{"id":39477,"date":"2016-07-18T08:32:45","date_gmt":"2016-07-18T06:32:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39477"},"modified":"2016-07-18T11:17:11","modified_gmt":"2016-07-18T09:17:11","slug":"sewe-in-aanhouding-na-nice-aanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39477","title":{"rendered":"Sewe in aanhouding na Nice-aanval"},"content":{"rendered":"<p>Franse owerhede het n\u00f3g twee mense in hegtenis geneem in die ondersoek na die Bastille Dag vragmotoraanval in Nice waarin minstens 84 mense dood is.<\/p>\n<p>Die jongste inhegtenisnemings bring die totale aantal verdagtes op sewe te staan.<\/p>\n<p>&#8216;n Amptenaar verantwoordelik vir nasionale terreurondersoeke by die aanklaer se kantoor in Parys, wat anoniem wou bly, het ges\u00ea &#8216;n man en &#8216;n vrou is vanoggend in hegtenis geneem in Nice. <\/p>\n<p>Hy het bygevoeg dat vyf mense wat vroe\u00ebr aangekeer is in aanhouding bly. <\/p>\n<p>Owerhede probeer vasstel watter hulp die vragmotorbestuurder en inwoner van Nice, Mohamed Lahouaiej Bouhlel, gehad het.<\/p>\n<p>Die internasionale terreurgroep ISIS het verantwoordelikheid aanvaar vir die 31-jarige Tunisi\u00ebr se massamoord op burgerlikes Donderdagaand. <\/p>\n<p>ISIS het aan die Aamaq-nuusdiens bevestig dat die vragmotorbestuurder &#8216;n &#8220;soldaat van ISIS&#8221; is.<\/p>\n<p>Berigte dat die vragmotor wat Bouhlel bestuur het, toegerus was met koe\u00eblvaste ruite, is intussen deur anonieme bronne na aan die ondersoek ontken.<\/p>\n<p>Foto&#8217;s wat n\u00e1 die tyd van die vragmotor se kajuit geneem is, toon duidelik dat verskeie skote deur die glas gedring het.<\/p>\n<p>Die voorruit is nie daardeur nie versplinter nie, wat daarop dui dat dit nie &#8216;n koe\u00eblvaste ruit was nie.<\/p>\n<p>Die Tunisi\u00ebr het die vragmotor by Location gehuur, nadat hy vir die grootste voertuig gevra het wat die bekende Franse <a href=\"http:\/\/www.vialocation.fr\/\">verhuringsmaatskappy <\/a>beskikbaar het.<\/p>\n<p>Die maatskappy het die verhuring bevestig maar ges\u00ea amptenare van binnelandse sake het hulle nou belet om verder met die media te skakel.<\/p>\n<p>&#8216;n Werknemer het vertel dat die terroris die verhuringmaatskappy twee keer besoek het en alhoewel hulle nie kameras op die perseel het nie, kon hulle die dader presies beskryf.<\/p>\n<p>Die Franse minister van binnelandse sake, Bernard Cazeneuve, het intussen ges\u00ea dit is in &#8216;n nuwe tipe bedreiging sonder die gebruik van outomatiese wapens. <\/p>\n<p>Maar die familie van die Tunisi\u00ebr wat 84 mense in Nice in Frankryk doodgery het, het onthul dat hy jare lank sielkundige behandeling ontvang het.<\/p>\n<p>Selfs voordat hy Tunisi\u00eb in 2005 verlaat en in Frankryk gaan woon het, is hy behandel. Dit mag dalk dui op psigiese voorbereiding vir die gru-daad wat hy verlede week uitgevoer het. <\/p>\n<p>Mohamed Bouhlel se suster, Rheb, s\u00ea haar broer het sielkundige probleme gehad, en die familie het dokumente aan die Franse polisie gewys wat daarop dui dat hy psigiaters besoek het.<\/p>\n<p>Intussen het besoekers aan die jaarlikse Bastillefees op Franschhoek in die Boland hulde gebring aan die slagoffers van die massaslagting deur &#8216;n internasionale terreurgroep by &#8216;n soortgelyke fees die afgelope week in Nice in Frankryk. <\/p>\n<p>Veiligheidsmaatre\u00ebls by die plaaslike fees op Franschhoek is verskerp. Van die besoekers het ges\u00ea hoewel hulle die fees baie geniet, dink hulle aan wat in Frankryk gebeur het.<\/p>\n<p>RSG het die massaslagting &#8216;n &#8220;vragmotorramp&#8221; genoem. <\/p>\n<p>Die Franse anti-terreureenheid het &#8216;n SMS-boodskap op &#8216;n selfoon gekry wat aan die terroris behoort het wat lees: &#8220;Ek het die toerusting&#8221;.<\/p>\n<p>Die nuutste onthulling van Franse ondersoekers dui heel waarskynlik op &#8216;n geheime ISIS-terreurnetwerk wat die aanvalle waarin 84 mense omgekom het, goed beplan het.<\/p>\n<p>Wapens en handgranate was in die ruim van sy gehuurde vragmotor.<\/p>\n<p>Hy het die <em>Promenade des Anglais<\/em> in Nice op Dinsdag 12 Julie en Woensdag, 13 Julie gaan verken en kan gesien word op geslotekring-TV waar hy die gebied met fyn belangstelling dophou, het Europ1 berig.<\/p>\n<p>Een van die polisie-agente het aan <a href=\"http:\/\/tempsreel.nouvelobs.com\/societe\/attaque-de-nice\/20160717.OBS4775\/attentat-de-nice-un-policier-raconte-comment-le-tueur-a-ete-neutralise.html\">L&#8217;Obs<\/a> beskryf hoe hulle die terroris doodgeskiet het. <\/p>\n<p>Hulle is per radio ontbied en toe hulle die vragmotor gewaar was dit nie vir die polisiebeamptes dadelik duidelik dat hulle met &#8216;n terreurdaad te make het nie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het nie dadelik verstaan wat ek sien nie,&#8221; het hy ges\u00ea. Hy was ongeveer 15m van die vragmotor.<\/p>\n<p>Een voetganger het op die vragmotor gespring en die bestuurder het &#8216;n handwapen uitgeruk.<\/p>\n<p>Die bestuurder het op die beamptes begin skiet en hy is daarna doodgeskiet.<\/p>\n<p>&#8216;n Aantal beamptes het losgetrek op die wit vragmotor, maar is beveel om vuur te staak, nadat die bestuurder in die kop geskiet is en agteroor geval teen die passasiersvenster.<\/p>\n<p>Idris Elba se jongste rolprent, Bastille Day, is aan teaters in Frankryk onttrek na Donderdag se dodelike vragmotoraanval in Nice. <\/p>\n<p>Elba se rolprent, wat handel oor &#8216;n sameswering om &#8216;n bom in Parys te laat ontplof is Woensdag in Frankryk bekendgestel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Franse owerhede het n\u00f3g twee mense in hegtenis geneem in die ondersoek na die Bastille Dag vragmotoraanval in Nice waarin minstens 84 mense dood is. Die jongste inhegtenisnemings bring die totale aantal verdagtes op sewe te staan. &#8216;n Amptenaar verantwoordelik vir nasionale terreurondersoeke by die aanklaer se kantoor in Parys, wat anoniem wou bly, het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39477\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sewe in aanhouding na Nice-aanval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39451,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[1093,17039,22484,7829,11785],"class_list":["post-39477","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-frankryk","tag-isis","tag-nice","tag-terreur","tag-verdagtes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39477","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39477"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39477\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39451"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39477"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39477"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39477"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}