{"id":39791,"date":"2016-07-28T09:10:21","date_gmt":"2016-07-28T07:10:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39791"},"modified":"2016-07-28T09:10:21","modified_gmt":"2016-07-28T07:10:21","slug":"franse-media-kondig-byna-totale-sensuur-aan-teen-isis-dekking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39791","title":{"rendered":"Franse media kondig byna totale sensuur aan teen ISIS-dekking"},"content":{"rendered":"<p>Verskeie Franse nuusorganisasies het ges\u00ea hulle sal nie meer foto&#8217;s plaas van mense wat verantwoordelik is vir terreur nie, om te verhoed dat diesulkes &#8220;postuum verheerlik&#8221; word.<\/p>\n<p>In &#8216;n stap wat kennelik die Moslembevolking sal beskerm teen &#8216;n stygende woede deur wit Franse, is allerlei ander mooiklinkende frases afgestof om die sensuur te regverdig.<\/p>\n<p><em>Le Monde <\/em>het in &#8216;n hoofartikel na die jongste aanval, die moord op &#8216;n bejaarde priester in &#8216;n kerk naby Rouen deur twee ISIS-terroriste, verklaar dat hulle sensuur sal toepas.<\/p>\n<p>Onder die opskrif &#8220;Verset teen die strategie van haat&#8221;, het <em>Le Monde<\/em> aangevoer dat al die elemente van die samelewing betrokke moet wees in die stryd teen terrorisme, en dat media-organisasies &#8216;n &#8220;spesiale rol&#8221; het om te speel.<\/p>\n<p>&#8220;Die webwerwe en koerante wat hierdie inligting produseer kan hulself nie verskoon van selfondersoek op verskeie fronte nie. Sedert ISIS-terrorisme die eerste keer sy verskyning gemaak het, het <em>Le Monde<\/em> sy praktyke &#8216;n paar keer verander,&#8221; het die koerant ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle het reeds nie meer propagandadokumente van Moslemterreur gepubliseer nie. <\/p>\n<p>N\u00e1 die aanval in Nice op 14 Julie, toe &#8216;n vragmotor ingery het in die skare op die openbare vakansiedag Bastilledag, het <em>Le Monde<\/em> ges\u00ea hulle sal &#8220;nie meer foto&#8217;s van die vermeende moordenaars publiseer nie, om die potensi\u00eble uitwerking van postume verheerliking te vermy&#8221;.<\/p>\n<p>Gewelddadige aanvalle in Frankryk en nou Duitsland het vreesvlakke en die gevare van &#8216;n anti-migrante teenreaksie verhoog. Europa, wat eers een van die veiligste dele van die w\u00eareld was, is dit nie meer nie.<\/p>\n<p>Die koerant het ges\u00ea hulle sal &#8220;voortdurend debatteer&#8221; oor ander praktyke met betrekking tot die dekking van terrorisme.<\/p>\n<p>Dit is egter nie duidelik waaroor die debat sal handel as hulle dit reeds sensureer nie.<\/p>\n<p>Die TV-stasie BFM-TV en die Katolieke koerant<em> La Croix<\/em> ges\u00ea hulle sal dieselfde plan van aksie volg. <\/p>\n<p>Die <em>Europe1<\/em> radiostasie het ges\u00ea hulle sal nie foto&#8217;s van oortreders van terroristemoorde op hul webwerf reproduseer nie en ook nie hul name uitsaai nie. <\/p>\n<p>Die <em>France24<\/em> televisiekanaal sal na verwagting dieselfde aankondiging maak om nie meer sulke beeldmateriaal in sy uitsendings te vertoon nie.<\/p>\n<p>Die inligtingsverduistering is nou byna totaal in Frankryk. <\/p>\n<p>Michel Field, die uitvoerende direkteur van nuus by die staatsbeheerde Franse televisie, het egter in &#8216;n verklaring uitgereik en ges\u00ea: &#8220;Ons plig is om in te lig, dit is die reg van burgers om in kennis gestel te word. En ons moet hierdie wedloop teen self-sensuur en grootse verklarings van voorneme weerstaan.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskeie Franse nuusorganisasies het ges\u00ea hulle sal nie meer foto&#8217;s plaas van mense wat verantwoordelik is vir terreur nie, om te verhoed dat diesulkes &#8220;postuum verheerlik&#8221; word. In &#8216;n stap wat kennelik die Moslembevolking sal beskerm teen &#8216;n stygende woede deur wit Franse, is allerlei ander mooiklinkende frases afgestof om die sensuur te regverdig. Le &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39791\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse media kondig byna totale sensuur aan teen ISIS-dekking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39792,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[1093,12107,15387,8613,13998,7533],"class_list":["post-39791","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-frankryk","tag-inligting","tag-le-monde","tag-media","tag-nuusdekking","tag-sensuur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39791","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39791"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39791\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39792"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39791"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39791"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39791"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}