{"id":39729,"date":"2016-07-27T08:20:40","date_gmt":"2016-07-27T06:20:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39729"},"modified":"2016-07-27T09:39:34","modified_gmt":"2016-07-27T07:39:34","slug":"brittanje-bly-in-afrika-na-brexit-se-nuwe-minister","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39729","title":{"rendered":"Brittanje bly in Afrika na Brexit s\u00ea nuwe minister"},"content":{"rendered":"<p>Tobias Ellwood is pas aangestel as die nuwe minister belas met Afrika in die Verenigde Koninkryk se kantoor vir buitelandse en statebondsaan\u00adgeleenthede.<\/p>\n<p>N\u00e1 sy aanstelling het Ellwood ges\u00ea Brittanje se werk in Afrika is nie afgehandel nie, en Brexit sal nie daaraan verander nie.<\/p>\n<p>\u201cDie Verenigde Konink\u00adryk het sterk bande met Afrika en ek wil verseker dat die mense van Afrika weet dat die internasionale samewerking en ons betrokkenheid op die vaste\u00adland sal voortgaan, al is Brittanje buite die Europese Unie,\u201d het Ellwood ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie ekonomiese potensiaal van Afrika is groot met een derde van alle Afrika-ekonomie\u00eb wat vanjaar na verwagting met vyf persent of meer sal groei. Met ons diplomatieke\u00ad netwerk in 36 lande, 19 kantore van die Britse Raad en 16 sogenaamde DFID-kantore, is Brittanje goed geposisio\u00adneer om met Afrika saam te werk om hierdie ekonomiese potensiaal vir uitnemendheid te ontwikkel.<\/p>\n<p>\u201cGegewe dat een in elke drie mense in Afrika tussen die ouderdom van 10 en 24 jaar oud is, is dit belangrik om te verseker\u00ad dat hulle hoop vir die toekoms het.<\/p>\n<p>\u201cTen einde Afrika-ekonomie\u00eb \u2019n hupstoot te gee, is dit ook belangrik om stabiliteit en veiligheid in die vasteland, en in die besonder in Oos-Afrika, te verbeter.<\/p>\n<p>\u201cOns wil voortgaan om met die Afrika-unie, en deur middel van ons rol op die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, aan hierdie belangrike kwessies aandag te gee,\u201d het Ellwood ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het die stryd teen Boko Haram in Nigeri\u00eb, die Ebola-kwessie en veiligheidsbestuur in Somali\u00eb uitgesonder.<\/p>\n<p>Ellwood was verlede jaar in die nuus nadat hy weer probeer het om buitensporige vermorsing van openbare geld, wat ministers veral verkwis, te verdedig.<\/p>\n<p>Hy het voorheen ges\u00ea sy astronomiese salaris en byvoordele is nie genoeg nie.<\/p>\n<p>Hy het onlangs die regering se wynkelder verdedig, nadat dit aan die lig gekom dat grootkoppe weekliks oesjaarbottels van \u00a3500 elk wegslaan wat hulle verwag vervang moet word.<\/p>\n<p>Ellwood het verlede week &#8216;korreksies&#8217; uitgereik oor humanit\u00eare skendings in Jemen waar Saoedi-Arabi\u00eb Britse wapentuig teen burgelikes aanwend.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tobias Ellwood is pas aangestel as die nuwe minister belas met Afrika in die Verenigde Koninkryk se kantoor vir buitelandse en statebondsaan\u00adgeleenthede. N\u00e1 sy aanstelling het Ellwood ges\u00ea Brittanje se werk in Afrika is nie afgehandel nie, en Brexit sal nie daaraan verander nie. \u201cDie Verenigde Konink\u00adryk het sterk bande met Afrika en ek wil &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39729\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brittanje bly in Afrika na Brexit s\u00ea nuwe minister&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39734,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4112,21829,4905,11259,22899],"class_list":["post-39729","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrika","tag-brexit","tag-brittanje","tag-oos-afrika","tag-tobias-ellwood"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39729","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39729"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39729\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39734"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39729"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39729"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39729"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}