{"id":39802,"date":"2016-07-29T09:24:01","date_gmt":"2016-07-29T07:24:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39802"},"modified":"2016-07-29T09:27:53","modified_gmt":"2016-07-29T07:27:53","slug":"obama-en-hillary-koer-vir-mekaar-en-ignoreer-islam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39802","title":{"rendered":"Obama en Hillary koer vir mekaar en ignoreer Islam"},"content":{"rendered":"<p>Pres. Barack Obama en Hillary Clinton, wat nooit veel van mekaar gehou het nie, het soos twee duifies vir mekaar gekoer by die Demokrate se benoemingsbyeenkoms.<\/p>\n<p>Die soetsappige innigheid was so aangeplak, dat &#8216;n mens daaran kon verstik. Die kandidate het deur die hele byeenkoms nie een keer na radikale Islam verwys nie, die hoofitem van alle nuusberigte die afgelope twee weke.<\/p>\n<p>Bywoning van die geleentheid was besonder swak, behalwe vir swart vroue. Terwyl Clinton die gehoor toegespreek het, was die meeste sitplekke leeg.<\/p>\n<p>In wat waarskynlik sy laaste toespraak voor &#8216;n groot gehoor as president was, het Obama Hillary Clinton se lofprysinge besing. <\/p>\n<p>Hy het onder meer probeer om Clinton op te hemel deur Donald Trump af te kraak en as die &#8220;plaaslike demagoog&#8221; te beskryf. Klaarblyklik kon hy nie veel oor Clinton self s\u00ea nie.<\/p>\n<p>Obama het net ges\u00ea Hillary is by verre die &#8220;bekwaamste presidentskandidaat&#8221;, selfs meer as hy of rokjagter oudpres. Bill Clinton was. <\/p>\n<p>Hy was Woensdagaand op die verhoog op die derde dag van die Demokrate se nasionale konvensie. <\/p>\n<p>Slegs visepres. Joe Biden het &#8216;n emosionele betoog ten gunste van Clinton gelewer. <\/p>\n<p>Intussen s\u00ea straatverkopers daar is min belangstelling in hulle knopiespelde en t-hemde van Hillary. Die Washington Post <a href=\"https:\/\/www.washingtonpost.com\/video\/politics\/these-vendors-at-the-democratic-convention-dont-see-much-enthusiasm-for-clinton\/2016\/07\/28\/feacaa96-54db-11e6-b652-315ae5d4d4dd_video.html\">berig <\/a> dat kopers liewer aandenkings van Bernie Sanders wou koop, maar nie van Hillary nie.<\/p>\n<p>Die genomineerde visepresidentskandidaat, senator Tim Kaine van Virginia, is ook by die geleentheid voorgestel. <\/p>\n<p>Almal het Trump aangeval wat Rusland aangemoedig het om Hillary Clinton se verlore 30 000 eposse te help soek.<\/p>\n<p>&#8220;Gaan soek vir ons daardie 30 000 e-posse van Clinton,&#8221; het Trump ges\u00ea. Hillary en haar span gooi wal oor haar gebruik van &#8216;n privaatbediener waarmee sy klaarblyklik geklassifiseerde inligting rondgestuur het.<\/p>\n<p>Die Demokrate beweer Rusland het haar bediener gekraak, maar die eposse is deur die Clintons self verwyder.<\/p>\n<p>Trump het ges\u00ea pres. Wladimir Poetin van Rusland sal nie Amerikaners soos Hillary respekteer nie.<\/p>\n<p>In &#8216;n desperate verklaring het Clinton se beeldpoetsers ges\u00ea &#8216;n &#8220;presidentskandidaat moedig &#8216;n ander land aan om op &#8216;n Amerikaanse teenstander te spioeneer&#8221; <\/p>\n<p>Mike Pence, Trump se visepresidentkandidaat het ges\u00ea indien Rusland met die Amerikaanse verkiesing begin inmeng, daar sal ernstige gevolge wees.<\/p>\n<p>\u201cSou dit gebeur, sal albei partye in Amerika seker maak die gevolge is ernstig,&#8221; het Pence in &#8216;n verklaring ges\u00ea. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Barack Obama en Hillary Clinton, wat nooit veel van mekaar gehou het nie, het soos twee duifies vir mekaar gekoer by die Demokrate se benoemingsbyeenkoms. Die soetsappige innigheid was so aangeplak, dat &#8216;n mens daaran kon verstik. Die kandidate het deur die hele byeenkoms nie een keer na radikale Islam verwys nie, die hoofitem &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39802\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Obama en Hillary koer vir mekaar en ignoreer Islam&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39803,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8561,22916,21828,5358,2686,22915],"class_list":["post-39802","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-clinton","tag-dnc-demokrate","tag-hillary","tag-moslems","tag-obama","tag-radikale-islam"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39802","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39802"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39802\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39803"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39802"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39802"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39802"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}