{"id":39620,"date":"2016-07-21T18:03:21","date_gmt":"2016-07-21T16:03:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39620"},"modified":"2016-07-21T18:22:47","modified_gmt":"2016-07-21T16:22:47","slug":"brittanje-en-duitsland-vra-einde-van-navo-uitbreiding-dialoog-met-rusland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39620","title":{"rendered":"Brittanje en Duitsland vra einde van NAVO-uitbreiding, dialoog met Rusland"},"content":{"rendered":"<p>Washington moes uiters verlig gewees het toe sy moslemvennoot en &#8216;n kritiese komponent in die NAVO-sekuriteitsopset, Turkye, daarin geslaag het om die staatsgreep verlede week af te weer.<\/p>\n<p>Die VSA sou deur Amerikaanse wetgewing noodgedwonge sy milit\u00eare magte uit Turkye moes onttrek, insluitende sy vegvliegtuie by die Incirlik-lugbasis wat dien as &#8216;n kritieke nodus vir sendings in Siri\u00eb, Irak en Afghanistan. <\/p>\n<p>Die Verenigde State van Amerika word verbied om milit\u00eare hulp te bied of gestasioneerde troepe in enige land te hou wat onder beheer van &#8216;n milit\u00eare junta staan.<\/p>\n<p>Die Weste staan nietemin steeds voor &#8216;n kommerwekkende besluit, met President Erdogan wat na verwagting as &#8216;n ondemokratiese leierskapsfiguur vordering sal maak ter wille van sy eie behoud.<\/p>\n<p>Die EU asook die VSA sal uiteindelik hul nasionale strategie\u00eb moet aanpas om voorsiening te maak vir hierdie oorgang.<\/p>\n<p>Die retoriek teen Rusland en oproepe om troepe op die grens van Rusland te ontplooi, is dus nog een van die kwessies wat aan bod gaan kom.<\/p>\n<p>Duitsland en Brittanje het nou die handrem opgetrek vir die voortsnellende en ondeurdagte uitbreiding van die Verdragsorganisasie.<\/p>\n<p>Franse, Italiaanse, Bulgaarse en Griekse leierskappe het hulself ook van die koorsige retoriek by die jongste NAVO-beraad in Warskou gedistansieer.<\/p>\n<p>Almal van hulle s\u00ea dat hulle Rusland as &#8216;n vennoot eerder as &#8216;n vyand beskou. <\/p>\n<p>Alhoewel Merkel voorspelbaar volhou met haar kil houding teenoor die Russe, maak haar SPD- en CSU-koalisievennote dit baie duidelik hulle nie saamstem met haar nie.<\/p>\n<p>In &#8216;n lang <em>Der Spiegel<\/em>-artikel, suggereer Wolfgang Ischinger, &#8216;n SPD-lid, dat die Weste verbrou het.<\/p>\n<p>Ischinger voel verplig om lang veroordelings van Russiese beleid en absurde stellings in te voeg as &#8216;n bevestiging van lojaliteit en waarsonder hy natuurlik geen hoop sou gehad het om gepubliseer te word nie. <\/p>\n<p>Russiese skrywers wat deur die Sowjet-tydperk geleef het en Afrikaners wat nie die ANC\/DA se kommuniste ophemel nie, sal vertroud wees met hierdie soort sensuur.<\/p>\n<p>Die belangrike punt bly egter dat &#8216;n ho\u00ebvlakgesprek binne die Duitse regering plaasvind oor die twee belangrikste fondamente vir lidlandsamewerking, naamlik onafgebroke NAVO-uitbreiding na oos en die wenslikheid van die ontplooiing van strategiese lugafweermissiele.<\/p>\n<p>In 2008 is Georgi\u00eb en Oekra\u00efne NAVO-lidmaatskap belowe, maar sonder enige vaste datum. &#8216;n Le\u00eb belofte? As dit so was, beteken dit dat NAVO verantwoordelikheid moet dra vir die feit dat beide lande de facto dele van hul grondgebied sedertdien afgestaan het.<\/p>\n<p>Die Finse of Oostenrykse modelle van neutraliteit, ten einde die situasie polities en milit\u00ear te bestuur, en om hul ekonomiese verhouding met Rusland te normaliseer, sou baie meer sinvol gewees het.<\/p>\n<p>Die oorhoofse beginsels van die Verdragsorganisasie, in die besonder di\u00e9 van die vrye keuse van alliansies, sou daarmee gesneuwel het, met &#8216;n gepaardgaande verlies van Amerikaanse geloofwaardigheid, meen Ischinger.<\/p>\n<p>Maar NAVO-uitbreiding het desnieteenstaande tot die huidige krisis in Europa gelei en tot &#8216;n beeldprobleem vir president Obama.<\/p>\n<p>Terwyl NAVO-uitbreiding in Duitsland al lank met agterdog beje\u00ebn word, het Brexit Brittanje &#8211; die een Westerse land wat voorheen die mees uitgesproke ondersteuner was &#8211; in die Duitsers se kamp gejaag.<\/p>\n<p>Die Britse parlement se verdedigingskomitee het onlangs &#8216;n lang verslag oor die stand van die Britse-Russiese verhoudings vrygestel met &#8216;n reeks aanbevelings wat niks anders as verrassend pro-Russies is nie.<\/p>\n<p>Eerstens, doen die verslag dringend &#8216;n beroep vir &#8216;n hervatting van &#8216;n ho\u00ebvlak politieke dialoog en spreek ontsteltenis uit dat dit nog nie gebeur het nie. <\/p>\n<p>In die tweede plek, is die verslag onthuts oor die nypende gebrek aan gekwalifiseerde kenners wat die Britse regering adviseer. <\/p>\n<p>Veel meer belangrik is egter wat die Komitee s\u00ea oor die gevare van die ondermyning van die geloofwaardigheid van Artikel 5.<\/p>\n<p>Di\u00e9 artikel is &#8216;n  waarborg dat &#8216;n potensi\u00eble teenstander met die volle mag van die alliansie sal moet reken indien een lidland bedreig word, maar die alliansie het reeds getoon dit nie bereid is om lande soos Georgi\u00eb en die Oekra\u00efene te verdedig nie. <\/p>\n<p>Die verslag is nie bedoel vir &#8216;n wye leserspubliek nie. In teenstelling met die artikel in <em>Der Spiegel<\/em> is dit dus deel van &#8216;n interne beleidsdialoog. <\/p>\n<p>Nietemin is dit opvallend dat daar in twee voorste lande &#8211; Duitsland en Brittanje &#8211; oproepe vir dialoog met Rusland opklink.<\/p>\n<p>Die verskille binne NAVO is nog lank nie bygel\u00ea, maar die Neocon-agenda van uitbreiding en konfrontasie met Rusland is nou uiteindelik uitgedaag deur die Europese elite. <\/p>\n<p>Dit blyk dat ongeag die uitslag van die verkiesing in die VSA in November, NAVO se uitbreidingsplanne na oos iets van die verlede kan wees.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Washington moes uiters verlig gewees het toe sy moslemvennoot en &#8216;n kritiese komponent in die NAVO-sekuriteitsopset, Turkye, daarin geslaag het om die staatsgreep verlede week af te weer. Die VSA sou deur Amerikaanse wetgewing noodgedwonge sy milit\u00eare magte uit Turkye moes onttrek, insluitende sy vegvliegtuie by die Incirlik-lugbasis wat dien as &#8216;n kritieke nodus vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":39621,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[21829,4905,15225,5878,22869,14833,2078,22868],"class_list":["post-39620","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-brexit","tag-brittanje","tag-konflik","tag-navo","tag-neutraliteit","tag-oostenryk","tag-rusland","tag-uitbreiding"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39620","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39620"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39620\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39621"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39620"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39620"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39620"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}