{"id":39291,"date":"2016-07-08T06:51:25","date_gmt":"2016-07-08T04:51:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39291"},"modified":"2016-07-08T06:51:25","modified_gmt":"2016-07-08T04:51:25","slug":"geen-duitse-geld-vir-namibiese-volksmoordnasate-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39291","title":{"rendered":"Geen Duitse geld vir Namibiese volksmoordnasate nie"},"content":{"rendered":"<p>Die nasate van slagoffers van die 1904 tot 1908 volksmoord kan nie enige verwagtinge koester dat groot bedrae geld aan hulle in reparasie uitbetaal sal word nie.<\/p>\n<p>Die Duitse spesiale gesant vir die reparasie-dialoog tussen die twee lande, Ruprecht Polenz (foto hierbo), het Woensdag gedurende sy drie dae lange besoek aan Namibi\u00eb ges\u00ea die onderhandelinge word nie \u201cin &#8216;n monet\u00eare lig\u201d beskou nie en dat voorstelle vir verskeie projekte en programme reeds voorgel\u00ea is. <\/p>\n<p>Christiaan Schlaga, die Duitse ambassadeur in Namibi\u00eb, het die stelling ondersteun en benadruk die idee dat geld gaan instroom, is misleidend. <\/p>\n<p>\u201cProjekte en programme kos geld, maar daar sal nie \u2019n enkelbedrag oorgedra word nie,\u201d het Schlaga ges\u00ea. <\/p>\n<p>Polenz het Maandag in die land aangekom vir samesprekinge met sy Namibiese\u00ad eweknie sowel as met die geraakte Nama- en Herero-gemeenskappe. <\/p>\n<p>Met sy besoek aan pres. Hage Geingob het hy \u2019n brief van die Duitse federale president, Joachim Gauck, oorhandig.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea Gauck stel \u201cintens belang\u201d in die onderhandelinge wat hy hoop goeie resultate gaan lewer en is bereid om op enige manier \u2019n bydrae te maak. <\/p>\n<p>Polenz het die eerste dag met die Nama-\u00adhoofman, Dawid Fredericks, en sy twee seuns, Ruben en Dawid, op Shark-eiland vergader. Hy het ook met die Witbooi-gemeenskap, en veral hoofman Salomon Witbooi, op Gibeon gesels.<\/p>\n<p>Polenz het ges\u00ea gedurende sy gesprek met die Herero-gemeenskap het opperhoofman adv. Vekuii Rukoro aangedring dat die Duitse regering met hom die vergoedingsonderhandelinge voer &#8211; met moontlike fasilitering deur die \u00adNamibiese regering. <\/p>\n<p>\u201cDuitsland kan nie aan hierdie versoek voldoen nie. Die onderhandelingsraamwerk wat deur die Namibiese regering geskep is, is voldoende. Omdat daar projekte en programme ter sprake is, moet ons met die regering onderhandel. Ons wil \u2019n resultaat h\u00ea wat vir almal aanvaarbaar is,\u201d het Polenz ges\u00ea. <\/p>\n<p>Oor die Nama- en Herero-versoeke\u00ad om direk aan die onderhandelinge deel te neem, het Polenz ges\u00ea hy is bewus dat die Namibiese regering \u2019n inklusiewe proses wil h\u00ea en dit van die Namibiese regering afhang. <\/p>\n<p>Hoewel daar nie \u2019n sperdatum vir die afhandeling van die onderhandelinge is nie, hoop Duitsland om dit teen die einde van die jaar te voltrek, voor die verkiesings volgende jaar in di\u00e9 land. <\/p>\n<p>\u201cOns is die mense wat om vergifnis smeek. Ons kan nie die proses aanjaag en onsself dan verskoon nie,\u201d het Polenz ges\u00ea. <\/p>\n<p>Die volgende ronde van onderhandelinge in September sal fokus op die inhoud en verwoording van die ooreenkoms, wat vertroulik gehou sal word tot die finalisering daarvan. <\/p>\n<p>Deel van die ooreenkoms sal \u2019n amptelike verskoning aan die betrokke gemeenskappe insluit, het Polenz ges\u00ea. <\/p>\n<p>Dit sal ook \u2019n politieke verklaring met \u2019n konsepdokument insluit aangesien die saak \u2019n politieke en morele kwessie is en om \u2019n \u201cbeter, gesamentlike toekoms\u201d te bewerkstellig, het Polenz ges\u00ea.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nasate van slagoffers van die 1904 tot 1908 volksmoord kan nie enige verwagtinge koester dat groot bedrae geld aan hulle in reparasie uitbetaal sal word nie. Die Duitse spesiale gesant vir die reparasie-dialoog tussen die twee lande, Ruprecht Polenz (foto hierbo), het Woensdag gedurende sy drie dae lange besoek aan Namibi\u00eb ges\u00ea die onderhandelinge &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39291\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geen Duitse geld vir Namibiese volksmoordnasate nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39292,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5227,6831,22797,22796,2261],"class_list":["post-39291","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-duitsland","tag-namibie","tag-president-gauck","tag-reparasies","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39291","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39291"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39291\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39292"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39291"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39291"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39291"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}