{"id":39150,"date":"2016-07-01T20:30:53","date_gmt":"2016-07-01T18:30:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39150"},"modified":"2016-07-01T20:51:55","modified_gmt":"2016-07-01T18:51:55","slug":"39150","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39150","title":{"rendered":"Skokbesluit van Boris Johnson se vertroueling lei tot sy bedanking"},"content":{"rendered":"<p>Een van die groot Brexit-voorstanders en Britse minister van justisie, Michael Gove, het in skokaangekondig verklaar dat hy verkiesbaar is om David Cameron as Brittanje se eerste mi\u00adnister op te volg. <\/p>\n<p>Hy het terselfdertyd \u2019n skerp aanval van stapel gestuur op sy referendum-bondgenoot, Boris Johnson, wat intussen sy uittrede aangekondig het.<\/p>\n<p>\u201cEk wou help bou aan die span agter Boris Johnson sodat \u2019n politikus wat ten gunste van Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) \u2019n veldtog gevoer het, ons na \u2019n beter toekoms kan lei,\u201d het Gove ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEk het egter tot die slotsom gekom dat Boris nie die leierskap kan bied of die span kan bou vir die taak wat voorl\u00ea nie. Om di\u00e9 rede het ek besluit om my vir die leierskap beskikbaar te stel,\u201d het hy bygevoeg.<\/p>\n<p>Die aankondiging is \u2019n gevoelige slag vir die voormalige burgemeester van Londen, wat ook sy kandidatuur wou aankondig.<\/p>\n<p>Selfs meer dramaties nog: Teen 11:53 voormiddag, net sewe minute voor die afsnytyd om die Toryleierskapstryd te betree, het Johnson kop uitgetrek.<\/p>\n<p>Gove was aanvanklik geoormerk as \u2019n potensi\u00eble minister van finansies in \u2019n Johnson-regering, maar die momentum het nou skerp in die rigting van die minister van binnelandse sake, Theresa May, geswaai. Sy het reeds haar kandidatuur aangekondig. <\/p>\n<p>Boris Johnson het ges\u00ea die verantwoordelikheid vir die implementering van Brexit is nou aan &#8220;iemand anders&#8221; toevertrou na hy homself dramaties uit die wedloop onttrek het.<\/p>\n<p>Op &#8216;n vraag of hy &#8220;verraai&#8221; voel deur sy langtermyn-vriend en kollega het hy geantwoord: &#8220;Ek kan ongelukkig nie verder gaan om te doen wat ek wou doen nie, so dit sal nou iemand anders wees en ek wens hom alle moontlike sukses toe.&#8221;<\/p>\n<p>Johnson het ges\u00ea hy het geen berou oor die veldtog nie en vra mense om positief te bly. Hy het die kritiek Michael Heseltine as &#8220;volledige nonsens&#8221; afgemaak.<\/p>\n<p>Aan die Arbeidersparty se kant staar Jeremy Corbyn, wat Dinsdag \u2019n gevoelige slag toegedien is toe partylede \u2019n mosie van wantroue teen hom aanvaar het, groot uitdagings in die gesig.<\/p>\n<p>Albei partye is in chaos gedompel n\u00e1 Donderdag se referendum waarin Britte gestem het om uit die Europese Unie te tree. <\/p>\n<p>Die president van die Bank van Engeland het intussen aangedui dat rentekoerse aanstande maand waarskynlik verder verlaag sal moet word in reaksie op Brittanje se besluit om die Europese Unie te verlaat. <\/p>\n<p>Die president, Mark Carney, s\u00ea die onsekerheid wat deur die onttrekking aan die EU geskep is, kan vir &#8216;n geruimte tyd nog &#8216;n uitwerking h\u00ea op die land se ekonomie. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea die sentrale bank sal alles in sy vermo\u00eb doen om dit teen te werk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die groot Brexit-voorstanders en Britse minister van justisie, Michael Gove, het in skokaangekondig verklaar dat hy verkiesbaar is om David Cameron as Brittanje se eerste mi\u00adnister op te volg. Hy het terselfdertyd \u2019n skerp aanval van stapel gestuur op sy referendum-bondgenoot, Boris Johnson, wat intussen sy uittrede aangekondig het. \u201cEk wou help bou &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39150\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Skokbesluit van Boris Johnson se vertroueling lei tot sy bedanking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39151,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[20300,22715,21829,22754,22753],"class_list":["post-39150","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-arbeiders","tag-boris-johnson","tag-brexit","tag-michael-gove","tag-tory"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39150","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39150"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39150\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39151"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39150"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39150"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39150"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}