{"id":39756,"date":"2016-07-27T10:05:26","date_gmt":"2016-07-27T08:05:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39756"},"modified":"2016-07-27T12:45:06","modified_gmt":"2016-07-27T10:45:06","slug":"jihadis-wat-priester-keelaf-sny-het-elektroniese-armband-gedra","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39756","title":{"rendered":"Djihadis wat priester keelaf sny het elektroniese armband gedra"},"content":{"rendered":"<p>Een van die twee ISIS-aanvallers wat &#8216;n Franse klooster bestorm het en &#8216;n bejaarde priester (85) vroeg Dinsdagoggend onthoof het, was goed bekend aan Franse teenterrorisme-amptenare.<\/p>\n<p>Hy is as &#8216;n bedreiging vir veiligheid beskou en het selfs onder huisarres geleef. Hy het sy elektroniese armband gedra ten tyde van die aanval, volgens Franse amptenare.<\/p>\n<p>Ge\u00efdentifiseer in Franse nuusberigte as &#8220;A.K.&#8221;, het die 19-jarige Franse burger na bewering &#8216;n &#8220;fiche S&#8221; oftewel &#8220;S-kaart&#8221;.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n kategorie wat gebruik word deur die Franse wetstoepassing om gevaarlike individue wat ernstige bedreigings vir nasionale veiligheid inhou, te merk.<\/p>\n<p>Adel Kermiche, A.K., het twee keer probeer om Siri\u00eb te bereik in 2015, eers via M\u00fcnchen en een keer via Gen\u00e8ve.<\/p>\n<p>Terwyl hy nog minderjarig was, het hy in Maart 2015 &#8216;n eerste reis na Siri\u00eb onderneem.<\/p>\n<p>Dit het vinnig ge\u00ebindig toe hy in hegtenis geneem is in M\u00fcnchen, Duitsland, voordat hy teruggestuur is Frankryk toe.<\/p>\n<p>Hy is onder huisarres geplaas in sy ouerhuis in Saint-Etienne-du Rouvray.<\/p>\n<p>&#8216;n Paar maande later, nadat hy 18 jaar oud geword het, het hy weer probeer om na Siri\u00eb te reis, hierdie keer vergesel van &#8216;n jeugvriend.<\/p>\n<p>Die twee mans het deur Switserland gereis, maar Adel Kermiche is in hegtenis geneem op die lughawe van Gen\u00e8ve op 14 Mei en is daarna op &#8216;n Europese terroristelys geplaas.<\/p>\n<p>Hy was kortliks in die tronk in Switserland voordat hy uitgelewer is aan Frankryk, waar hy in hegtenis geneem is en aangekla is van kriminele assosiasie en bande met &#8216;n terroriste-onderneming.<\/p>\n<p>Hy is vrygelaat op 22 Maart vanjaar met &#8216;n elektroniese moniteringsband, ten spyte van &#8216;n app\u00e8l deur &#8216;n anti-terreuraanklaer in Parys. Sedertdien was die djihadis onder huisarres.<\/p>\n<p>Ten spyte van die elektroniese monitering, was hy geregtig om uit die huis te wees tussen 8:30-12:30 nm, volgens die weeklikse Franse nuustydskrif <em>Le nouvel observateur<\/em>.<\/p>\n<p>Die kerk waar vader Jacques Hamel vermoor is, was op &#8216;n &#8220;treflys&#8221; van Sid Ahmed Ghlam &#8211; nog &#8216;n vermeende djihadis wat saamgesweer het om aanvalle op twee kerke in &#8216;n voorstad van Parys in April 2015 uit te voer.<\/p>\n<p>Maar die 24-jarige Algeri\u00ebr, wat ook bekend is aan veiligheidsdienste, is in hegtenis geneem voordat hy dit kon doen.<\/p>\n<p>Hy het homself beseer toe hy homself per ongeluk raakgeskiet het en moes &#8216;n ambulans ontbied, waarna die veiligheidsdiens hom opgespoor het en hy in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p>Die twee terroriste van Dinsdag is deur die polisie doodgeskiet toe hulle die kerk uitgekom het met hulle gyselaars.<\/p>\n<p>Een oorlewende, &#8216;n non by name Suster Danielle, het vertel hoe vader Hamel gedwing is om op sy knie\u00eb te staan sodat hulle sy keel kan afsny.<\/p>\n<p>&#8220;Hulle het dit afgeneem,&#8221; het sy aan BFM televisie ges\u00ea. &#8220;Hulle het &#8216;n soort van preek rondom die altaar in Arabies gegee. Dit was &#8216;n gruwel.&#8221;<\/p>\n<p>Suster Danielle kon ontsnap in die verwarring en het &#8216;n verbygaande motoris voorgekeer wat die polisie gebel het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die twee ISIS-aanvallers wat &#8216;n Franse klooster bestorm het en &#8216;n bejaarde priester (85) vroeg Dinsdagoggend onthoof het, was goed bekend aan Franse teenterrorisme-amptenare. Hy is as &#8216;n bedreiging vir veiligheid beskou en het selfs onder huisarres geleef. Hy het sy elektroniese armband gedra ten tyde van die aanval, volgens Franse amptenare. Ge\u00efdentifiseer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39757,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[],"class_list":["post-39756","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39756","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39756"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39756\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39757"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39756"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39756"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39756"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}