{"id":39303,"date":"2016-07-10T12:02:09","date_gmt":"2016-07-10T10:02:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39303"},"modified":"2016-07-10T17:27:21","modified_gmt":"2016-07-10T15:27:21","slug":"dan-roodt-rasseoorlog-woed-van-dallas-tot-pretoria","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39303","title":{"rendered":"Dan Roodt: Rasseoorlog woed van Dallas tot Pretoria"},"content":{"rendered":"<p>N\u00e1 die swartmagsluipskutter Micah Johnson vyf blanke polisiemanne in Dallas doodgeskiet het, het die rassespanning w\u00eareldwyd verhoog. Volgens die polisiehoof van Dallas, David O. Brown, het Johnson het aan polisie ges\u00ea dat hy &#8220;onsteld is oor witmense. Die verdagte het verklaar dat hy witmense wil doodmaak, veral wit polisiebeamptes.&#8221;<\/p>\n<p>In Suid-Afrika was daar al vele sulke voorvalle van swart moordenaars wat blankes doodgemaak en die ras van hul slagoffer as motivering vir hul misdaad aangedui het. William Kekana, die 20-jarige swartman wat die hele Rawstone-gesin in Pretoria in 2003 vermoor het, waaronder die een jaar oue baba Kayla, het ook ges\u00ea dat hy hulle gedood het &#8220;omdat hulle blankes was&#8221;. Toe ek in my rubriek in die Sondagkoerant Rapport destyds daaroor wou skryf, het Tim du Plessis geweier om dit te publiseer en my dienste as rubriekskrywer be\u00ebindig, in &#8216;n tipiese reaksie van linkse sensuur en onverdraagsaamheid. Daarna het Leopold Scholtz, Max du Preez, Piet Croucamp, Marlene van Niekerk en ander my jare lank vervolg omdat ek glo &#8216;n &#8220;rassis&#8221; was, bloot omdat ek die aandag gevestig het op di\u00e9 nuwe verskynsel: dat swartes blankes begin doodmaak op grond van &#8216;n rassebewussyn.<\/p>\n<p>In die hof het William Kekana &#8220;apartheid&#8221; aangevoer as verskoning vir sy moorde. Hierna het die vroueregter, Monica Leeuw, aan hom gevra:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Het jy ges\u00ea dat jy &#8216;n blanke dame vermoor en verkrag het, asook haar kind doodgemaak het, vanwe\u00eb apartheid?&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Hierna het Kekana geantwoord:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Wel, nadat die ou dame (Rawstone) haar selfoon in die motor geantwoord het, is sy geskiet. Daarna het ons alles gedoen wat ons gedoen het omdat hulle wit was.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>The Star het die volgende dag &#8216;n voorbladberig daaroor geplaas met die titel:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;I killed them because they were white.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Toe die Berlynse Muur in 1989 afgebreek is en Oos-Europese kommunisme in duie gestort het, het vele meningskrywers en historici gedink dat dit &#8220;die einde van die geskiedenis&#8221; was en dat die links-regs-konflik van die afgelope twee eeue sedert die Franse Revolusie iets van die verlede was. Daar sou voortaan net &#8216;n w\u00eareld bestaan wat uit skakeringe van Regs bestaan, van hoofstroomkonserwatisme en liberale demokrasie tot nasionalisme, met slegs gematigde Europese sosialiste en Amerikaanse liberale aan die linkerkant van die politieke sentrum.<\/p>\n<p>Hoe het ons ons nie misgis nie! Want in die plek van die ou revolusion\u00eare marxisme-leninisme of mao\u00efsme het nou &#8216;n &#8220;nuwe Links&#8221; gekom: rasgedrewe, radikaal en antiwit. Die marxiste-leniniste het in die naam van &#8220;klas&#8221; gemoor; die nuwe multikulturele Links dood in die naam van ras.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika het ons die revolusion\u00eare politieke party, die EFF, wat openlik teen blankes uitvaar en al hul eiendom wil konfiskeer. Trouens, dit is deel van die party se verkiesingsmanifes dat blankes nie meer grond moet besit nie. Onlangs het die partyleier, Julius Malema, wat &#8216;n rooi, kwasi-milit\u00eare uniform dra, ges\u00ea dat &#8220;blanke kinders ondergeskik aan swart kinders moet wees&#8221;.<\/p>\n<p>By die links-liberale Johannesburgse dagblad <em>Beeld<\/em> bestaan daar aanhangers van die swart nasionalistiese revolusion\u00ear, Frantz Fanon. Omdat Media24-joernaliste gewoonlik nie baie slim is nie, lees hulle geen boeke nie, ook nie die geskrifte van hul ideologiese profete nie. Onlangs sien ek toevallig &#8216;n TV-gesprek tussen Bettie Kemp en Pieter du Toit, die &#8220;nasionale nuushoof &amp; politieke redakteur: Netwerk24&#8221; waarin hy na Fanon verwys het as iemand &#8220;wat gelykheid tussen wit en swart wil sien&#8221;. Dis nou al &#8216;n paar dekades sedert ek as student Fanon se boek <em>Les damn\u00e9s de la terre<\/em> in Nederlandse vertaling as <em>De verworpenen der aarde<\/em> by Boekhandel De Jong in Braamfontein gekoop en gelees het, maar n\u00earens kan ek onthou dat Fanon ooit so &#8216;n stelling gemaak het nie. Nog minder sou dit as &#8216;n opsomming van Fanon se radikale antiwit filosofie kon deurgaan.<\/p>\n<p>As &#8216;n mens &#8220;Fanonisme&#8221; in &#8216;n neutedop sou moes opsom, veral soos dit in &#8220;De verworepenen der aarde&#8221; na vore kom, berus dit op die beginsel dat &#8220;die koloniale blanke w\u00eareld deur swart of gekleurde geweld gereinig sal word&#8221;. Onder die &#8220;koloniale blanke w\u00eareld&#8221; kan ons ook die totale Westerse kultuur verstaan. Hoewel Fanon deur Karl Marx be\u00efnvloed is en ook deur die kommunistiese uitgewer in Frankryk, Fran\u00e7ois Maspero, uitgegee is, is hy veel radikaler as Karl Marx. Die vader van kommunisme wou net die ekonomiese stelsel op aarde verander; onderliggend aan Fanon se denke is &#8216;n soort &#8220;totale transformasie&#8221; wat alle aspekte van ons bestaan (ekonomie, politieke, kultuur, selfs biologie en ras) raak. Die middel daartoe is geweld, wat &#8216;n mens selfs terreur sou kon noem:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Wat is dit geweld dan in werkelijkheid? Dit hebben we gezien; het is het feit dat de gekoloniseerde massa&#8217;s intu\u00eftief aanvoelen dat hun bevrijding zich moet, zich alleen kan voltrekken door geweld.&#8221; (<em>De verworpenen der aarde<\/em>, in Nederlands vertaal deur Han Meyer, Bruna Boeken, 1973, bl. 54.)<\/p><\/blockquote>\n<p>Verder op dieselfde bladsy praat Fanon van &#8220;geweld wat die programpunt van &#8216;n politieke party kan vorm&#8221;.<\/p>\n<p>Op die stadium toe die ANC-SAKP &#8216;n terreurorganisasie was, was blinde geweld en terreur teen blankes en swart &#8220;verraaiers&#8221; wat met blankes saamwerk, eintlik die enigste idee wat die party bymekaar gehou het, dit is nou afgesien van Joe Slovo, Ronnie Kasrils en ander se trogloditiese marxisme.<\/p>\n<p>Volgens verskeie berigte, onder andere in die <em>New York Times<\/em>, is Micah Johnson ge\u00efnspireer deur swartmagbewegings soos die Black Panthers. Hy het ook die rooi, swart en groen Pan-Afrikaanse vlag op sy Facebookblad vertoon. Daardie kleure is natuurlik in die &#8220;nuwe&#8221; Suid-Afrikaanse vlag opgeneem, sodat ons nasionale vlag vandag in wese &#8216;n swartmagvlag is.<\/p>\n<p>Elders op Facebook het die Black Power Political Organisation n\u00e1 die skietery in Dallas die volgende boodskap geplaas:<\/p>\n<figure id=\"attachment_39304\" aria-describedby=\"caption-attachment-39304\" style=\"width: 960px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/black_power.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-39304 size-full\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/black_power.jpg\" alt=\"Black Power Political Organization BPPO Sniper assassins in Dallas\" width=\"960\" height=\"324\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/black_power.jpg 960w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/black_power-300x101.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/black_power-768x259.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 1362px) 62vw, 840px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39304\" class=\"wp-caption-text\">Black Power Political Organization BPPO Sniper assassins in Dallas<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die hoofstroommedia en die universiteite is oral in die Westerse w\u00eareld deur Links gekoloniseer. N\u00e1 1989 het almal van hulle van &#8220;klas&#8221; na &#8220;ras&#8221; oorgeskakel en &#8220;rassisme&#8221; (dit wil s\u00ea polities onkorrekte houdings of gedrag by blankes, swartes mag maak soos hulle wil) word as die grootste euwel beskou wat daagliks &#8220;beveg&#8221; moet word.<\/p>\n<p>&#8216;n Mens kan s\u00ea dat Links, wat ten spyte van Donald Trump, Marine Le Pen, Geert Wilders en Brexit, steeds oorheers, se obsessie oor ras &#8216;n nuwe &#8220;verdeel-en-heers&#8221;-strategie verteenwoordig. In die VSA baklei die blanke meerderheid en swart of Hispanistiese minderhede onderling; in Suid-Afrika is dit die swart meerderheid wat as rassemassa teen die blanke minderheid gemonster word.<\/p>\n<p>Bokant hierdie rasseburgeroorlog wat daagliks in die media aangehits word, troon die fameuse &#8220;een persent&#8221;, met miljard\u00ears soos George Soros (VSA) of Nathie Kirsh (Suid-Afrika), wat politieke bewegings en partye befonds en sodoende die &#8220;winde van verandering&#8221; in hul rigting laat waai. Na bewering befonds George Soros die BLM-beweging (Black Lives Matter) in die VSA wat gedurig op die aanval is oor Amerikaanse polisiegeweld teen swartes. Dat Amerikaanse swartes, al is hulle net dertien persent van die bevolking vir ongeveer die helfte van alle geweldsmisdaad verantwoordelik is, word natuurlik deur BLM en die media verswyg.<\/p>\n<p>Die (swart) polisiehoof van El Paso het so pas Black Lives Matter as &#8216;n &#8220;radikale haatgroep&#8221; beskryf en meen dat &#8220;die gevolge van Dallas te wyte is aan hul pogings (om swartes op te sweep)&#8221;:<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/7cJMSKCN5mI\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>Kirsh, wat in Potchefstroom gebore is, maar wat deesdae &#8216;n burger van Swaziland is wat maatskappye in belastingvrye eilande en state bedryf, het reeds vir Mamphela Ramphele en Julius Malema befonds.<\/p>\n<p>Die lys van politieke groeperings en individue wat deur George Soros se Open Society Foundation gefinansier word, is te lank om op te noem, waaronder Black Lives Matter en die &#8220;kleurrevolusies&#8221; in Oos-Europa.<\/p>\n<figure id=\"attachment_39305\" aria-describedby=\"caption-attachment-39305\" style=\"width: 294px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Assata_Shakur_FBI.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-39305\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Assata_Shakur_FBI.jpg\" alt=\"Assata Shakur\" width=\"294\" height=\"343\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Assata_Shakur_FBI.jpg 294w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/07\/Assata_Shakur_FBI-257x300.jpg 257w\" sizes=\"auto, (max-width: 294px) 85vw, 294px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-39305\" class=\"wp-caption-text\">Assata Shakur<\/figcaption><\/figure>\n<p>Assata Shakur se naam is ook oor die afgelope paar dae genoem, na aanleiding van die skietery in Dallas. Sy is &#8216;n voormalige lid van die Black Panther Party en die Black Liberation Army wat &#8216;n polisieman van die deelstaat New Jersey, Werner Foerster, doodgeskiet het. Sy word steeds as &#8216;n voortvlugtige in die VSA gesoek en het &#8216;n tyd lank in Kuba geskuil. Gerugte wil h\u00ea dat sy haar tans in Suid-Afrika bevind en die Media24-koerant, <em>City Press<\/em>, het reeds van haar artikels gepubliseer waarin sy antiwit gevoelens aanhits: <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Archives\/City-Press\/Listen-up-The-European-is-not-your-friend-20150429\">Listen up! The European is not your friend<\/a>. Toe ek by die Persombudsman daaroor beswaar maak, is ek deur City Press geleentheid gegun om daarop te <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=18637\">antwoord<\/a>.<\/p>\n<p>Laat dit insink: Ek as Afrikaanse skrywer mag nie in die blaaie van Media24-koerante skryf nie, of slegs by uitsondering en onder druk van die Persombudsman, maar &#8216;n voortvlugtige swart terroris soos Assata Shakur, gebore JoAnne Deborah Byron, mag wel.<\/p>\n<p>Soos wat polarisering tussen rasse- en etniese groepe in die VSA, Suid-Afrika en Europa toeneem, gaan die rasseoorlog &#8216;n werklikheid word. Plaasmoorde en huisaanvalle in Suid-Afrika is deel daarvan.<\/p>\n<p>Micah Johson se aanval op die blanke polisiemanne van Dallas verteenwoordig &#8216;n verhewiging van die rasseoorlog wat van Links aangeblaas word met begrippe soos &#8220;blanke bevoordeling&#8221;, &#8220;blanke rassisme&#8221; en &#8220;blanke heerssug&#8221; wat volgens Fanon en ander linkse denkers slegs deur naakte swart geweld besweer kan word.<\/p>\n<p>In die VSA blameer Barack Obama en Hillary Clinton reeds die polisie vir die toenemende swart geweld en terreur, net soos wat plaasmoorde en huisaanvalle op blankes in Suid-Afrika aan &#8220;die oorblyfsels van apartheid&#8221; of &#8220;blanke rassisme&#8221; toegeskryf word. Op Twitter het mev. Clinton soos volg op die swartmagaanval in Dallas gereageer:<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">White Americans need to do a better job of listening when African Americans talk about the seen and unseen barriers you face every day.<\/p>\n<p>\u2014 Hillary Clinton (@HillaryClinton) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/HillaryClinton\/status\/751542474972291072\">July 8, 2016<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Links het hul sentrale begrip van klasserevolusie vir die rasserevolusie verruil. Daarom kan ons verwag dat terreur nie net deur radikale Moslems gepleeg gaan word nie, maar ook deur swart nasionaliste. Die media met hul meesterverhaal van blanke rassisme en swart lyding skep die teelaarde daarvoor.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>N\u00e1 die swartmagsluipskutter Micah Johnson vyf blanke polisiemanne in Dallas doodgeskiet het, het die rassespanning w\u00eareldwyd verhoog. Volgens die polisiehoof van Dallas, David O. Brown, het Johnson het aan polisie ges\u00ea dat hy &#8220;onsteld is oor witmense. Die verdagte het verklaar dat hy witmense wil doodmaak, veral wit polisiebeamptes.&#8221; In Suid-Afrika was daar al vele &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39303\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Rasseoorlog woed van Dallas tot Pretoria&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[],"class_list":["post-39303","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39303","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39303"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39303\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39303"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39303"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39303"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}