{"id":391,"date":"2007-05-04T00:00:00","date_gmt":"2007-05-04T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=391"},"modified":"2007-05-04T00:00:00","modified_gmt":"2007-05-04T00:00:00","slug":"die-eenarmbandiet-n-toebroodjie-op-die-steppe-en-die-baard-van-max-du-preez-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=391","title":{"rendered":"Die eenarmbandiet, &#8216;n toebroodjie op die Steppe en die baard van Max du Preez 3"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Dat enige mag die Afrikaner se greep op Suid-Afrika kon loswoel, d&iacute;t glo Max nie. Daarvoor ken hy die Afrikaner te goed. En &rsquo;n kwynende vryheidsbeweging soos die ANC wat geleef het &oacute;f op die tronkkos van Robbeneiland &oacute;f wat vet geword het op donateurspyse in die buiteland, het geen kans gehad om &rsquo;n selfversekerde, taai, vasberade Afrikaner uit die regeerstoel te lig nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar Archimedes het al in antieke tye ges&ecirc; dat, as hy &rsquo;n plek gehad het om vas te trap en &rsquo;n lang genoeg hefboom gehad het, hy die aarde sou kon skuif. Daardie vastrapplek en daardie paal om die Afrikaner te verskuif, is gevind. Die hefboom was die Afrikaner se gewete en die vastrapplek was die moraliteitsfondasie wat die liberale media vir hulleself geskep het. Max weet dit. <em>Die Afrikaner het van apartheid afgesien, nie omdat hy verskrik of vereensaam is deur die buitew&ecirc;reld se optrede nie &ndash; vir seker nie omdat hy ge&iuml;ntimideer is deur MK en APLA se komieklike &ldquo;gewapende stryd&rdquo; nie &ndash; maar omdat hy tot die gewetensoortuiging gekom het dat dit moreel onverdedigbaar is.<\/em> D&iacute;t is wat die stemme &ndash; die gekryts van die mot in die oor &ndash; hom in die lang nagte vertel.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Vir Max en A.P. Brink en die De Klerks en die hele Naspersstal wat die algehele verdwyning van die Afrikaner, van sy verswelging in die bruin- en swartheid van Suid-Afrika, begeer, is die voortsetting van die Afrikaner se vergunning &rsquo;n absolute hemelse gawe. Die Afrikaner is nog in &rsquo;n gedaante daar en so hou hy die ekonomie en die strukture van Suid-Afrika aanmekaar en die donker massas staan bakhand nader. Die Afrikanervolk is nou soos &rsquo;n Vegas-tipe dobbelmasjien, &rsquo;n eenarmbandiet, om die beskrywing letterlik te vertaal. Maar die wonder van hierdie dobbelmasjien is dat niks aan die toeval oorgelaat word nie. Jy het nie geluk nodig nie. Wanneer enige ambisielose, werkverskrikte swart mens iets nodig het, dan trek Max-hulle net aan die arm &ndash; daardie hefboom, die gewete &ndash; en die Afrikaner stort net nog geld en geleentheid en status op die begunstigde uit. Dit werk &eacute;lke keer.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En hoe word daardie arm getrek? Maklik. Dit is in &rsquo;n eenwoordkode: S&ecirc; net&#8230;&nbsp; &ldquo;Apartheid&rdquo; en daar is niks in Suid-Afrika wat nie joune is nie. &ldquo;Apartheid!&rdquo; en die Afrikaner se gewete bars los. &ldquo;Apartheid!&rdquo; en jy kan sy werk, sy geld, sy plaas, sy dorpe, sy kultuur, sy geskiedenis, sy skole, sy universiteite en selfs sy lewe vat. &ldquo;Apartheid!&rdquo; en die hefboom rem teen die Afrikaner en Suid-Afrika en al sy volheid is joune, my swart seun. S&ecirc; &ldquo;Apartheid!&rdquo; en die Afrikaner staan opsy, &ldquo;Apartheid!&rdquo; en hy ontbloot sy borskas vir jou assegaai om te deurboor, &ldquo;Apartheid!&rdquo; en hy lag vir jou grappies, &ldquo;Apartheid&rdquo; en die witvrou l&ecirc; om verkrag te word&#8230;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Solank as wat die Afrikaner se gewete gemanipuleer kan word, sal hierdie wonderlike sisteem oorleef en die einde daarvan sal eers kom as die Afrikaner algeheel verdwyn het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar &ndash; en in die spelonk waarheen Max du Preez onttrek, sidder hy, sluk hy swaar, betas hy die sianiedkapsule &ndash; as die Afrikaner sy skuldgevoel oor Apartheid verloor, of as hy besef dat die ANC en sy liberale, blanke lakeie nie meer vasstaan op ferm morele grond nie, dan tuimel die stelsel ineen en sal die Afrikaner sy vergunning ophef en homself van die Nuwe Suid-Afrika onttrek en oor daardie nirvana sal dan geskryf kan word: Zimbabwe, Tanzani&euml;, Ivoorkus, Ghana, Kongo, Uganda&#8230;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Tot onlangs toe het Max gevoel die Afrikaner se gewete is nog ferm in die greep van die liberaliste. Di&eacute; het tog die oordonderende, kondisionerende kakofonie van die land se media tot hulle beskikking. Maar nou, nou weet hy nie so mooi nie, want tussen die gerammel deur kan grepies van uitroepe gehoor word. En Max weet, hy weet pres&iacute;&eacute;s, waar die klanke vandaan sal kom wat die hefboom van die Afrikaner se gewete uit die liberale greep sal ruk. Wat hy meer as enige iets vrees is dat die Afrikaner &rsquo;n nuwe waardering van die uitwerking van die Anglo-Boereoorlog sal ontwikkel. Want dan gaan een van die liberaliste se twee magselemente oor die Afrikaner verdwyn. &Oacute;f die hefboom gaan versplinter, &oacute;f die bouwerk waarop die manipuleerders staan, gaan verkrummel.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">As die Afrikaners van vandag opnuut besef hoe onregverdig die Engelse se oorlog teen sy voorouers was en hoe ongenadiglik hulle verdelg, verstoot en verkleineer is, sal hy &rsquo;n nuwe waardering h&ecirc; vir sy voorgangers se keuses in 1948 toe die Afrikaner sy politieke mag deur die Nasionale Party gekonsolideer het. Met &rsquo;n uitdelgingstryd nog vars in die volk se gemoed en die proses om homself teen alle teenstand en hoop in weer op te rig, nog in volle swang, sou dit &rsquo;n verraad teen die Volk en di&eacute; se kinders gewees het as die Afrikaner in daardie jare die mag oor die Volk aan &rsquo;n onbekwame en vyandige nasie oorhandig het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In die aangesig van hierdie herwaardering, is die liberalis tussen twee helse vure. Hy kan die Anglo-Boereoorlog as onbenullig afmaak, die Britte se vergrype daarin wegpraat en sy skouers optrek vir die Boere se lyding daarin. Maar dan het hy geen morele gewig meer oor om vir die Afrikaner voor te skryf hoe hy boete vir Apartheid moet doen nie. Aan die ander kant, erken hy die misdade teen die Afrikanervolk in die Oorlog, erken hy ook daarmee dat Apartheid &rsquo;n noodwendige gevolg daarvan was en dat die Afrikaner ruimskoots vergoed het vir enige wanstappe wat hy in daardie tyd geneem het. Watter keuse Du Preez ook mag uitoefen, as die Engelse Oorlog weer deel van die Volk se bewussyn word, is mense soos Max, saam met hulle patetiese Nuwe Suid-Afrika wat so afhanklik is van die Afrikaner, solied in hulle ghwar in. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&nbsp;Met hierdie mot in sy oor, ontvang Max du Preez vroe&euml;r vanjaar &rsquo;n televisiespan van Carte Blanche wat wil weet wat dink hy van d&aacute;&aacute;rdie musikale fenomeen, De la Rey. Die mot grou en vroetel en vreet. Die Afrikaner h&eacute;t nie meer helde nie, verduidelik hy. Al vir &rsquo;n honderd jaar nie meer nie, as jy vir Mannetjies Roux en Frik du Preez buite rekening laat en h&uacute;lle was voetbalspelers. Met sulke massiewe onge&euml;rgdheid rangeer hy &rsquo;n ontsaglike versameling soldate, predikante, geneeshere, vir Smuts en Verwoerd, skrywers, denkers, uitvinders, ingenieurs &ndash; helde, een en elk &ndash; na die buitenste duisternis van sy geheueverlies. En die Boere wat nou vra om deur &rsquo;n De la Rey gelei te word, is rassiste, beduie hy. Max is bereid om op die waarheid te sit en hierdie onnoselheid voor die kamera kwyt te raak &ndash; NET SOLANK DIE FOKUS WEG VAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG VERSKUIF. Hy probeer sy ou-ou rook-en-spie&euml;lsslenter. Kom ons dra die gesprek oor na die terrein van rassisme en apartheid. Die hefboom wikkel onder die Afrikaner. Die eenarmbandiet giet uit en giet uit. Alles is <em>hunky-dory<\/em>; die Kaap is weer Engels. Ons kan met walglike wellus ons vergryp aan S.E.B. en regstellende aksie want&#8230; Apartheid!<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar die invokasie van die towerspreuk word al hoe minder effektief. En hier, daar, hier en daar, oral, begin uitgesproke gedagtes oor die wonder van die Afrikaner se oorlewing na die Engelse Oorlog in ywerige vlammetjies uitslaan. En Max du Preez se mond trek styf binne die lyne van sy baard en &ndash; daardie Tourette&rsquo;s! &ndash; hy gryp die eerste petrolkannetjies waarop hy sy hande kan l&ecirc; en begin vure doodslaan en slaan en slaan totdat die vlamme naderhand soos die hel se inferno self om hom staan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<h3>&#8216;n Russiese toebroodjie in Azani&euml;<\/h3>\n<p>Bliksems! En die een vlammetjie wat nou opgewoerts het tot &#8216;n allerdreigende vuur is een wat al lankal nie meer moes gebrand het nie. Want dit was al geruime tyd wat Dan Roodt &ndash; daardie Dan Roodt, Max se Nemesis &#8211; geskryf het van Wilhelm Vallentin, die Duitse dokter wat in die Engelse Oorlog deel van die Boeremagte was en wat aangevoer het dat Engelse soldate en hulle swart handlangers soveel as 35% van die Boerevroue verkrag het. &rsquo;n Onrustige stilte het daaroor gedaal totdat Loammi Wolf, &rsquo;n onbeholpe bondgenoot van Max du Preez, iets bitsigs daaroor te skryf gehad het en &#8216;n sekere falanks Versteende Verstande oor haar kleinsieligheid gefrons het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Toe begin die mot weer raas en grou, die Tourette&rsquo;s skop in, Max gryp die pen. A!, as hy maar net die pen kon terugsuig op een of ander manier in die geel Bic in, dan sou hy maar die mot laat raas het en die Tourette&rsquo;s maar laat spasmas maak.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar, nee, toe trek hy sy pen. Heel bo aan skryf hy: &ldquo;Laat die ABO met rus.&rdquo; Die mense dink dit is die titel van sy artikel en dit is ja, maar dit is soveel meer. Dit is &#8216;n pleidooi, &#8216;n gebed, imprekasie, smeking&#8230; om vadersnaam, moenie oor die Oorlog praat nie. Weet julle dan nie wat julle doen nie? Alles in die Nuwe Suid-Afrika loop dan so volgens plan. Die Afrikaner ken sy plek en weet wat sy funksie is in die Groter Prentjie van ons re&euml;nboogland. Hy is gewillig en gedwe&euml; die eenarmbandiet. &ldquo;Apartheid!&rdquo; en hy gee. Hy is soos&#8212; soos &#8216;n Russiese toebroodjie, om &#8216;n analogie uit die ghoelag-kultuur te leen. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dit was eenvoudig, maar helse moeilik, om uit &#8216;n Siberiese strafkamp te ontsnap. Daar was nie veel in die lyn van doringdraad rondom dit nie. Maar om weg te kom moet jy deur die oneindige ysvlaktes van die Steppe stap. Wanneer &#8216;n paar taai langtermyngevangenes besluit om dit te probeer, het hulle eers &#8216;n derde, en liggaamlik swakker, medegevangene oortuig om saam te gaan. Hy was agter sy rug bekend as die &ldquo;toebroodjie.&rdquo; Want jy kan net soveel kos saamdra. So, dit is wonderlik gerieflik as 70 kilogram se vleis vir &#8216;n groot deel van die pad saam met jou loop. Wanneer hy omval, wonderlik, want dan het die twee groter lummels vars vleis om hulle vir die res van die reis deur te sien.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En dit is presies wat die Afrikaner is vir die res van Suid-Afrika: Die toebroodjie om die honger massas te vergesel op pad na die swart werkersparadys van Azani&euml;. Geen swarte hoef opgelei, verantwoordelik, behendig, geduldig, hardwerkend of besorg te wees solank die Afrikaner langs hom is nie. Word die swartmens honger of is hy gulsig vir meer, slag en eet. Die Afrikaner is groot en taai. Dit sal &#8216;n lang ruk vat om hom te verorber. Maar, en hier wurg die desperaatheid aan Max du Preez se keel, die pelgrims op pad na algehele bevryding gaan van honger omkom as die toebroodjie &#8216;n entjie met die pad af omdraai en s&ecirc; hy loop nie verder nie. Maak geen fout nie, die vinnigste manier vir die katastrofe om te gebeur, is om die Anglo-Boereoorlog weer deel van die Afrikaner-bewussyn te maak. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Daarom bid Max hardop op papier: &ldquo;Laat die ABO met rus.&rdquo; <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<h3>Geen vreugde in stilte<\/h3>\n<p align=\"justify\">Amen. Dis net, die mot hou nie aan knaag in die oortonnel nie. &#8216;n Liter&ecirc;re verdedigingsaanval kan nie net uit &#8216;n ge&iuml;gnoreerde gebed vir &#8216;n titel bestaan nie. Max sal die Bic moet opwarm. Nou maar goed. Daar was eens &#8216;n <em>Vrye Weekblad<\/em>. Max du Preez voel hy kan sy man staan in &#8216;n debat en hy gaan dit met sulke vinnige omflankingstaktieke en mobiliteit van afleidings en statistieke doen dat geen eenarmbandiet \/ toebroodjie na die tyd sal huiwer om op bevel te gee en te gee en te gee nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Eers moet hy sy kwalifikasie in die debat bo alle twyfel stel. Hy is die kleinseun van twee oupas wat offisiere in die Boeremagte was. Sy groot kinderheld was generaal de Wet. Hy voeg darem haastig by dat daar nog een ander, Koning Moshoeshoe van Basoetoeland, was. (Max is, na alles, nie wit of swart nie maar wit en swart en alles tussen in. Hy is mos alles vir almal en&nbsp; niks vir enige iemand nie.)<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dan is hy reg vir sy groot betoog: Dat die presiese syfer van verkragtings nie bepaal kan word nie. As daar nie 35 persent van die vroue&nbsp; ofte wel, bereken hy later, 38 500 vroue verkrag is nie, is Dan Roodt se stelling &ldquo;skandalig en verregaande.&rdquo; As daar net 38 499 vroue verkrag is, lei die leser af, is Max reg en bly die Afrikaner padkos.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Max is vol vertroue dat daar nie grootskaalse verkragtings van Afrikaner-vroue was nie. Hoe weet hy? Nie deur wat geskryf is nie maar deur wat ni&eacute; geskryf is nie. Hy gebruik &#8216;n argument uit stiltswye, &#8216;n efferige filosofiese tegniek wat selde enige naderbetragting kan weerstaan, dit weet hy, maar hy moet deurdruk, moet hy nie? Daarom maak hy baie daarvan dat &ldquo;gesoute historici soos Pakenham en Hermann Giliomee&rdquo; &ldquo;geen melding&rdquo; van die verkragtings maak nie. Maar s&ecirc; nou hy gaan blaai agterna deur, s&ecirc; nou maar, Giliomee se &ldquo;lywige biografie oor die Afrikaners.&rdquo; Dan gaan hy besef dat Giliomee net 3 van 666 bladsye afstaan aan die sentrale vormingselement van die moderne Afrikaner: Die verskroeiing van hulle land en die afgryse van die konsentrasiekampe. Stilswye kan nooit harder praat as feite nie en daar is baie getuienis oor hierdie verkragtings. Maar Max het nie brieke nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;En, me. Salzwedel,&rdquo; betig hy in &#8216;n opvolgartikel in reaksie op &#8216;n vurige jong verslaggewer wat haar vir hom op skrif vererg het, &ldquo;soos Dan Roodt en Dries Raath moet jy nog leer dat &#8216;n mens darem meer as net een hoogs twyfelagtige bron moet h&ecirc; voor jy iets as evangelie verkondig.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dis toe dat kenners toustaan om hom op die smoel te neuk met ritse verwysings na ander bronne wat staaf dat die vernederende, walglike verkragtings van Boerevroue deur die Engelse &#8216;n algemene afstootlike praktyk was. Hulle gesamentlike mening is dat Max du Preez blykbaar nog moet leer om nie sy betoog te stut met &#8216;n enkele, tengerige debatstegniek &ndash; die argument uit stilswye &ndash; nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Teen die einde van sy ontstelde betoog het Max du Preez blykbaar heeltemal die gawe van samehangende denke verloor. Hy reken Paul Kruger, M.T. Steyn, De Wet en Koos de la Rey sal ongemaklik in hulle grafte omdraai omdat Dan Roodt en Andries Raath te vertelle het van die Britse soldate se verkragting van Boerevroue. Soos altyd as die mot en die Tourette&rsquo;s hom pak, kan hy nie &#8216;n argument deurdink nie. Dit gaan hom verby dat Roodt staan by wat vir die Boerehelde belangrik was: Die vryheid en beskikking oor eie lot van die Afrikaner. D&aacute;&aacute;rvoor het hulle oorlog gemaak.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En daar&rsquo;s die vervloekte Oorlog weer.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Om dit weg te doof, om die mot nie langer te hoor nie, moet hy iets s&ecirc;, enige iets. Toe s&ecirc; hy maar Moshoeshoe en Adam Kok is sy voorouers. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<h3>Die laaste plakkaat<\/h3>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ou <em>struggle<\/em>-joernaliste sterf nie, hulle hang net rond waar jonger, slimmer koerantmense goedkoop drank koop.<\/p>\n<p> Deesdae, al wat Max du Preez hoef te doen, is om op die buitekringe van &#8216;n mediagesprek te staan en wag dat hulle &#8216;n kodewoord sal s&ecirc;. Miskien praat &#8216;n sportskrywer van rugby-&ldquo;pale&rdquo; of &#8216;n verbruikerswaghond s&ecirc; iets van slag-&ldquo;pale&rdquo;. Wie weet? Maak nie saak nie. As iemand in sy omgewing net die woord &ldquo;paal&rdquo; of&nbsp; &ldquo;pale&rdquo; gebruik, kan Max bewend vooroorleun en s&ecirc;: &ldquo;Het ek julle al ooit vertel van die plakkate wat ons teen die pale gesit het in Tshwane, toe nog Pretoria? Dit was met die referendum. Toe weet ons nie of ons die bevolking moet aanraai om &lsquo;ja&rsquo; of &lsquo;nee&rsquo; te stem nie, toe skryf ons maar op ons plakkaat &lsquo;Ja-nee&rsquo;.<\/p>\n<p> Vang julle dit? Vang julle dit? &lsquo;Ja-nee.&rsquo; Sien, &lsquo;ja&rsquo; en &lsquo;nee&rsquo;, of dan nie &lsquo;ja&rsquo; of&nbsp; &lsquo;nee&rsquo; nie. En die volgende week, weet julle wat skryf ons toe, luister, dis eintlik baie goed ons skryf toe op die&#8230;&rdquo;<\/p>\n<p> Die jonges knip agter sy rug vir mekaar oog en maak asof hulle die storie, wat hulle al &#8216;n honderd maal gehoor het en wat om mee te begin nie vreeslik snaaks was nie, hulle regtig kielie.<\/p>\n<p> So in die nagte sit hy in sy studeerkamer en staar na die geraamde paalplakkate. Hy vryf oor sy baard, sy Max du Preez-baard en die hare is yl, grys en bros. Die mot vreet en raas en raas en vreet en vreet in sy oortonnel.<\/p>\n<p> En eendag toe vreet die mot deur die skedel, al langs die binnewand af en, van vooraf, in die brein in. Dit eet die verbinding tussen die lobbe morsaf. A, die saligheid.<\/p>\n<p> &ldquo;Ja,&rdquo; s&ecirc; die een breinlob.<\/p>\n<p> &ldquo;Nee,&rdquo; s&ecirc; die ander.<\/p>\n<p> &ldquo;Ja-nee,&rdquo; s&ecirc; die een weer.<\/p>\n<p> &ldquo;Die mot,&rdquo; s&ecirc; die ander, &ldquo;dis jammer ons is nie Versteende Verstande nie. Dan sou hy nooit ingevreet gekry het nie.&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Versteende Verstande,&rdquo; s&ecirc; die een. &ldquo;Daar is iets ergers.&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Ja-nee,&rdquo; s&ecirc; die ander. &ldquo;Om &#8216;n joiner te wees.&rdquo;<\/p>\n<p> En met die laaste stertslag, die laaste stuiptrekking van &#8216;n mediadinosourus waarvoor niemand meer plek of nut het nie, is dit asof al die donker in die w&ecirc;reld &#8216;n stywe kring trek om die kolletjie lig, reg voor in sy bewussyn.<\/p>\n<p> Net dan, asof van n&ecirc;rens, hoor hy die stemme van sy Ouma Bertie, sy Oupa Johannes Petrus du Preez, sy pa en nog baie stemme wat hy nie herken nie. En hulle praat Afrikaans in &#8216;n spreekkoor. Op een of ander manier wat net in drome kan gebeur, is dit asof die woorde self in &#8216;n soort jellie set en dan versteen. &#8216;n Jong kunstenaar pak die letters op &#8216;n groot, reghoekige vel papier en trek die buitelyne af en kleur dan binne die lyne met &#8216;n dik, swaar vulpen in. Hy vat &#8216;n geel Bic-pen en boor met die punt twee gaatjies in die middel bo en twee gaatjies in die middel onder en ryg blou plastieklyn daardeur.<\/p>\n<p> Hy is fluit-fluit daaruit; fluit &#8216;n lied oor &#8216;n generaal wat kom om sy volk te kom lei. Hy kom by &#8216;n lamppaal langs &#8216;n besige straat en bind die lyne daarom vas.<\/p>\n<p> Die dinosourus kan nou sien dit &iacute;s &#8216;n plakkaat, &#8216;n koerant se paalplakkaat. Hy het verwag dat dit &#8216;n nuwe plakkaat vir <em>Die Vrye Weekblad<\/em> sal wees. Maar dit is nie.<\/p>\n<p> Die mashoof van die plakkaat is vir &#8216;n koerant met die naam: &ldquo;Die Wye Vreesblad.&rdquo;<\/p>\n<p> Daarop is die woorde geskryf van sy Ouma Bertie en sy Oupa Johannes Petrus du Preez en van &#8216;n miljoen ander.<\/p>\n<p> Hy lees: &ldquo;Ag NEE Max,&rdquo; en maak sy o&euml; toe.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/teplovoy-service.ru\">\u0422\u0435\u043f\u043b\u043e\u0432\u043e\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/nahnews.org\/160337-kto-pomogaet-xarkovchanam-skryvatsya-ot-mobilizacii\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<h3 align=\"justify\"><a href=\"http:\/\/www.praag.org\/mambo\/index.php?option=com_content&amp;task=category&amp;sectionid=6&amp;id=27&amp;Itemid=37\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/GSVsw.JPG\" width=\"94\" height=\"114\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/a>In hierdie derde en finale aflewering vertel Gustav Venter vir ons wat &#8216;n Russiese toebroodjie is en hoe die Afrikaner se skuldgevoel telkens geld soos &#8216;n vrygewige dobbelmasjien laat re&euml;n&#8230;<\/h3>\n<h3><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die mot in die oor<\/span><\/h3>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Deur die dag is dit draaglik. Hy het sy boeke en sy vergeelde kopie&euml; van die <em>VWB<\/em> en partykeer loer daar iemand in vir wie hy nog nie die oorlogstories (een naweek het hulle nie geld gehad om die <em>Weekblad<\/em> uit te gee nie en toe maak hulle &ndash; die karnallies! &ndash; asof hulle dit in solidariteit met aangehoudenes teruggehou het) vertel het nie. Maar in die nag kom die stemme tot hom en hy spartel in koue sweet om nie te&nbsp; hoor wat hulle s&ecirc; nie. Maar jy kan net s&oacute; lank by jouself neurie om die stemme uit te doof, net so lank wegkyk en ander pad toe luister, kan jy nie? En dan fluister die stemme die waarheid aan hom, die een onveranderlike wat hy nie wil hoor nie:<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;<em>Die Nuwe Suid-Afrika<\/em>,&rdquo; sis hulle en dit voel asof sy skedel gaan bars, &ldquo;<em>is nie &rsquo;n prys wat deur &rsquo;n rewolusie gewen is nie, of hoe Max? Die Nuwe Suid-Afrika is &rsquo;n vergunning van die Afrikaner<\/em>.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p>   <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nee-nee-nee-nee&#8230; Nee! Ja. Dit is so. Hy w&eacute;&eacute;t dit is so.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[525,520,171,21092],"class_list":["post-391","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter","tag-n-toebroodjie-op-die-steppe-en-die-baard-van-max-du-preez-3","tag-die-eenarmbandiet","tag-gustav-venter","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/391","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=391"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/391\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=391"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=391"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=391"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}