{"id":39104,"date":"2016-06-28T09:37:17","date_gmt":"2016-06-28T07:37:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39104"},"modified":"2016-06-28T10:41:13","modified_gmt":"2016-06-28T08:41:13","slug":"siriese-konflik-spoel-oor-na-libanon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39104","title":{"rendered":"Siriese konflik spoel oor na Libanon"},"content":{"rendered":"<p>Altesaam vyf mense is dood toe selfmoordbomaanvallers Maandag die oorwegend Christen-nedersetting, Qaa in Libanon, ongeveer 100 meter van die grens met Siri\u00eb geteiken en hul plofstof ontsteek het.<\/p>\n<p>Vier selfmoordbomaanvallers was by die aanval betrokke.<\/p>\n<p>Geen groep het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.<\/p>\n<p>Inwoners van die nedersetting het onraad vermoed toe die aanvallers omstreeks 04:00 deur die dorp beweeg het. Toe \u2019n veiligheidswag hulle geroep het, het hulle \u2019n handgranaat gegooi en toe agtereenvolgend hulself tussen inwoners van die nedersetting opgeblaas.<\/p>\n<p>Vier lede van die weermag is onder die 15 gewondes. <\/p>\n<p>Qaa se burgemeester, Bashir Matar, het ges\u00ea die vierde aanvaller is deur veiligheidsmagte doodgeskiet. Hy s\u00ea n\u00e1 die eerste ontploffing het mense op die toneel saamgedrom, waartydens \u2019n tweede en toe \u2019n derde ontploffing plaasgevind het. <\/p>\n<p>\u201cTerwyl ons besig was om van die gewondes te help, het ek die vierde aanvaller na my toe sien beweeg. Ek het op hom geskree,\u201d het Matar ges\u00ea. \u201cOns het op hom begin vuur en toe blaas hy homself op,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Libanon beleef die afgelope jare toenemend oorspoel-geweldpleging uit Siri\u00eb se dodelike burgeroorlog en die Libanese owerheid is op \u2019n ho\u00eb gereedheidsgrondslag met verskerpte sekuriteitsmaatre\u00ebls wat die afgelope dae geld.<\/p>\n<p>Al is dit nog nie duidelik wie die aanval uitgevoer het nie, het Libanese Christene in Qaa die wapen opgeneem en selfverdedigingseenhede op die been gebring om inwoners teen moontlike aanvalle deur Moslem-ekstremiste uit naburige Siri\u00eb te beskerm. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Altesaam vyf mense is dood toe selfmoordbomaanvallers Maandag die oorwegend Christen-nedersetting, Qaa in Libanon, ongeveer 100 meter van die grens met Siri\u00eb geteiken en hul plofstof ontsteek het. Vier selfmoordbomaanvallers was by die aanval betrokke. Geen groep het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Inwoners van die nedersetting het onraad vermoed toe die aanvallers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39105,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[9616,1665,16014,10774,5358],"class_list":["post-39104","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-christene","tag-geweld","tag-jihad","tag-libanon","tag-moslems"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39104","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39104"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39104\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39105"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39104"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39104"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39104"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}