{"id":3988,"date":"2009-01-20T03:31:07","date_gmt":"2009-01-20T03:31:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3988"},"modified":"2009-01-20T03:31:07","modified_gmt":"2009-01-20T03:31:07","slug":"anc-leiers-voltooi-vergadering-oor-zuma","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3988","title":{"rendered":"ANC-leiers voltooi vergadering oor Zuma"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/niehaus_carl_mafani_bladenzimande.jpg\" width=\"240\" height=\"160\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Carl Niehaus (ANK), Blade Nzimande (SAKP) en Mafani Niehaus<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die ANK se nasionale werkskomitee (NWK) het Maandag teen 19:15 &#39;n vergadering afgesluit oor Jacob Zuma se korrupsiesaak. <\/p>\n<p>ANK-woordvoerder Carl Niehaus het aan SAPA ges&ecirc; &#39;n verklaring oor die saak sal Dinsdag uitgereik word. <\/p>\n<p align=\"justify\">Vroe&euml;r het hy ges&ecirc; die party se topbestuur sal die ANK-president se regopsies bespreek nadat die app&egrave;lhof uitspraak gelewer het in die guns van die nasionale direkteur van openbare vervolgings. <\/p>\n<p>&quot;Ons is eintlik baie oop om te s&ecirc; dat die saak wel op die agenda is,&quot; het Niehaus ges&ecirc;. <\/p>\n<p>Hy het ges&ecirc; die ANK soek na &#39;n &quot;regsoplossing&quot; vir die klagte wat teen Zuma hangende is.<\/p>\n<p>Die App&egrave;lhof het verlede week die uitspraak van die Pietermaritzburgse hof omgekeer en so weer die weg gebaan dat Zuma aangekla kan word op klagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en afpersing. <\/p>\n<p align=\"justify\">Die klagte teen Zuma skep &#39;n moeilike situasie vir die ANK, wat aangedring het dat hy di&eacute; party se presidentskandidaat bly vir die komende verkiesing vanjaar. <\/p>\n<p align=\"justify\">Zuma, wie se regslui met die nasionale vervolgingsgesag ontmoet het sedert die app&egrave;lhof se uitslag, het verskeie opsies wat tans vir hom oop is, insluitend &#39;n app&egrave;lversoek aan die konstitusionele hof en ook &#39;n aansoek dat alle klagte teen hom permanent laat vaar word.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Zuma se regsprobleme is nie al wat op die NWK-vergadering se sakelys was nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Niehaus het ges&ecirc; dat die komitee ook die naweekkoerante se berigte van spanning tussen president Kgalema Motlanthe en sommige ANK-leiers bespreek het. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Sunday Times het ges&ecirc; dat sommige ANK-leiers ongelukkig was met verskeie besluite wat Motlanthe gemaak het sedert hy Mbeki opgevolg het. Mbeki is uitgewerk n&aacute; die hof in Pietermaritzburg ge&iuml;mpliseer het dat hy betrokke was by &#39;n komplot teen Zuma. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die City Press het berig dat die SAKP se sekretarisgeneraal Blade Nzimande die posisie van adjunkpresident van SA in die oog het n&aacute; die komende verkiesings. Tot nou toe het baie mense geglo dat Motlanthe vir die pos geoormerk was. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die City Press beweer dat verskeie bronne bevestig het dat daar &#39;n groep binne die ANK is wat daarteen gekant is dat Motlathe Zuma se adjunkpresident word. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&quot;Dit is alles net gerugte, maar ons wil dit volledig afhandel, en dit be&euml;indig. Ons glo dat ons vanuit die gesaghebbendheid van die NWK moet praat,&quot; het Niehaus ges&ecirc;. <\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/leagues-of-fortune\/\">leagues of fortune<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeTv9mi0NPY\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Carl Niehaus (ANK), Blade Nzimande (SAKP) en Mafani Niehaus Die ANK se nasionale werkskomitee (NWK) het Maandag teen 19:15 &#39;n vergadering afgesluit oor Jacob Zuma se korrupsiesaak. ANK-woordvoerder Carl Niehaus het aan SAPA ges&ecirc; &#39;n verklaring oor die saak sal Dinsdag uitgereik word. Vroe&euml;r het hy ges&ecirc; die party se topbestuur sal die ANK-president se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[3846,3377,3394,21089,165,21108],"class_list":["post-3988","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-anc-leiers-voltooi-vergadering-oor-zuma","tag-beeld","tag-die-burger","tag-nuus","tag-praag","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3988","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3988"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3988\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3988"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3988"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3988"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}