\"Die voorste sitplekke in die H1\" width=\"169\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Voorste-sitplekke-in-H1-169x300.jpg 169w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Voorste-sitplekke-in-H1-83x148.jpg 83w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Voorste-sitplekke-in-H1-17x31.jpg 17w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Voorste-sitplekke-in-H1-21x38.jpg 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Voorste-sitplekke-in-H1-121x215.jpg 121w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Voorste-sitplekke-in-H1.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 169px) 100vw, 169px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39910\" class=\"wp-caption-text\">Die voorste sitplekke in die H1<\/figcaption><\/figure>\n<p>Agter die stuur van die H1 voel jy die groot bakwerk van die voertuig; jy is bewus daarvan dat hierdie \u2018n groot motor is. Die feit dat daar slegs parkeersensors agter is, met geen kamera nie, help, maar ons voel dat \u2018n truratkamera eintlik standaard in al drie hierdie voertuie behoort te wees, gegewe hul grootte. Die Kombi en die V250 het wel \u2018n trukamera as opsionele ekstra beskikbaar, maar die H1 is maar mik en druk en hoop jy kan die parkeersensor se biepgeluid vertrou.<\/p>\n<h4>Binneruim<\/h4>\n<figure id=\"attachment_39895\" aria-describedby=\"caption-attachment-39895\" style=\"width: 169px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Binneruim-van-die-H1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39895\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Binneruim-van-die-H1-169x300.jpg\" alt=\"Binneruim van die H1\" width=\"169\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Binneruim-van-die-H1-169x300.jpg 169w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Binneruim-van-die-H1-83x148.jpg 83w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Binneruim-van-die-H1-17x31.jpg 17w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Binneruim-van-die-H1-21x38.jpg 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Binneruim-van-die-H1-121x215.jpg 121w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Binneruim-van-die-H1.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 169px) 100vw, 169px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39895\" class=\"wp-caption-text\">Binneruim van die H1<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die H1 het groot deure wat wyd oopmaak; dit maak die spasie om in en uit te klim voor en agter baie makliker, maar die hoogte van die trap na die binneruim is effens ho\u00ebr as in die ander twee voertuie. Daar is \u2018n skelm trappie by die voorste deur van die H1 wat te hoog is as jy wil inklim en weer te laag is as jy wil uitklim.<\/p>\n<p>Die skuifdeur van die H1 is groot en skuif lekker wyd oop, maar dit gaan maar sukkel wanneer jy \u2018n pakkie of dalk \u2018n baba of \u2018n swaar item moet vashou \u00e9n die deur moet oopskuif. Dan moet jy ook die deur heeltemal terugskuif sodat hy haak, anders kom die swaar deur self terug of is die ingang nie groot genoeg om in te klim nie. Die agterste trap na binne is ook effens te hoog, veral vir kleiner kinders.<\/p>\n<p>As jy eers binne in die H1 is, begroet sagte leer oor die sitplekke jou. Die H1 het 9 sitplekke: daar is \u2018n enkelbestuurdersitplek met \u2018n dubbelbank voor, die middelste rugleuning vou plat sodat daar twee drankiehouers en \u2018n plekkie vir \u2018n bakkie met toebroodjies is. Die tweede ry sitplekke is \u2018n vol bank met plek vir drie volwassenes. Die bank kan op glyspore vorentoe en agtertoe skuif. Die rugleuning vou ook plat sodat toegang tot die derde ry verkry kan word. Al die sitplekverstellings is maklik en kan met slegs een hand gedoen word. Die derde ry sitplekke is weereens groot genoeg om drie volwasse persone te kan akkommodeer. Agter die derde ry sitplekke is daar \u2018n reuse 842 liter se pakplek. Die derde ry se banksitplek kan vorentoe geskuif word om die bagasieruim nog groter te maak. Die probleem is net dat dit \u2018n dag se werk is om die bank en middelste ry sitplekke heeltemal uit te haal, sou jy fietse of iets groters wou vervoer. Die agterste deur is reusagtig maar maak relatief maklik oop al het jy net een hand beskikbaar wanneer jy met inkopies of \u2018n kind in jou arms staan.<\/p>\n<p>Die instrumente-uitleg is besonders goed en met alle noodsaaklike verstellings gerieflik op die hand van die bestuurder. Die materiaal wat op die instrumentepaneel gebruik is, is \u2018n plastiek van goeie gehalte, met leer om die stuurwiel en leerinsetsels in die deure. Die binneruim voel funksioneel eerder as luuks. Standaardtoerusting sluit outomatiese lugversorger, elektriese ruite voor, elektriese wegvoubare kantspie\u00ebltjies, outomatiese verdofmiddelspie\u00ebltjie, satellietkontrole op die stuurwiel vir die radio en togbeheer, asook Bluetoothkoppeling vir jou telefoon. Die klankstelsel is goed genoeg met luidsprekers voor en agter asook outomatiese klimaatbeheer voor en agter.<\/p>\n<h4>Veiligheid<\/h4>\n<p>Wat die veiligheidsaspekte van die H1 betref, is die voertuig toegerus met ABS-remme met elektroniese remverspreiding, asook vier lugsakke wat voor die bestuurder en aan die sykante van die voorste insittendes gele\u00eb is. Daar is insgelyks voorste en agterste misligte. Glybeheer is ook standaard.<\/p>\n<h4>Op die pad<\/h4>\n<p>Die H1 is maklik om te bestuur met \u2018n gemaklike bestuursposisie wat maklik verstelbaar is. Die bestuurdersitplek is vir hoogte en reikafstand verstelbaar, asook die stuurwiel. Die 5-spoed- outomatiese ratkas het seepgladde skakelings en die 2,5-liter- 4-silinderdieselenjin lewer 125 Kw en 441 Nm wat meer as genoeg krag is selfs met \u2018n vol vrag insittendes. Die een punt wat so effe gepla het, is die onmiddellike krag wat die enjin vertoon wanneer daar van stilstand vinnig weggetrek word. Dit is asof die glybeheer te sensitief is en die krag onmiddellik inboet. Sou jy haastig wees in die H1 moet die petrolpedaal liggies hanteer word, anders gaan die glybeheer by elke verkeerslig die enjinkrag inperk en daardie een en \u2018n halwe sekonde se traagheid kan nogal baie steurend raak. Die ratkas is ook effens stadig om terug te skakel wanneer jy veral teen \u2018n lang opdraande wil verbygaan. Daar is meer as genoeg krag, maar dit is asof die outomatiese ratkas glad nie wil h\u00ea die bestuurder moet met \u2018n bietjie meer geesdrif bestuur nie. Wanneer die H1 eers aan die gang is, is dit moeitevry en gemaklik.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39912\" aria-describedby=\"caption-attachment-39912\" style=\"width: 626px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/VW-Kombi-van-kant-af.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-39912\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/VW-Kombi-van-kant-af.jpg\" alt=\"Die VW Kombi van die kant af\" width=\"626\" height=\"418\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/VW-Kombi-van-kant-af.jpg 626w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/VW-Kombi-van-kant-af-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/VW-Kombi-van-kant-af-148x99.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/VW-Kombi-van-kant-af-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/VW-Kombi-van-kant-af-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/VW-Kombi-van-kant-af-322x215.jpg 322w\" sizes=\"auto, (max-width: 626px) 100vw, 626px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39912\" class=\"wp-caption-text\">Die VW Kombi van die kant af<\/figcaption><\/figure>\n<h3>VW Kombi 2.0 TDi SWB Comfortline DSG<\/h3>\n<p>Die nuwe VW Kombi is w\u00earelde verwyder van die Kombi waarmee die meeste van ons grootgeword het. Vergeleke met die H1, is die Kombi tegnologies baie meer gevorderd. Nuwe hoofligte en \u2018n sierrooster bring die Kombi nou in pas met die res van Volkswagen se modelle. Die baklyne lyk vars en modern en langs die H1 lyk die Kombi sommer 10 jaar jonger. Skerp ontwerpte lyne verbloem die eintlik vierkantige vorm van die Kombi mooi.<\/p>\n<h4>Binneruim<\/h4>\n<figure id=\"attachment_39901\" aria-describedby=\"caption-attachment-39901\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-binneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39901\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-binneruim-300x287.jpg\" alt=\"Die Kombi se binneruim\" width=\"300\" height=\"287\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-binneruim-300x287.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-binneruim-148x141.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-binneruim-31x31.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-binneruim-38x36.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-binneruim-225x215.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-binneruim.jpg 628w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39901\" class=\"wp-caption-text\">Die Kombi se binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Kombi het groot deure wat wyd oopmaak net soos di\u00e9 van die H1; die verskil is egter dat dit heelwat makliker is om in en uit die motor te klim. Die binneruim is tipies Volkswagen met skoon lyne wat modern en vars vertoon. Die sitplekke is met duursame veloerdoekstof oorgetrek en die instrumentepaneel voel minimalisties met net die nodigste kontroles.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39902\" aria-describedby=\"caption-attachment-39902\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-instrumentepaneel.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39902\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-instrumentepaneel-300x168.jpg\" alt=\"Die Kombi se instrumentepaneel\" width=\"300\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-instrumentepaneel-300x168.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-instrumentepaneel-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-instrumentepaneel-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-instrumentepaneel-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-instrumentepaneel-383x215.jpg 383w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/Kombi-instrumentepaneel.jpg 620w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39902\" class=\"wp-caption-text\">Die Kombi se instrumentepaneel<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar is hope b\u00eareplekkies vir groot waterbottels tot handsakke in die deure asook die instrumentepaneel. Gryphandvatsels beide aan die bestuurderskant en aan die passasierskant, sowel as agter by die deure maak dinge heelwat makliker om in en uit te klim. Die Kombi se binneruim is \u2018n tweekleurkombinasie waar die sitplekke en tapyte \u2018n ligter skakering grys teenoor die donkerder instrumentepaneel en bokant van die deurpanele vertoon. Voor is daar, anders as in die H1, twee enkelsitplekke vir die bestuurder en voorste passasier. Die middelste ry sitplekke is drie aparte volgrootte sitplekke wat individueel verstel en geskuif kan word. Die derde ry sitplekke is dieselfde as in die H1: \u2018n bank met plek vir drie passasiers. Die middelste ry vou maklik uit die pad sodat daar by die derde ry in- of uitgeklim kan word. Die Kombi se middelste ry sitplekke se kantruite skuif oop net soos in die H1 en agter is die kantruite soliede ruite wat nie kan oopmaak nie.<\/p>\n<h4>Veiligheid<\/h4>\n<figure id=\"attachment_39905\" aria-describedby=\"caption-attachment-39905\" style=\"width: 169px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/pakplek.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39905\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/pakplek-169x300.jpg\" alt=\"Pakplek in die Kombi\" width=\"169\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/pakplek-169x300.jpg 169w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/pakplek-83x148.jpg 83w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/pakplek-17x31.jpg 17w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/pakplek-21x38.jpg 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/pakplek-121x215.jpg 121w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/pakplek.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 169px) 100vw, 169px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39905\" class=\"wp-caption-text\">Pakplek in die Kombi<\/figcaption><\/figure>\n<p>Volkswagen se produkte spog almal met uitstekende standaardveiligheidskenmerke soos ABS-remme met elektroniese remverspreiding wat sorg dat elke wiel optimaal gerem word. Daar is ook glybeheer en \u2018n elektroniese ewenaarslot, misligte voor en agter en ISOFix hegpunte vir \u2018n kinderstoeltjies op al die sitplekke. Elektronies wegvoubare kant spie\u00ebltjies wat ook verhit is om opwaseming te voorkom asook dagryligte is standaard toerusting. Daar is ook \u2018n stelsel wat oogbewegings dophou en jou waarsku wanneer dit tyd is op so bietjie stil te hou op die langpad. Die Kombi het die opsie om \u2018n trukamera te pas wat die H1 nie het nie, so vir \u2018n ekstra R3 500 kan die kamera bygevoeg word.<\/p>\n<h4>Op die pad<\/h4>\n<p>Die Kombi word aangedryf deur \u2018n 2.0-literdieseleenheid met \u2018n turbo-aanjaer. Die enjin ontwikkel 103 Kw en 340 NM se wringkrag. Anders as in die H1 voel die krag hier net reg. Verbysteek is byna instinktief en onmiddellik met die 7-spoed- DSG-outomatieseratkas wat seepglad deur die ratte gly. Die Kombi voel stewig en veilig op die pad en die rygerief is behalwe vir die ho\u00eb sitposisie byna identies aan di\u00e9 van \u2018n gesinsmotor. Die hantering is maklik en jy besef eers wanneer jy in die truspie\u00ebl loer dat hierdie \u2018n bus is waarmee jy ry. Rondomsig is ook uitstekend met groot glasoppervlaktes reg rondom die kajuit.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39909\" aria-describedby=\"caption-attachment-39909\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanvoor.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-39909\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanvoor.jpg\" alt=\"Mercedes V-klas van voor\" width=\"640\" height=\"360\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanvoor.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanvoor-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanvoor-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanvoor-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanvoor-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanvoor-382x215.jpg 382w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39909\" class=\"wp-caption-text\">Mercedes V-250 van voor<\/figcaption><\/figure>\n<h3>Mercedes Benz V250 Bluetec<\/h3>\n<figure id=\"attachment_39908\" aria-describedby=\"caption-attachment-39908\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanagter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39908\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanagter-300x169.jpg\" alt=\"Die Mercedes V-250 van agter\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanagter-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanagter-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanagter-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanagter-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanagter-382x215.jpg 382w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/vanagter.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39908\" class=\"wp-caption-text\">Die Mercedes V-250 van agter<\/figcaption><\/figure>\n<p>Mercedes het byna net so lank soos Volkswagen \u2018n geskiedenis van gesinsbussies. Ons het die Vito leer ken as die brood-en-botterbus van Mercedes. Wel met die nuwe V-Klas is dit dieselfde: daar is die Vito en die V-klas. Van buite is hul byna identies behalwe vir \u2018n paar kosmetiese veranderinge soos die wiele en plastiekbylae aan die sykante en dan die sierroosters en natuurlik die benaming agter op die deur. Die V-Klas kry \u2018n klein, amper subtiele benaming agterop waar die Vito se naam groot oor byna die hele breedte van die deur agter geskryf staan. Die nuwe V-Klas vertoon stylvol en elegant van voor en agter met goed ontwerpte lyne wat die voertuig \u2018n daadwerklike teenwoordigheid op die pad gee. Van die kant gesien, kan die V250 effens lomp en lank lyk, maar plaaslik is daar net een baklengte anders as in die Volkswagen se geval waar die Kombi in \u2018n kort- sowel as \u2018n langasafstand beskikbaar is.<\/p>\n<h4>Binneruim<\/h4>\n<figure id=\"attachment_39899\" aria-describedby=\"caption-attachment-39899\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/instrumente.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39899\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/instrumente-300x169.jpg\" alt=\"Instrumente van die Mercedes V-250\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/instrumente-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/instrumente-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/instrumente-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/instrumente-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/instrumente-382x215.jpg 382w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/instrumente.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39899\" class=\"wp-caption-text\">Instrumente van die Mercedes V-250<\/figcaption><\/figure>\n<p>Wanneer jy die deure oopmaak, begroet swart leer jou. Die sitplekke is tipies Mercedes oorgetrek met sagte leer, leer in die deurpanele en sagte veloerdoekstof ontmoet die oog teen die binnevoering van die dak. Die gebruik van materiaal regdeur die kajuit is van hoogstaande gehalte en dit lyk en voel luuks. Die instrumentepaneel kon netso wel in \u2018n E-klas of S-Klas gewees het want die gevoel van kwaliteit en doelgerigtheid is tasbaar te bespeur. Dieselfde Command-stelsel wat in elke ander Mercedes-model diens doen, is ook hier te kry, met die rekenaar se muisagtige handrus en ronde draaiknop wat mooi in jou hand pas wanneer jy aan die \u201cmuis\u201d vat. Die 8-duimskerm wat in die instrumentpaneel gemonteer is, is net soos in al die nuutste Mercedes-modelle nie wegvoubaar nie. Dit is iets wat ek persoonlik nie van hou nie, dit lyk so asof hulle die skerm n\u00e1 die tyd daar gemonteer het. Na my mening doen dit \u2018n bietjie afbreuk aan \u2018n andersins byna volmaakte instrumentpaneel. Maar dit is persoonlike smaak en ek is seker daar is baie stoere Mercedes-aanhangers wat baie daarvan hou.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39900\" aria-describedby=\"caption-attachment-39900\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/kajuit.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39900\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/kajuit-300x169.jpg\" alt=\"Die kajuit van die Mercedes V-250\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/kajuit-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/kajuit-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/kajuit-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/kajuit-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/kajuit-382x215.jpg 382w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/kajuit.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39900\" class=\"wp-caption-text\">Die kajuit van die Mercedes V-250<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die V-klas kan in drie sitplekkonfigurasies bestel word. Ons toetsmotor was toegerus met die sewesitplekuitleg waar daar twee sitplekke voor is met twee in die middelry en drie in die agterste ry. Wat interessant is, is die manier hoe die sitplekke in die kajuit staan. Die middelste ry sitplekke kyk agtertoe sodat daar \u2018n tipe van \u2018n sitkamergevoel agter in die V250 is. Daar is \u2018n baie slim wegvoubare tafel wat \u2018n baie handige item is wanneer daar kinders agter in ry en met hul rekenaars wil speel of selfs net om eetgoed te kan akkommodeer. Die probleem met die uitleg is egter dat die bestuurder se rugleuning teen die rugleuning van die passasier agter hom druk, met ander woorde vir kort bestuurders is dit glad nie \u2018n probleem nie, maar langer bestuurders kan nie hul sitplek heeltemal agtertoe verstel nie. Sou daar \u2018n kind agter sit, is dit glad nie \u2018n probleem nie want dan kan die passasier sy sitplek net effens vorentoe skuif om plek te maak vir die bestuurder, maar sou daar volwassenes agter teenoor mekaar sit, is die beenruimte van die twee passasiers te klein om die sitplek vorentoe te skuif. Die sitplekke kan ook individueel verwyder word of selfs met die \u201cregte kant\u201d om ingesit word, wat die kajuit meer konvensioneel maak. Die sitplek in die agterste ry kan drie volwassenes huisves, maar is ook \u2018n banktipe sitplek wat vorentoe en agtertoe geskuif kan word.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39894\" aria-describedby=\"caption-attachment-39894\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/agterruit.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39894\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/agterruit-300x169.jpg\" alt=\"Agterruit van die Mercedes V-250\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/agterruit-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/agterruit-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/agterruit-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/agterruit-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/agterruit-382x215.jpg 382w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/agterruit.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39894\" class=\"wp-caption-text\">Agterruit van die Mercedes V-250<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die V250 beskik oor elektriese kantruite vir die middelste sowel as die heel agterste passasiers. Daar is elektroniese klimaatbeheer voor en agter in die voertuig en in di\u00e9 klas verwag \u2018n mens elektriese kantskuifdeure wat baie handig te pas kom sou jy met iets in jou hande by die motor aankom. Die skuifdeure kan ook vanaf die afstandbeheerde sleutel beheer word. Laairuimte in die V250 is ook baie goed en daar is 542 liter se laairuim met al die sitplekke in posisie. Die V250 is ook toegerus met \u2018n agterste ruit wat individueel van die deurkant oopmaak sodat jy net vinnig iets kleins kan inlaai sonder om die hele deur oop te maak. Nog \u2018n baie handige funksie is die agterste bagasierak wat kan oopmaak om twee baie opvoubare kruideniersmandjies te huisves. Die rak is ook baie solied en daar kan werklik swaar items bo-op die rak geplaas word met kleiner items binne-in die rak en jou werklike bagasie is nog steeds uit die oog uit.<\/p>\n<h4>Veiligheid<\/h4>\n<p>Soos ons Mercedes-produkte leer ken het, skort daar geen veiligheidstoerusting nie. Die V250 is toegerus met ABS-remme met remdrukverspreiding, glybeheer en stabiliteitsbeheer, navigasiestelsel asook ISOFix-hegpunte vir kinderstoeltjies, misligte voor en agter sowel as parkeersensors voor en agter. Weereens geen trukamera nie, maar in die Avantgarde-spesifikasie is dit standaard. Daar is dagryligte asook re\u00ebn- en hoofligsensors wat die re\u00ebnve\u00ebrs en ligte self aanskakel wanneer dit re\u00ebn of te donker word. Daar is \u2018n sensor wat jou waarsku om stil te hou wanneer die stelsel gewaar dat jy te lank aaneen bestuur asook \u2018n baanwisselstelsel wat die lyne op die pad monitor en jou binne die bane hou, sou jy dalk oor \u2018n baan begin sweef op \u2018n lang pad.<\/p>\n<h4>Op die pad<\/h4>\n<p>Die V250d is toegerus met \u2018n 2.0-literdieselenjin wat 140 Kw en 440Nm se wringkrag ontwikkel. Die krag word deur \u2018n 7-spoedoutomatieseratkas na die agterwiele deurgegee. Daar is verskeie verstelling om die ratkas optimaal te laat reageer soos die \u201cC\u201d-modus wat Comfort is en alles sag en glad laat gebeur, die \u201cE\u201d-modus wat dinge meer ekonomies laat gebeur deur optimaal van ratte te verander, die \u201cS\u201d-modus wat vir Sport staan en die toere eers goed opjaag en dan vinniger die ratte verander en die \u201cM\u201d-modus of Manual waar die motor die ratskakelings aan die bestuurder oorlaat met die hulp van trekpedale agter die stuurkolom. Daar is ook \u2018n oor-wringkragfunksie beskikbaar in die \u201cM\u201d-, \u201cS\u201d- en \u201cC\u201d-modusse wat \u2018n ekstra 10 Kw se krag en 40NM se wringkrag vir kort rukkies kan byvoeg. Ratskakeling is seepglad in enige van die modusse en om enige voertuig teen enige spoed verby te gaan, is letterlik kinderspeletjies. Rygerief voor is uitstekend met baie min pad- en windgeraas; agterlangs is die rit effens hard veral in die derde ry sitplekke en ek dink sou daar bietjie meer gewig op die agteras wees, sou dit dalk beter wees.<\/p>\n<h3>Gevolgtrekking<\/h3>\n<p>Al drie hierdie bussies is uitsluitlik gerig op die gesinsman of -vrou, maar al drie kan ook dien as \u2018n karweier van groot goedere. Dit gaan net moeite wees om die sitplekke te verwyder. \u2018n Motor soos die Kia Grand Sedona waar die sitplekke met die trek van \u2018n handvatsel in die vloer wegvou sou baie welkom en baie meer prakties gewees het in al drie hierdie voertuie. Die Hyundai H1 het \u2018n 5-jaar- 160 000 km-waarborg gekoppel aan \u2018n 5-jaar- 90 000 km-diensplan. Die VW Kombi het \u2018n 3-jaar- 120 000km-waarborg en \u2018n 5-jaar- 60 000km-onderhoudsplan en die Mercedes V250d kom standaard met \u2018n 2-jaar- onbeperktekilometerwaarborg en \u2018n 6-jaar- 100 000km-onderhoudsplan.<\/p>\n<p>Kyk \u2018n mens na die pryse, is al drie hierdie bussies nie meer vir die gewone gesinsman beskore nie. Die Hyundai H1 2.5 CRDi verkoop teen R614 900, die VW Kombi 2.0 TDi Comfortline DSG verkoop teen R618 700 en die Mercedes V250d Bluetec kan joune wees teen &#8216;n prys wat jou o\u00eb laat traan, naamlik R886 000. Al drie hierdie voertuie is baie prakties, luuks en gemaklik, maar teen sulke pryse verstaan ek waarom mense eerder na Fortuners en Kugas kyk.<\/p>\n<h4 lang=\"af-ZA\">Hyundai H1 2.5 CRDi Outo<\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Prys<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">2 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Voorkoms Buite <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">3 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Binneruim<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">gehalte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">a<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">fwerking<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">3 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Ruimte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">p<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">raktiese toepassing<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5 <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Enjin en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">r<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">atkas<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Op die pad<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Veiligheid<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Totaal <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">29 uit 40<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><\/td>\n<td width=\"70\"><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h4 lang=\"af-ZA\">Volkswagen Kombi 2.0 TDi Comfortline SWB DSG<\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Prys<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">2 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Voorkoms <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">b<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">uite <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Binneruim<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">gehalte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">a<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">fwerking<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Ruimte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">p<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">raktiese toepassing<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5 <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Enjin en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">r<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">atkas<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Op die pad<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Veiligheid<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Totaal <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">36 uit 40<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><\/td>\n<td width=\"70\"><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h4 lang=\"af-ZA\">Mercedes Benz V250d Bluetec Outo<\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Prys<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">2 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Voorkoms <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">b<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">uite <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Binneruim<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">gehalte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">a<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">fwerking<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Ruimte<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"> en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">p<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">raktiese toepassing<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">4 uit 5 <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">4 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Enjin en <\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">r<\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">atkas<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Op die pad<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Veiligheid<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">5 uit 5<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Totaal <\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<td width=\"70\">\n<p lang=\"af-ZA\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">34 uit 40<\/span><\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><\/td>\n<td width=\"70\"><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die meeste van ons het op een of ander stadium in ons lewe te doen gekry met \u2018n VW Kombi of bussie. Om een of ander rede het die gewildheid van die gesinsbussie heelwat afgeneem van die vroe\u00eb jare sewentig en tagtig. Sou jy in daardie tyd meer as twee kinders gehad het, was die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":39903,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[22942,22941,22940,22938,22939],"class_list":["post-39913","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-gesinswaens","tag-hyundai-h1","tag-mercedes-v-250","tag-minubussies","tag-volkswagen-kombi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39913","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39913"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39913\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39903"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39913"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39913"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39913"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}