{"id":39178,"date":"2016-07-03T07:12:11","date_gmt":"2016-07-03T05:12:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39178"},"modified":"2016-07-03T07:12:11","modified_gmt":"2016-07-03T05:12:11","slug":"prof-christof-heyns-verkies-tot-verenigde-nasies-se-menseregtekomitee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39178","title":{"rendered":"Prof Christof Heyns verkies tot Verenigde Nasies se Menseregtekomitee"},"content":{"rendered":"<p>Prof Christof Heyns, voormalige Direkteur van die Sentrum vir Menseregte en Professor in Menseregte aan die Universiteit van Pretoria (UP), is in Maart 2016 deur die Suid-Afrikaanse Regering genomineer as sy kandidaat vir die hoog aangeskrewe 18-lid Mensregtekomitee van die VN. Hy is op 23 Junie 2016 in New York as lid van di\u00e9 komitee verkies.<\/p>\n<p>Prof Heyns het die afgelope ses jaar as die VN se Spesiale Rapporteur oor buitegeregtelike, summiere en arbitr\u00eare teregstellings gedien. In di\u00e9 hoedanigheid was hy direk betrokke by van die grootste uitdagings in die internasionale gemeenskap, insluitende die gevolge van die oorlo\u00eb in Sri Lanka en die Oekra\u00efene. Hy is ook een van drie internasionale kenners verantwoordelik vir die VN se Onafhanklike Ondersoek na Burundi en dien as voorsitter van die groep. Baie min menseregtekenners het so &#8216;n wye verskeidenheid topposte op die gebied van die internasionale menseregtestelsel beklee.<\/p>\n<p>Prof Heyns gee onderrig in Menseregte aan UP, Oxford Universiteit, die American University in Washington DC en die Universiteit van Gen\u00e8ve. Hy het artikels vir talle internasionale publikasies die lig laat sien, onder meer oor gewapende hommeltuie, die bestuur van betogings, die gebruik van geweld deur wetstoepassingsbeamptes, asook menseregte in Afrika.<\/p>\n<p>Prof Heyns sal vanaf 27 Junie tot 8 Julie 2016 in Suid-Afrika wees, waartydens hy onderhoude oor sy werk sal toestaan. Hy sal drie maande per jaar in Gen\u00e8ve woon waar die sittings van die VN se Menseregtekomitee plaasvind.<\/p>\n<p>Sy vader, die teoloog dr. Johan Heyns, is in die vroe\u00eb negentigerjare deur &#8216;n sluipmoordenaar om die lewe gebring.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Prof Christof Heyns, voormalige Direkteur van die Sentrum vir Menseregte en Professor in Menseregte aan die Universiteit van Pretoria (UP), is in Maart 2016 deur die Suid-Afrikaanse Regering genomineer as sy kandidaat vir die hoog aangeskrewe 18-lid Mensregtekomitee van die VN. Hy is op 23 Junie 2016 in New York as lid van di\u00e9 komitee &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39178\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Prof Christof Heyns verkies tot Verenigde Nasies se Menseregtekomitee&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39179,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[22760,22761,5505],"class_list":["post-39178","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-christof-heyns","tag-menseregtekomitee","tag-vn"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39178","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39178"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39178\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39179"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39178"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39178"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39178"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}