{"id":39209,"date":"2016-07-05T09:25:45","date_gmt":"2016-07-05T07:25:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39209"},"modified":"2016-07-05T10:00:44","modified_gmt":"2016-07-05T08:00:44","slug":"bob-blameer-derde-mag-vir-opstand-in-zim","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39209","title":{"rendered":"Bob blameer &#8216;derde mag&#8217; vir opstand in Zim"},"content":{"rendered":"<p>Verslae uit Zimbabwe s\u00ea ten minste 30 mense is in hegtenis geneem oor gewelddadige betogings Maandag in die land.<\/p>\n<p>Die regering het ges\u00ea hulle sal &#8216;n moontlike derde mag agter die onlangse betogings wat opgevlam het, ondersoek.<\/p>\n<p>Vrydag is &#8216;n regeringspakhuis by Beitbrug afgebrand, &#8216;n kitskoswinkel is geplunder en verkeersligte is ook gevandaliseer.<\/p>\n<p>Die betogers het die stoor afgebrand oor Zimbabwe se besluit om &#8216;n verbod op \u2018n groot aantal invoere te plaas.<\/p>\n<p>Betogers in die hoofstad het op &#8216;n vernietingstog gegaan met klippe en brandende bande om paaie na die middestad van Harare af te sper.<\/p>\n<p>Hulle het ges\u00ea hulle sal nie toelaat dat enige voertuie die stad bereik totdat die polisie hul daaglikse padblokkades staak nie.<\/p>\n<p>Frustrasies oor die vinnig verswakkende ekonomiese omstandighede in Zimbabwe, tesame met ontevredenheid oor beweerde regeringkorrupsie en onbevoegdheid, het tot byna daaglikse betogings in onlangse weke gelei. <\/p>\n<p>PRAAG het met swart reisigers in Zimbabwe gesels wat beweer dat die polisie glo &#8216;n aanslag op Mugabe vrees. Hulle stel egter met di\u00e9 verskoning padblokkades op om buitelanders se besittings en geld te eis.<\/p>\n<p>Die betogers eis ook dat korrupte polisiebeamptes wat geld vra by die padblokkades in hegtenis geneem word.<\/p>\n<p>Protes is aangemeld in Ruwa, Zimre Park, Hatfield, Epworth en Mabvuku waar paaie met klippe afgesper is en enige voertuie wat die stad wou bereik, met klippe bestook is.<\/p>\n<p>Intussen het Zimbabwe se minister van arbeid Supa Mandiwanzira staatsamptenare gevra om geduld te gebruik as hul nie hul salarisse ontvang nie.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea die regering het geen kontantvloei nie, maar dinge sal binnekort terugkeer na normaal.<\/p>\n<p>Intussen is verneem dat ten minste 71 mense reeds in hegtenis geneem is in verband met betogings die naweek aan die grens tussen Zimbabwe en Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Beitbrug-grenspos is sedertdien gesluit.<\/p>\n<p>In \u2018n afsonderlike verwikkeling het staatsdokters en ander regeringswerkers ges\u00ea hulle sal staak omdat die regering nie daarin kon slaag om hul Junie-salarisse betyds te betaal nie.<\/p>\n<p>Die minister van finansies, Patrick Chinamasa, het by Westerse lande gepleit om finansiering in die vorm van lenings wat meer as twee dekades gelede gestaak is, aan Zimbabwe toe te staan.<\/p>\n<p>Internasionale finansiering het opgedroog toe Zimbabwe nie in staat was om sy buitelandse skuld terug te betaal nie asook weens internasionale sanksies wat vanwe\u00eb kommer oor die skending van demokratiese regte ingestel is. <\/p>\n<p>Verlede maand het \u2018n anti-regeringbetoger krete in die ingangsportaal van \u2018n luukse hotel in Harare geskree en die polisie uitgejou totdat hulle inbeweeg en hom weggesleep het. <\/p>\n<p>Die aktivis het sy woede betoon teenoor die visepresident, Phelekezela Mphoko, wat glo vir 18 maande in \u2018n hotelsuite in Harare teen \u2018n koste van US$400 per nag tuisgegaan het. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verslae uit Zimbabwe s\u00ea ten minste 30 mense is in hegtenis geneem oor gewelddadige betogings Maandag in die land. Die regering het ges\u00ea hulle sal &#8216;n moontlike derde mag agter die onlangse betogings wat opgevlam het, ondersoek. Vrydag is &#8216;n regeringspakhuis by Beitbrug afgebrand, &#8216;n kitskoswinkel is geplunder en verkeersligte is ook gevandaliseer. Die betogers &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39209\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bob blameer &#8216;derde mag&#8217; vir opstand in Zim&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39210,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5806,1665,5593,5488,2251],"class_list":["post-39209","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-betogings","tag-geweld","tag-onrus","tag-oproer","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39209","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39209"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39209\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39210"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39209"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39209"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39209"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}