{"id":39402,"date":"2016-07-14T09:01:35","date_gmt":"2016-07-14T07:01:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39402"},"modified":"2016-07-14T09:04:21","modified_gmt":"2016-07-14T07:04:21","slug":"groter-as-churchill-se-taak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39402","title":{"rendered":"&#8216;Groter as Churchill se taak&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Koningin Elizabeth II het die nuwe leier van die Konserwatiewe Party, Theresa May, ingeroep om &#8216;n nuwe regering saam te stel, het AFP berig.<\/p>\n<p>Europese leiers het reeds gevra dat Brittanje vinnig moet optree om die skeiding van die EU te formaliseer. May het egter aangedui dat sy nie aangejaag sal word nie.<\/p>\n<p>Die 59-jarige dogter van \u2019n dominee, is Brittanje se tweede vroulike premier met die oorspronklike \u201cystervrou\u201d, Margaret Thatcher, wat die weg gebaan het.<\/p>\n<p>May staar groot uitdagings in die gesig en sal alles in haar vermo\u00eb moet doen om ernstige verdeeldheid in die geledere van die Konserwatiewe Party te oorbrug en die potensi\u00eble ekonomiese afname n\u00e1 uittrede uit die EU, te behartig.<\/p>\n<p>Nog \u2019n groot uitdaging is om pro-EU Skotland te verhinder om weer &#8216;n veldtog vir onafhanklikheid te voer ten einde in die EU te bly. Sy sal ook nuwe globale handelsbande en diplomatieke alliansies in die n\u00e1-Brexit-era moet smee.<\/p>\n<p>The Guardian het Woensdag berig: \u201cSy kom aan bewind in \u2019n tyd wat Churchill sou uitgedaag het.\u201d<\/p>\n<p>May het saam met Cameron die siening gesteun dat Brittanje in die EU moet bly, en sy sal nou Euro-skeptici in haar eie party en die land moet oortuig dat sy nie van plan is om die implementering van uittrede uit die EU te systap nie.<\/p>\n<p>\u201cBrexit beteken Brexit en ons gaan \u2019n sukses daarvan maak,\u201d het sy ges\u00ea. <\/p>\n<p>Sy is gewild in en om Maidenhead, die welaf dorp wes van Londen, wat sy sedert 1997 in die Britse parlement verteenwoordig.<\/p>\n<p>May het pas vir Boris Johnson as die minister van Buitelandse Sake aangestel.<\/p>\n<p>Sy is ongelukkig eerder bekend vir haar skoenliefde, veral luiperdvel-laarse, wat gereeld in die Britse pers opgemerk word.<\/p>\n<p>Sy is selfs afgeneem waar haar skoenhak net voor 10 Downingstraat in die sypaadjie vashaak.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/mayskoen-100x100.jpg\" alt=\"mayskoen\" width=\"100\" height=\"100\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-39403\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Koningin Elizabeth II het die nuwe leier van die Konserwatiewe Party, Theresa May, ingeroep om &#8216;n nuwe regering saam te stel, het AFP berig. Europese leiers het reeds gevra dat Brittanje vinnig moet optree om die skeiding van die EU te formaliseer. May het egter aangedui dat sy nie aangejaag sal word nie. Die 59-jarige &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39402\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Groter as Churchill se taak&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39404,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[21829,5879,6997,22817],"class_list":["post-39402","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-brexit","tag-churchill","tag-skoene","tag-theresa-may"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39402","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39402"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39402\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39404"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39402"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39402"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39402"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}