{"id":39636,"date":"2016-07-22T09:49:57","date_gmt":"2016-07-22T07:49:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39636"},"modified":"2016-07-22T09:55:34","modified_gmt":"2016-07-22T07:55:34","slug":"ted-cruz-maak-n-gek-van-homself-by-trump-se-benoeming","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39636","title":{"rendered":"Ted Cruz maak &#8216;n gek van homself by Trump se benoeming"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Voormalige aanspraakmaker op die Repu\u00adblikeinse Party in Amerika se nominasie as presidentskandidaat, Ted Cruz, het hom Woensdag die argwaan van afgevaardigdes na die nasionale konvensie op die hals gehaal, toe hy verseg het om Donald Trump te ondersteun.<\/p>\n<p>Die afloop van die gejou was egter &#8216;n hoogtepunt van die aand nadat die visepresidentskandidaat, Mike Pence, daarna as &#8216;n versoenende faktor in die kollig getree het.<\/p>\n<p>Cruz het midde \u2019n staande applous op die verhoog in Cleveland opgestap en die gehoor verveel met gemeenplase totdat hy afgevaardigdes aangeraai het om \u201cmet hul gewete\u201d te stem sonder om Trump se naam te noem. <\/p>\n<p>\u201cStem vir kandidate op die stembrief wat jy vertrou om ons vryheid te verdedig en wat getrou aan die grondwet sal wees,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/boecruz-100x100.jpg\" alt=\"boecruz\" width=\"100\" height=\"100\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-39637\" \/><\/p>\n<p>Die gehoor het hierop begin om hom luidkeels uit te jou en gedreunsing &#8220;Endorse Trump!&#8221; Cruz het daarmee finaal sy politieke loopbaan be\u00ebindig en hy en sy vrou, Heidi, &#8216;n werknemer van Goldman Sachs, moes haastig die saal verlaat.<\/p>\n<p>Goewerneur Chris Christie het by die Konvensie ges\u00ea Cruz het vroe\u00ebr in sy teenwoordigheid plegtig belowe om Trump te steun deur &#8216;n onderneming te teken. <\/p>\n<p>Christie s\u00ea hy is geskok dat iemand hul woord so maklik kan breek en dat sulke optrede politici &#8216;n slegte naam gee.<\/p>\n<p>Trump het Cruz tydens veldtogvoering \u201cLyin\u2019 Ted\u201d genoem. <\/p>\n<p>Kort daarna het Pence die gehoor onder luide toejuiging verenig. \u201cWat ons verenig, is baie meer as enige iets wat ons skei,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Melania Trump se toespraak Maandag, waarin dele uit Michelle Obama se toespraak agt jaar gelede aangehaal is, was weer in die kalklig. <\/p>\n<p>&#8216;n Toespraakskrywer het om verskoning gevra en aangebied om te bedank, maar Trump wou haar bedanking nie aanvaar nie. <\/p>\n<p>Trump het die benoeming van die Republikeinse party tydens die party se nasionale konvensie in Cleveland Ohio Donderdagaand aanvaar. <\/p>\n<p>Trump is nou amptelik die party se kandidaat vir die presidentsverkiesing op 8 November. <\/p>\n<p>In sy aanvaardingstoespraak het Trump homself verklaar as &#8216;n vriend van die werkersklas. <\/p>\n<p>Hy het sy Demokratiese teenstaander, Hillary Clinton daarvan beskuldig dat sy &#8216;n spoor van dood, vernietiging en terreur agtergelaat het toe sy minister van buitelandse sake was. <\/p>\n<p>Trump se toespraak het die vierdaagse konvensie afgesluit. Hy het uit die vuis gepraat en herhaal dat hy die muur gaan bou om Meksikaanse dwelmbendes en ongewensde immigrante uit die VSA te hou.<\/p>\n<p>Hy het die gehoor aan sy voete gehad.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Voormalige aanspraakmaker op die Repu\u00adblikeinse Party in Amerika se nominasie as presidentskandidaat, Ted Cruz, het hom Woensdag die argwaan van afgevaardigdes na die nasionale konvensie op die hals gehaal, toe hy verseg het om Donald Trump te ondersteun. Die afloop van die gejou was egter &#8216;n hoogtepunt van die aand nadat die visepresidentskandidaat, Mike &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39636\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ted Cruz maak &#8216;n gek van homself by Trump se benoeming&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39641,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[12998,22859,12241,21996],"class_list":["post-39636","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-donald-trump","tag-melania-trump","tag-republikeine","tag-ted-cruz"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39636","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39636"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39636\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39641"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39636"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39636"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39636"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}