{"id":39695,"date":"2016-07-26T10:16:43","date_gmt":"2016-07-26T08:16:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39695"},"modified":"2016-07-26T10:16:43","modified_gmt":"2016-07-26T08:16:43","slug":"zuma-stuur-kommunistiese-onteieningswet-terug-weens-foutiewe-prosedure","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39695","title":{"rendered":"Zuma stuur kommunistiese onteieningswet terug weens &#8216;foutiewe prosedure&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl die kommunistiese leier en minister van openbare werke, Jeremy Cronin (foto hier bo), druk toepas dat die ANC se radikale onteieningswet so gou moontlik gepromulgeer word, het president Jacob Zuma dit weer terug na die parlement verwys. Die wet, waarmee enige eiendom feitlik na willekeur onteien mag word, sal Suid-Afrika op die pad van onverdunde marxisme-leninisme soos in Zimbabwe plaas.<\/p>\n<p>Zuma is bekommerd dat die prosedure wat met die wet gevolg is dalk ongrondwetlik mag wees.<\/p>\n<p>Die wet maak voorsiening vir die onteiening van enige soort eiendom, roerend of onroerend, in &#8220;die openbare belang of vir &#8216;n openbare doel&#8221;, wat mag beteken dat plase en selfs voorstedelike huise op &#8216;n groot skaal onteien mag word om aan die kommunistiese ideaal vir Suid-Afrika gestalte te gee.<\/p>\n<p>Die minister van openbare werke, Jeremy Cronin, asook &#8216;n leidende figuur in die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, het deurentyd die wetsontwerp teen kritiek verdedig. Volgens hom strook dit heeltemal met die grondwet waarin eiendomsreg en vergoeding vir onteiening gewaarborg word.<\/p>\n<p>Die presidensie het gister in &#8216;n verklaring ges\u00ea dat &#8220;Zuma die speaker van die nasionale vergadering en die voorsitter van die nasionale raad van provinsies versoek het om hom in te lig betreffende die proses wat deur die parlement gevolg is toe die Onteiningswet aanvaar is&#8221;.<\/p>\n<p>Die wetsontwerp is deur die parlement goedgekeur en na die president verwys wat veronderstel was om dit reeds in Mei te onderteken het.<\/p>\n<p>Die presidensie het bekendgemaak dat Zuma petisies teen die ondertekening van die wet van individue en verskeie organisasies ontvang het. Die petisies het &#8216;n aantal proseduri\u00eble kwessies geopper wat die prosedures wat deur die NRVP en sekere provinsiale wetgewers by die aanvaarding van die wet gevolg is, insluit. Volgens die petisies sou die wet nie met die grondwet versoen kon word nie.<\/p>\n<p>Die presidensie s\u00ea dat die NRVP in gebreke gebly het om voldoende raadpleging met die publiek te fasiliteer alvorens die wet aanvaar is, en dat die wet nie na die nasionale huis van tradisionele leiers verwys is soos wat deur die Raamwerkwet op tradisionele leierskap en regering vereis word nie.<\/p>\n<p>&#8220;Dienooreenkomstig het die president die parlement versoek om hom in te lig aangaan die proses wat gevolg is toe die wet aanvaar is,&#8221; lui die verklaring.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse instituut vir rasseaangeleenthede het ook sy teenkanting teen die wet uitgespreek en het &#8216;n petisie aan Zuma gerig om nie die wet te onderteken en te bekragtig nie. Volgens dr. Anthea Jeffery van die instituut sou dit enige staatsdepartement, munisipaliteit of selfs openbare ondernemings in staat stel om eiendom te onteien.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die kommunistiese leier en minister van openbare werke, Jeremy Cronin (foto hier bo), druk toepas dat die ANC se radikale onteieningswet so gou moontlik gepromulgeer word, het president Jacob Zuma dit weer terug na die parlement verwys. Die wet, waarmee enige eiendom feitlik na willekeur onteien mag word, sal Suid-Afrika op die pad van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39708,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[6723,8927,4708,22076],"class_list":["post-39695","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-jacob-zuma","tag-jeremy-cronin","tag-kommunisme","tag-onteieningswet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39695","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39695"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39695\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39708"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}