{"id":3977,"date":"2009-01-19T04:37:02","date_gmt":"2009-01-19T04:37:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3977"},"modified":"2009-01-19T04:37:02","modified_gmt":"2009-01-19T04:37:02","slug":"ope-brief-aan-fw-de-klerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3977","title":{"rendered":"Ope brief aan FW de Klerk"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">In 1990 het u dit goed gevind om Suidwes-Afrika weg te skenk. Vir hierdie baie belangrike besluit het u die kiesers van Suid-Afrika nie geraadpleeg nie. U het &rsquo;n beslissing geneem sonder &#39;n mandaat.<\/p>\n<div align=\"justify\">      <\/div>\n<p align=\"justify\">In 1992 het ons &#39;n referendum gehou op die vraag of u met die ANC mag onderhandel. Die referendumvraag was &ldquo;onderhandeling&rdquo; en nie &ldquo;oorgawe&rdquo; nie. U het verder nog &#39;n belofte gemaak dat daar &#39;n tweede referendum sou kom na afloop van die onderhandelinge. Hierdie tweede referendum het ons nooit gesien nie. U het die oorgawe aan die ANC beklink sonder &#39;n mandaat van die blanke kieser.<\/p>\n<div align=\"justify\">      <\/div>\n<p align=\"justify\">Tydens die onderhandelinge met die ANC het daar &#39;n voorstel op u tafel gel&ecirc; om van Suid-Afrika &#39;n federale staat te maak volgens die Switserse kanton-stelsel (een taal en een kultuur per kanton). Hierdie suksesresep word al sedert 1 Augustus 1291 in Switserland gebruik. Meertalige lande soos Indi&euml;, Kanada en Belgi&euml; sou later federale state geword het volgens hierdie Switserse model. U was nie by magte om hierdie pragtige werkbare staatsbestel aan die ANC te verkoop nie. Hierdie Switserse model waarborg die regte van minderhede en minderheidstale. Soos u weet, waarborg ons huidige grondwet niks. U kon ewegoed nog 10 of 20 tale by die huidige 11 amptelike tale gevoeg het en dit sou alles geen enkele verskil gemaak het in ons huidige eenheidstaat nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">      <\/div>\n<p style=\"background: white none repeat scroll 0% 50%; -moz-background-clip: -moz-initial; -moz-background-origin: -moz-initial; -moz-background-inline-policy: -moz-initial\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Tydens die referendum van 1992 het&nbsp;68,73% van die kiesers ingestem&nbsp;dat onderhandelinge met die ANC gevoer kon word (Let Wel- onderhandelinge). Van die kiesers was 31,27% volledig gekant teen onderhandelinge omdat hierdie keisers geweet het dat u op dun ys beweeg. &rsquo;n Ware staatsman probeer in sy beslissings om soveel moontlik mense tevrede te stel &ndash; ook die opposisie. Hierdie kiesers sou beslis tevrede gewees het met die invoering van &#39;n federale staatvorm&nbsp;gebaseer op etnisiteit. U het die nee-stemmers volledig ge&iuml;gnoreer.<\/p>\n<div align=\"justify\">      <\/div>\n<p align=\"justify\">In 1994 skenk u Walvisbaai weg. U het wederom nie &#39;n mandaat gehad om &#39;n deel van die land weg te skenk nie.&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">      <\/div>\n<p align=\"justify\">Die eeue oue droom van die Afrikaner om homself te bestuur op &rsquo;n eie stuk grond, het u binne 5 jaar in die dryfsand gedruk. Die Groot Trek! Die Anglo-Boereoorlog! Dit was alles verniet! Vyf verwoestende jare! Hierna het u stilletjies van die politieke toneel gesluip. U Superparty het kort daarna verdamp. Die ja-stemmers het u en u party laat val!<\/p>\n<div align=\"justify\">      <\/div>\n<p align=\"justify\">Vannag word nog van my mense vermoor. M&ocirc;re vertrek nog vliegtuie met blanke emigrante aan boord. Ons skole verengels. Ons universiteite verswart. Ons is &rsquo;n bedreigde volk. Met die Switserse kantonstelsel sou ons vandag hierdie ellende gespaar gewees het. <\/p>\n<div align=\"justify\">      U het ons verraai meneer F.W. de Klerk!<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0445 \u0442\u043e\u0432\u0430\u0440\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.sovetneg.ru\/object\/dostavka--drugih-stran-topcargo\">topcargo \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met grote droefheid en &#39;n diepe&nbsp;teleurstelling rig ek my tot u. In 1989 het u aangetree as&nbsp;president van Suid-Afrika. Soos &rsquo;n Superman het u aangetree as leier van &rsquo;n Superparty. Binne 5 jaar het u gedoen wat geen ander leier voor u, ooit sou waag nie.<\/p>\n<p>U het u voorganger, PW Botha, letterlik&nbsp;uit die weg geboelie.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[3377,3394,21089,3837,3836,165,21108],"class_list":["post-3977","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-beeld","tag-die-burger","tag-nuus","tag-ope-brief-aan-fw-de-klerk","tag-petrus-van-eeden","tag-praag","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3977","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3977"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3977\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3977"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3977"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3977"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}