{"id":39342,"date":"2016-07-11T20:57:06","date_gmt":"2016-07-11T18:57:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39342"},"modified":"2016-07-12T09:41:21","modified_gmt":"2016-07-12T07:41:21","slug":"brief-my-pa-was-n-donkie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39342","title":{"rendered":"Brief: My pa was &#8216;n donkie"},"content":{"rendered":"<p>My Pa het my altyd vertel hoe hulle op skool \u2018n bord met die woord \u201cDonkie\u201d om hulle nek moes dra elke keer as hulle swak gedoen het met die Engels. Nou vir \u2018n jong Boere-lat was Engels nie die maklikste ding op aarde nie en die gevolg was dat hy menige pouses as \u2018n \u201cDonkie\u201d saam met sy maats moes speel.<\/p>\n<p>Snaaks hoe dit wat eens was, maar net weer is. Kyk mens na die hele taaldebakel op ou Afrikaanse universiteite wat moet verengels, sien mens hierdie selfde Engelse (imperialistiese) hovaardigheid al weer voor ons afspeel. Afrikaans word in debat na debat beskou as uitgedien in die nuwe w\u00eareld en Engels, Engels, Engels, is al wat ons hoor. Wat skokkend is, is wanneer mens tot die besef kom dat die besluite oor die bestaan van Afrikaans nie geneem word deur Engelse mense nie, maar deur Afrikaanses. Dit wil voorkom of die Elite-Afrikaner tot die besef gekom het dat indien hulle hulle status wil behou, hulle moet wegbeweeg van die kombuistaal en meer gesofistikeerde Brits moet praat. In soveel woorde reken hulle Afrikaans is uitgedien en dat dit sinneloos is om aan te gaan om mense in die taal op te voed.<\/p>\n<p>Dus- Die Afrikaner-\/Afrikaanse akademiese elite se boodskap aan die res van ons is \u2013\u201cJulle tyd is verby\u201d. Hulle het boedel oorgegee en ons moet aanbeweeg. Hulle besluit namens ons dat hierdie volk met hierdie taal se toekoms nie meer relevant gaan wees nie. Nou goed- my Engels is nie van die beste nie, maar hier is \u2018n boodskap vir hulle in my beste Brits: \u201cTo hell with you!!\u201d As mens dit moet vertaal in Afrikaans kan dit ook lees: \u201cVlieg binne julle moer in!\u201d<\/p>\n<p>Vir te lank sit ons mense met hierdie Calvinistiese minderwaardigheidskompleks waar jy inherente respek toon aan iemand wat geleerdheid het. Hierdie (ver-)leiers van die volk wat na ons belang moet omsien, verkoop ons keer op keer uit vir hulle eie persoonlike gewin of om hulle eie opinie te bevorder. Die tyd het gekom om ons rug te draai op hierdie mense wat nalaat om ons belange te beskerm wanneer hulle in sodanige posisies is om dit te doen. Die besef moet tot ons deurdring dat ons volkie se voortbestaan in ons eie hande is en dat enige iemand wat dit teenstaan as vyandig beskou moet word. Vir te lank blameer ons die regering, ander rasse en politieke partye vir die verlies van ons eie bates terwyl die grootste skade aangerig word deur die Afrikaner-\/Afrikaanse Elite agter toe deure.<\/p>\n<p>Een van die groot uitdagings van universiteite was nog altyd die gaping tussen die akademie en die praktyk. Studente leer \u2018n ding in \u2018n boek, maar as hy in die praktyk instap, is dit baie anders. Net so het hierdie Elite \u2018n goeie akademiese punt, maar ons, die mense, is die praktyk en die twee is tans ver verwyderd.<\/p>\n<p>Ons volk het nie onstaan uit geleerdes nie; dit was rowwe bliksems wat hier aangekom het, harde manne wat op die myne gewerk het, bywoners was, geboer het en transport gery het oor die vlaktes en berge. Harde werkers. Donkies. Nou, behalwe vir die feit dat ons Saligmaker op \u2018n donkie die stad ingery het, is daar \u2018n ander ding van \u2018n donkie wat jy moet weet. Hy het \u2018n wil van sy eie. So hard soos wat hy kan werk, net so steeks kan die donner word. Vir jare het hulle bordjies om ons nekke gehang en ons \u201cDonkies\u201d genoem. Dalk is dit tyd om hierdie realiteit te aanvaar. Dalk is dit tyd om te aanvaar dat ons \u2018n hardwerkende, nederige, moedswillige volk is. Die tyd het gekom dat ons vassteek soos net \u2018n donkie kan en weier om \u2018n hel verder in die pad af te stap waarheen die Elite ons lei, \u2018n pad waar Afrikaans nie meer relevant is nie, \u2018n pad waar ons alles wat ons uniek maak, moet opoffer omdat dit akademies en polities nie aanvaarbaar is nie.<\/p>\n<p>My Pa was \u2018n \u201cdonkie\u201d. Eerlik, hardwerkend en nederig. Hy het die spot as kind verduur en met sy eie hande vir hom en vir sy gesin \u2018n lewe gemaak al was dit op daardie tydstip onaanvaarbaar om swak Engels te praat. Hy het gestaan by wat vir hom reg is, moedswillig en hardkoppig. Dalk is dit hoekom Oom Siener die volk altyd as donkies in sy gesigte gesien het. Die punt is &#8211; ek is eerder \u2018n opregte, moedswillige plaasdonkie as \u2018n geleerde joiner-elite. My pa was \u2018n donkie en so is ek. Jy kan nou maar vir \u2018n donkie lag, maar wee die dag as hy vir jou raakskop.<\/p>\n<p>&#8211; Vannermerwe<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My Pa het my altyd vertel hoe hulle op skool \u2018n bord met die woord \u201cDonkie\u201d om hulle nek moes dra elke keer as hulle swak gedoen het met die Engels. Nou vir \u2018n jong Boere-lat was Engels nie die maklikste ding op aarde nie en die gevolg was dat hy menige pouses as \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39342\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: My pa was &#8216;n donkie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39343,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[167,768,5075,22808],"class_list":["post-39342","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikaans","tag-afrikaner","tag-calvinisme","tag-donkie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39342","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39342"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39342\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39343"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39342"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39342"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39342"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}