{"id":39583,"date":"2016-07-21T08:17:18","date_gmt":"2016-07-21T06:17:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39583"},"modified":"2016-07-21T08:17:18","modified_gmt":"2016-07-21T06:17:18","slug":"tiener-volg-in-beeldhouer-pa-se-voetspore","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39583","title":{"rendered":"Tiener volg in beeldhouer-pa se voetspore"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Tiener van Nelspruit (15) het duidelik die talent vir beeldhouwerk van sy pa ge\u00ebrf en is reeds besig om van sy werke te verkoop. Hy is vasbeslote om \u2018n suksesvolle loopbaan hieruit te maak en wil hom n\u00e1 skool voltyds hierop toespits.<\/p>\n<p>Armand van Rensburg is \u2018n gr. 10-leerling en het reeds van kindsbeen af sy pa, Nic van Rensburg, \u2018n voltydse kunstenaar en beeldhouer, dopgehou. Hy was ses jaar oud toe hy driedimensionele beeldjies uit gewone kinderklei gemaak het terwyl Nic besig was met sy beeldhouwerk.<\/p>\n<p>\u201cOns het hom in 2007 ingeskryf vir die kunste-Eisteddfod waartydens hy \u2018n A+-simbool vir skilder en beeldhouwerk behaal het,\u201d vertel sy ma, Ria van Rensburg, trots. \u201cDie passie wat hy vir sy beeldhouwerk het, is duidelik te sien in sy entoesiasme en toegewydheid. As hy eers besig raak met die wasbeeldjie, sal hy vir ure hierop fokus en moet ons help dat hy \u2018n balans hou tussen die skool\u2013 en beeldhouwerk.\u201d<\/p>\n<p>Ria het verduidelik dat die oorspronklike beeld uit klei gemaak word waarna dit in \u2018n rubbervorm gegiet word. \u201cDaar word \u2018n hol waskopie van die gietvorm gemaak wat dan in keramiek gedoop word. Di\u00e9 keramiekvorm word in \u2018n oond gebak wat die was laat smelt en uitloop. Die gesmelte brons word dan in di\u00e9 holte gegiet.<\/p>\n<p>\u201cAs die beeld afgekoel het, word die keramiek afgekap en die brons voerpypies wat verhoed het dat lugborrels in die bronsbeeld vorm, word dan netjies afgewerk. Laastens word daar patina \u2013 \u2018n suur wat met die brons reageer \u2013 oorgesit wat aan di\u00e9 metaal sy kenmerkende kleur gee. Dit kan in verskillende kleure gedoen word. Die beeld word dan op \u2018n voetstuk gemonteer.\u201d<\/p>\n<p>Dit is nie \u2018n vinnige proses nie en kan tussen ses en agt weke neem, afhangend van hoe groot die beeld is. Armand is versot op die natuur en het op \u2018n jagluiperd wat hardloop besluit vir sy eerste bronsbeeld. Twintig van hulle is gegiet en nou by sy pa se studio te koop.<\/p>\n<p>Hy het ook \u2018n afbeelding gemaak van \u2018n bosbokkie wat deur \u2018n jagluiperd gejag word en dit is tans by die bronsgieter. Sodra hy klaar is met die jagluiperd wat op die bokkie jagmaak, wil hy die afbeelding van vlakvarke aanpak en hy is druk besig met navorsing oor di\u00e9 diere.<\/p>\n<p>Bron: Lowvelder<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Tiener van Nelspruit (15) het duidelik die talent vir beeldhouwerk van sy pa ge\u00ebrf en is reeds besig om van sy werke te verkoop. Hy is vasbeslote om \u2018n suksesvolle loopbaan hieruit te maak en wil hom n\u00e1 skool voltyds hierop toespits. Armand van Rensburg is \u2018n gr. 10-leerling en het reeds van kindsbeen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39583\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tiener volg in beeldhouer-pa se voetspore&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39584,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[111,28],"tags":[22863,22864,22865,21128],"class_list":["post-39583","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c102-kuns","category-s31-kunste","tag-armand-van-rensburg","tag-beeldhouer","tag-klei","tag-c102-kuns"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39583","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39583"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39583\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39584"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39583"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39583"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39583"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}