{"id":39362,"date":"2016-07-12T11:03:06","date_gmt":"2016-07-12T09:03:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39362"},"modified":"2016-07-12T11:03:06","modified_gmt":"2016-07-12T09:03:06","slug":"theresa-may-neem-oor-van-cameron","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39362","title":{"rendered":"Theresa May neem oor van Cameron"},"content":{"rendered":"<p>Die Britse eerste minister, David Cameron sal vandag sy laaste kabinetsvergadering hou voordat hy die leisels aan Theresa May (foto hierbo) oorhandig. <\/p>\n<p>May is verkies tot leier van die Konserwatiewe party, nadat haar enigste teenstaander, Andrea Leadsom, aan die wedloop onttrek het. <\/p>\n<p>Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, is nou die enigste oorblywende kandidaat om die Konserwatiewe Party se leier op te volg en die Britse premier te word.<\/p>\n<p>Graham Brady, die hoof van die komitee wat die leierskapverkiesing gelei het, het n\u00e1 Leadsom se aankondiging ges\u00ea die party se bestuur sal vergader om May as die wenner te bevestig. Hy het nie aangedui dat die verkiesingswedloop heropen sou word nie. <\/p>\n<p>Indien sy as wenner bevestig word, kan May binne ure Brittanje se nuwe eerste minister word. Allerwe\u00eb is verwag dat Cameron eers in September die tuig sou neerl\u00ea.<\/p>\n<p>Leadsom se onttrekking kom n\u00e1 fel kritiek teen uitlatings wat sy oor moederskap gemaak het.<\/p>\n<p>Dit was nie duidelik of die naweek se gebeure bygedra het tot haar besluit nie. In haar kort verklaring het sy bloot ges\u00ea sy glo nie sy het voldoende steun binne die party nie.<\/p>\n<p>Leadsom het May vroe\u00ebr om verskoning gevra vir haar opmerkings oor moederskap nadat \u2019n politieke storm ontketen is n\u00e1 haar onderhoud met die The Times of London. <\/p>\n<p>Sy het ges\u00ea die feit dat sy \u2019n ma is, maak haar meer geskik om die land te lei. May het nie kinders nie.<\/p>\n<p>Leadsom het later ges\u00ea sy wil nie h\u00ea moederskap moet deel van die politieke veldtog wees nie.<\/p>\n<p>Die twee vroue was die enigste oorblywende kandidate in die wedloop om premier David Cameron op te volg, wat bedank het nadat Britse kiesers sy raad ge\u00efgnoreer het en in \u2019n referendum vir uittrede uit die Europese Unie (EU) gestem het.<\/p>\n<p>Leadsom het aan The Times ges\u00ea: \u201cEk voel omdat ek \u2019n ma is, het ek \u2019n werklike belang by die land se toekoms.\u201d<\/p>\n<p>Leadsom het later die koerant van \u201cgeelpers-joernalistiek\u201d beskuldig en ges\u00ea hulle het haar woorde in die berig onder die opskrif \u201cOmdat ek \u2019n ma is, het ek \u2019n voorsprong oor May\u201d, verdraai.<\/p>\n<p>The Times het \u2019n opname bekend gemaak van die deel van die onderhoud om te bewys dat dit inderdaad vir Leadsom korrek aangehaal het.<\/p>\n<p>Leadsom het gister aan die Daily Telegraph ges\u00ea sy glo nie om kinders te h\u00ea het enige invloed op die vermo\u00eb om eerste minister te wees nie.<\/p>\n<p>\u201cEk is innig jammer dat enige iemand die indruk gekry het dat ek anders dink,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Britse politiek is in rep en roer met leierskap\u00adstryde wat in sowel die Konserwatiewe- as die Arbeidersparty woed. <\/p>\n<p>&#8216;n Lesbiese Wetgewer vir die Arbeiders, Angela Eagle, het &#8216;n veldtog van stapel gestuur om di\u00e9 party se leier, Jeremy Corbyn, uit die kussings te lig omdat hy pro-Palestyns is.<\/p>\n<p>Parlementslede uit die Arbeiders se geledere het vroe\u00ebr &#8216;n wantroue-\u00admosie teen Corbyn aanvaar.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Britse eerste minister, David Cameron sal vandag sy laaste kabinetsvergadering hou voordat hy die leisels aan Theresa May (foto hierbo) oorhandig. May is verkies tot leier van die Konserwatiewe party, nadat haar enigste teenstaander, Andrea Leadsom, aan die wedloop onttrek het. Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, is nou die enigste oorblywende &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39362\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Theresa May neem oor van Cameron&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39363,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[21829,4905,5174,22818,10615,7836,22817],"class_list":["post-39362","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-brexit","tag-brittanje","tag-israel","tag-jeremy-corbyn","tag-konserwatiewe-party","tag-referendum","tag-theresa-may"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39362","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39362"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39362\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39363"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39362"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39362"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39362"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}