{"id":39369,"date":"2016-07-13T08:23:14","date_gmt":"2016-07-13T06:23:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39369"},"modified":"2016-07-13T08:23:14","modified_gmt":"2016-07-13T06:23:14","slug":"theresa-may-knoei-haar-pad-na-premierspos-oop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39369","title":{"rendered":"Theresa May knoei haar pad na premierspos oop"},"content":{"rendered":"<p>Die skielike onttrekking van Andrea Leadsom (foto hierbo) as kandidaat vir die leierskap van die Konserwatiewe Party in Brittanje, is deur die media moontlik gemaak wat haar opmerkings oor ma-wees in &#8216;n kwade lig gestel het.<\/p>\n<p>Haar enigste teenstander, Theresa May, was daarna die enigste kandidaat.<\/p>\n<p>As Leadsom nie onttrek het nie, kon die opvolgkwessie tot September geduur het en dit sou die Konserwatiewes meer tyd gegun het om &#8216;n beter kandidaat as May te stel.<\/p>\n<p>Leadsom was nie opgewasse teen die onverwagse vyandige media-veldtog nadat sy ges\u00ea het moederskap gee haar &#8216;n voorsprong bo die kinderlose May nie. <\/p>\n<p>Andrea Leadsom het aan die Telegraph ges\u00ea sy is &#8220;siedend kwaad&#8221; oor die media-manipulasie en bygevoeg dat Brittanje &#8220;regte&#8221; &#8216;n Brexit-kandidaat verdien, iets wat &#8216;n lang skadu oor May se opregtheid kaats. <\/p>\n<p>In haar uittredetoespraak het Leadsom egter die clich\u00e9 herhaal dat sy dit in die belang van die land doen, want sakelui het sekerheid nodig n\u00e1 die Brexit-referendum.<\/p>\n<p>Cameron het Dinsdag as premier in die Britse Laerhuis uitgetree toe hy sy bedanking by die paleis ingedien het. N\u00e1 die Brexit-\u00adreferendum was die plan dat hy in Oktober sou uittree.<\/p>\n<p>Maandag is May (59) as leier van die Konserwatiewe Partye aangewys nadat sy vroe\u00ebr glo ook van Boris Johnson ontslae geraak het.<\/p>\n<p>Skindertonge beweer Boris Johnson is op aandrang van May se ondersteuners deur Michael Gove, sy kollega in die Brexit-veldtog, uit die wedloop gedwing.<\/p>\n<p>Gove, wat eers voorgegee het dat hy Johnson steun, het skielik sy eie kandidatuur aangekondig, en ges\u00ea hy glo nie Johnson &#8220;het die nodige leierskapsvaardighede&#8221; om die land te lei nie.<\/p>\n<p>Dit was &#8216;n deursigtige manier om May se kanse om as premier aangewys te word, te bewerkstellig, aangesien Gove allermins self oor leierseienskappe beskik.<\/p>\n<p>Gove se kanse op bevordering lyk egter nou rooskleurig met May aan die stuur.<\/p>\n<p>\u201cDie land het gestem om die Europese Unie te verlaat en as eerste minister sal ek seker maak dat ons die Europese Unie verlaat,\u201d het May Dinsdag verklaar, maar haar toewyding aan Brexit bly &#8216;n ope vraag.<\/p>\n<p>Dit is bekend dat May se ondersteuners in die Konserwatiewe Party gekant was teen Brexit en haar kennelik wil inspan om dit in hulle guns te bestuur.<\/p>\n<p>Die druk het Maandag reeds begin opbou dat May &#8216;n vroe\u00eb verkiesing uitroep, maar sy het haar party belowe sy sal dit nie oorweeg nie. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skielike onttrekking van Andrea Leadsom (foto hierbo) as kandidaat vir die leierskap van die Konserwatiewe Party in Brittanje, is deur die media moontlik gemaak wat haar opmerkings oor ma-wees in &#8216;n kwade lig gestel het. Haar enigste teenstander, Theresa May, was daarna die enigste kandidaat. As Leadsom nie onttrek het nie, kon die opvolgkwessie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39369\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Theresa May knoei haar pad na premierspos oop&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39370,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[22823,22715,22822,22817],"class_list":["post-39369","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-andrea-leadsome","tag-boris-johnson","tag-gove","tag-theresa-may"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39369","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39369"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39369\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39370"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39369"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39369"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39369"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}