{"id":3911,"date":"2009-01-09T10:43:55","date_gmt":"2009-01-09T10:43:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3911"},"modified":"2009-01-09T10:43:55","modified_gmt":"2009-01-09T10:43:55","slug":"daardie-ou-koei-apartheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3911","title":{"rendered":"Daardie ou koei, apartheid"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Almal in die SAW het van di&eacute; verbod geweet maar niemand kon met  sekerheid s&ecirc; waar dit vandaan gekom of wie dit uitgevaardig het nie. Dit  het van &ldquo;bo&rdquo; afgekom en was &#39;n algemeen aanvaarde feit. Die gesprek het  weggeswenk na ander sake totdat &#39;n peinsende PW dit onderbreek het. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"> Hierdie ding van die tenks wat verbied is, het hy ges&ecirc;, hy weet niks  daarvan nie. Hy weet wel dat h&yacute; nooit van so &#39;n verbod gehoor het of dit  goedgekeur het nie. Die vergadering was stomverbaas. Sover dit milit&ecirc;re  sake in Suid-Afrika betref het, was PW so &ldquo;bo&rdquo; as wat &ldquo;bo&rdquo; kan wees;  &ldquo;bo&rdquo; hom was daar niks nie. Almal het maar net hierdie verbod aanvaar en  dit nooit getoets nie. Daarna kon die beplanners die aanwending van  Olifanttenks in hulle taktieke inwerk. <\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\"> Die onbetwiste w&ecirc;reldleiers in die aanwending van die algemeen aanvaarde  feit (eintlik moet ons dit in hoofletters skryf: AAF) is die liberale  propagandasmouse wat die Afrikaners van die &lsquo;90&rsquo;s en die dekade daarna  &#39;n rat voor die o&euml; gedraai het. Die AAF soos ons dit hier aantref, is &#39;n  stelling waarin die waarheid ten beste slegs brokkiesgewys  verteenwoordig word. Dit is met ander woorde &#39;n mite wat in die  kollektiewe nasionale bewussyn gevestig is deur dit aanvanklik met drif  te verkondig en onophoudelik in die openbare debat te herhaal. Dit word  van &#39;n standpunt na &#39;n AAF verhef wanneer die aanvoerder daarvan dit as  &#39;n vasgestelde waarheid behandel, so al asof daar &#39;n konsensus in die  debat daaroor bereik is. Dit word ortodoksheid en di&eacute; wat daarteen sou  redeneer is &#39;n sosiaal-historiese ketter.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"> Hierdie Algemeen Aanvaarde Feit word egter afgetakel wanneer dit vir  welke rede ook al herbesoek word. Dan word dit soos &#39;n defektiewe produk  herroep na die openbare debat waar die waarheid di&eacute; keer die finale  oordeel daaroor sal vel. &#39;n Goeie demonstrasie hiervan is juis die Slag  van Cuito Cuanavale.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Di&eacute; uitmuntende SAW-prestasie was net nie deel van die volksbewussyn  nie. Toe dit plaasgevind het in 1987-&rsquo;88 was die NP-leierskap te besig  om polities suutjies te trap in hulle proses van onvoorwaardelike  oorgawe om die slag te vier op die wyse wat dit verdien het. Naspers,  met hulle onfeilbare opportunistiese neuse teen die politieke grond, het  dit toe al lankal as onfatsoenlik gesien om Afrikanerprestasies te vier.  In die nasionale bewussyn was Cuito Cuanavale &#39;n vormlose stukkie  geskiedenis waarrondom &#39;n vae gevoel van katastrofe gedrapeer was. &#39;n  SAW-nederlaag by Cuito Cuanavale het &#39;n Algemeen Aanvaarde Feit geword.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En so sou dit gebly het, totdat die smalende ANK in hulle misplaaste  hubris besluit het om die Kubane se gewaande skynoorwinning twintig jaar  na die slag te vier. Toe het dit weer &#39;n legitieme debatspunt geword.  Di&eacute; keer het die waarheid gese&euml;vier. Vir die eerste keer het die gewone  Afrikaner bewus geword van die uitmuntende, klinkklare, glorieryke en  onbetwisbare oorwinning wat die SAW behaal het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die liberalis, daardie weergalose formuleerder van AAF&rsquo;s, se swakheid l&ecirc;  daarin dat hulle, wanneer hulle posisie begin wankel, dit probeer stut  deur die Algemeen Aanvaarde Feite met hernude drif te verdedig.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die volgende feitestel wat begin vibreer op die buitewyke van die  openbare debat is di&eacute; van Apartheid. Tans is dit &#39;n Algemeen Aanvaarde  Feit dat Apartheid &#39;n stelsel van onverdunde boosheid was, ontwerp om te  onderdruk en toegepas om die landsmeerderheid onder die hak te hou.  Volgens die AAF was daar geen versagtende waarde in Apartheid nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die romanskrywer Deon Meyer demonstreer di&eacute; knieplukreaksie wanneer hy  benoud s&ecirc; dat, ongeag van die heersende omstandighede in die land, alles  beter is as Apartheid.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar wanneer die kontras tussen die voorspoed vir almal onder Apartheid  toenemend vergelyk word met die algehele verval onder die ANK-regime,  begin mense hardop torring aan die AAF. Wanneer die smalende strydwyf,  Mamphela Rampela, byvoorbeeld op &#39;n konferensie mor dat die  Bantoe-onderwys van Apartheid ver superieur is bo vandag se  opvoedingsdebakel, kan ons maar weet dat Apartheid ingeskryf word op die  onderwerpslys van die openbare debat.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Wat volgende gebeur is dat &#39;n paar skril stemme begin skrei oor die  instelling van Apartheid. Die rasieleiers in hierdie reaksie is,  onvermydelik, die Nasperskoerante en hulle diep deskundiges ter  ondersteuning in die verbasendste plekke op. Een van die opvallendste  was di&eacute; van &#39;n volbloed Dopperprofessor.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In Beeld van die 30ste Desember gryp Professor Amie van Wyk die  aflosstokkie wat so wiggel-waggel in die greep van die onderhouers van  die AAF van Apartheid. Daarmee storm hy holderstebolder in &#39;n  suigsandmoeras van onsinnigheid in.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In sy rubriek, &ldquo;Kerk moet sy o&euml; op die groot vraag hou,&rdquo; versaak hy  verskeie eksegetiese sleutels waarop die Gereformeerde Kerk homself vir  so lank geroem het. Eers kug hy in taal wat vol fronse is oor wat hy  &ldquo;biblisisme&rdquo; noem. Hy beskryf dit as &ldquo;daardie benadering waar jy vooraf  &#39;n standpunt inneem en dan op soek gaan na losstaande Bybeltekste om jou  standpunt te begrond.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">D&iacute;t, s&ecirc; hy, is &ldquo;wat met apartheid gebeur het.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;Daar staan tog duidelik in Handelinge 17:26 dat God &lsquo;voorafbepaalde tye  en die grense van hulle [al die nasies se] woonplek vasgestel het.&rsquo;&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Hy trek dit dan deur na die Afrikanernasie (sic.) &ldquo;En dit geld &lsquo;al die  nasies,&rsquo;&rdquo; skryf hy, &ldquo;dus ook die grense en die woonplek van die  Afrikanernasie.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;Wie kan nou daarteen stry?&rdquo; vra hy voordat hy oombliklik daarteen begin  stry.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Hy s&ecirc; dit is &#39;n &ldquo;groteske wyse&rdquo; om die Bybel te gebruik omdat daar dan  vergeet word van die versoeningswerk van Christus. Die kerk is &ldquo;nuwe  skepping van God&#8230; wat alle grense van taal en kultuur oorstyg.&rdquo; Om dit  te staaf verwys hy na Efesi&euml;rs 2:15-18.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En net hier versaak die liewe professor die beginsels van gesonde  eksegese. Hy maak van &#39;n beginsel gebruik wat akademies bloedarmoedig  is. Dit is bekend as die &ldquo;Skrif verklaar Skrif&rdquo;-metode. Dit is  byvoorbeeld &#39;n ou staatmaker van die Charismatiese beweging wanneer  hulle gekonfronteer word deur Skriftuurlike aanwysings wat ongerieflik  in hulle teologie l&ecirc;. Hulle pypkan dit bloot deur te redeneer die  stukkie kan nie op sy eie verstaan of aanvaar word nie. Dan paradeer  hulle &#39;n ander Skrifgedeelte waarmee hulle meer gerieflik is.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die professor doen dieselfde. Hy s&ecirc; as&rsquo;t ware: &ldquo;Vergeet nou eers van  Handelinge 17:26. Kom ons gaan kyk na Efesi&euml;rs 2:15-18.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Daarmee probeer hy &#39;n bepaalde deel uit die Bybel wegskryf, of ten  minste onder die mat van &#39;n ander stuk in vee. Maar ons k&aacute;n nie van die  Handelinge-gedeelte vergeet nie. Daar staan dit, elke keer wat ons die  Bybel daar oopmaak. Die gedeelte in Efesi&euml;rs is nie &#39;n reinigingsmiddel  wat di&eacute; in Handelinge oplos en verwyder nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die regte benadering, die een wat die professor so goedsmoeds  verontagsaam, is om Handelinge 17:26 behoorlik te ontleed volgens die  sleutels van behoorlike eksegese wat metodes insluit soos oorweging van  die liter&ecirc;r-historiese agtergrond daarvan, die konteks en die taal  waarin dit geskryf is. Daar kan dan geen twis wees nie: Die Here h&eacute;t  volke se gebiedsgrense vasgestel en as d&iacute;t &#39;n grondslag vir Apartheid  is, nou ja, dan het di&eacute; stelsel &#39;n Bybelse ondersteuning.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die keuse van die gedeelte in Efesi&euml;rs is ook vir die arme professor se  betoog &#39;n ongelukkige een. Dit gaan d&aacute;&aacute;rin oor die toegang wat heidense  volke tot die reddingswerk van Christus het. &#39;n Konsekwente toepassing  daarvan volgens die professor se voorstel sou tot gruwelike onsinnigheid  lei, soos dat ons die aanwysings in Romeine 13, dat die regering die  plig het om die burgers van &#39;n land teen boosdoeners te beskerm, ook  moet verontagsaam. Die professor stel dus voor dat ons van ons  veiligheidsdienste ontslae moet raak. Jesus h&eacute;t mos vrede en  medemenslikheid kom bewerkstellig.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie, het die ou mense gewaarsku.  Laat slapende honde met rus. Apartheid is &#39;n ou koei met lang slagtande.  So lank as wat die liberalisskrywers die gewaande, onberedderbare  boosheid daarvan as &#39;n Algemeen Aanvaarde Feit met rus laat, sal dit  hulle nie byt nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar in hulle toenemende desperaatheid sleep hulle dit nou al hoe meer  weer in die openbare debat in.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die ou koei kom uit die sloot; die iesegrimmige hond ontwaak. En ek  voorspel dat die hare gaan waai. <\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">no deposit casino free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lb.ua\/society\/2015\/02\/23\/296529_prokuror_harkova_uvolilsya_tri_dnya.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/gustav2.jpg\" width=\"85\" height=\"94\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Uit my huidige navorsing oor die Grensoorlog het ek op &#39;n interessante  obiter-feit afgekom. Tydens die voorbereiding vir die onaangenaamheid by  Cuito Cuanavale het die toenmalige president, PW Botha, &#39;n strategiese  beplanningsessie bygewoon. Iewers tydens die geskrum rondom planne,  idees en inligting, het &#39;n relatiewe junior offisier die opmerking  gemaak dat dit half jammer is dat daar &#39;n staande verbod op die gebruik  van slagtenks in Angola is. <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-3911","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3911","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3911"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3911\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3911"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3911"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3911"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}