{"id":3921,"date":"2009-01-12T07:21:56","date_gmt":"2009-01-12T07:21:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3921"},"modified":"2009-01-12T07:21:56","modified_gmt":"2009-01-12T07:21:56","slug":"gedoe-oor-rasseterme-verraai-westerse-siekte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3921","title":{"rendered":"Gedoe oor rasseterme verraai Westerse siekte"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die jongste sensasionele item wat die beroemde Britse poniekoerante aan ons opdis, oor prins Harry se gebruik van die woord &quot;Paki&quot;, is egter &#39;n perd van &#39;n ander kleur, by wyse van spreke. Die term, wat die Engelse prins al &#39;n hele tyd gelede tydens &#39;n privaatgesprek in &#39;n grap gebruik het, word tans aan die groot klok gehang. Selfs die Britse eerste minister, Gordon Brown, het hom verplig gevoel om te verklaar dat die gebruik van die woord &quot;Paki&#8230; onaanvaarbaar is en geen plek in die Britse samelewing het nie&quot;.<\/p>\n<p>&quot;Paki&quot; kan beswaarlik &#39;n vloekwoord wees, aangesien die nagenoeg 173 miljoen inwoners van Pakistan dit trots as die prefiks van hul vaderland se naam gebruik. Weliswaar beskik &quot;Paki&quot; binne &#39;n bepaalde konteks &#8211; soos die woord &quot;Boer&quot; insgelyks &#8211; oor negatiewe konnotasies, maar kan &#39;n mens iemand kwets met &#39;n lettergreep wat gedeeltelik sy land van herkoms benoem?<\/p>\n<p>Op &#39;n ander vlak verraai die huidige herrie rondom Harry egter die Westerse siekte wat met &quot;wit skuld&quot; verband hou. Gekleurdes beledig elke dag blankes, en geen haan kraai daarna nie. So pas het twee swart polisiemanne &#39;in Suid-Afrika n boer van Odendaalsrus &#39;n &quot;wit hond&quot; genoem en hom met &#39;n wapen gedreig. Sulke bullebakkery, nogal deur die polisie, veroorsaak geen nasionale of internasionale insident nie, omdat die daders swartes is en die slagoffer &#39;n blanke.<\/p>\n<p>Die omgekeerde, selfs waar iets taamlik onskuldigs soos die uiter van &quot;Paki&quot; deur &#39;n lid van die Britse koninklike gesin ter sprake is, word as &quot;rassisties&quot; verwerp en daar word selfs oproepe om straf en vervolging gedoen.<\/p>\n<p>Westerlinge se oordrewe skuldgevoelens oor hul koloniale verlede speel &#39;n rol by die histrioniese openbare boetedoening waaraan Gordon Brown hom nou ook skuldig maak. Gekleurdes beskou &quot;rassisme&quot; en alles wat daarmee saamhang as &#39;n godgegewe geskenk waarmee blankes ge&iuml;ntimideer maar ook verdeel kan word met as uiteindelike doelwit die aftakeling van die Westerse kultuur en identiteit. In &#39;n land soos Suid-Afrika het vele gekleurdes al ryk geword uit blanke skuldgevoelens en verteenwoordig die ANC se transformasiewetgewing &#39;n meer radikale vorm van eertydse Amerikaanse wetgewing rondom voorkeurbehandeing vir swartes op vele gebiede, ook wat sake en handel betref.<\/p>\n<p>Ongeag die manewales van die Britse poniepers wat meen dat hulle prins Harry met sy jongste faux pas op heterdaad betrap het, word Brittanje steeds deur Britte regeer en is hul amptelike taal steeds Engels. Suid-Afrika, daarenteen, word nie meer deur Afrikaners regeeer nie en Afrikaans het so te s&ecirc; as opebare en ampstaal in ons land verdwyn. In Brittanje bestaan daar ook nie die soort drakoniese en anti-blanke transformasiewetgewing wat &#39;n mens in Suid-Afrika aantref nie.<\/p>\n<p>Vir Afrikaners verteenwoordig die nuwe moralisme of Victorianisme rondom ras &#39;n luukse wat ons nie kan bekostig nie. Ons sukkel naamlik om te oorleef in &#39;n land waar een ras en etniese groep &#39;n ander onbeskaamd oorheers. Ons bevind ons gewoonlik aan die ontvangkant van rassistiese gedrag of rassehaat.<\/p>\n<p>Daarom behoort ons, anders as die Britte nou met hul prins, nie onder mekaar vlie&euml; af te vang oor die gebruik van redelik onskuldige skeltaal nie.<\/p>\n<p>Ons probleem &#8211; om as rasseminderheid op &#39;n swart vasteland te oorleef &#8211; is soveel groter as om &quot;Paki&quot; te s&ecirc; of nie te s&ecirc; nie.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/hamams\/\">\u0445\u0430\u043c\u0430\u043c \u0441\u043f\u0431<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><\/p>\n<div align=\"justify\"> Skinderstories oor die Britse koninklike gesin wat plaaslik opgeslurp word, bevestig gewoonlik die koloniale aard van die Suid-Afrikaanse samelewing of ten minste &#39;n deel daarvan.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[3772,21107,21093],"class_list":["post-3921","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-gedoe-oor-rasseterme-verraai-westerse-siekte","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3921","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3921"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3921\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3921"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3921"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3921"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}