{"id":39069,"date":"2016-06-27T06:54:13","date_gmt":"2016-06-27T04:54:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39069"},"modified":"2016-06-27T09:03:17","modified_gmt":"2016-06-27T07:03:17","slug":"veertien-kom-om-in-al-sjabaab-aanval-op-somaliese-j","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39069","title":{"rendered":"Veertien kom om in al-Sjabaab-aanval op Somaliese hoofstad"},"content":{"rendered":"<p>Minstens 14 mense is dood toe die ekstremistiese, Islamitiese groep al-Sjabaab \u2019n hotel in Somali\u00eb se hoofstad, Mogadisjoe, beset het. <\/p>\n<p>Die aanval het met \u2019n kragtige ontploffing by die ingangshek begin, het AP berig.<\/p>\n<p>\u201cOns het uiteindelik die beleg be\u00ebindig. Die laaste militante is op die boonste verdieping van die hotel doodgeskiet,\u201d het kapt. Mohamed Hussein van die polisie ges\u00ea nadat veiligheidsmagte die gewapendes doodgeskiet het wat as sluipskutters stelling op die dak van die Naso-\u00adHablod-hotel ingeneem het. Volgens die polisie was minstens vier mans in die aanval betrokke en twee is doodgeskiet.<\/p>\n<p>Minstens 14 burgerlikes is in die aanval dood.<\/p>\n<p>Die veiligheidsmagte het die meeste gyselaars bevry, maar teen druktyd was dit nie bekend of enige van hulle in die aanval dood is nie. Volgens mediese personeel is nege mense in die voorval gewond.<\/p>\n<p>Die polisie s\u00ea die aanval het begin toe \u2019n selfmoordbomaanvaller homself in \u2019n voertuig, volgelaai met plofstof, by die ingang van die hotel op\u00adgeblaas en die hek aan flarde geskiet het. Ge\u00adwapende mans het hul pad na die hotel oopgeveg en ooggetuies\u00ad s\u00ea hulle het wild op hotelgaste begin skiet. Die hotel se vloer was met bloed bevlek en die mure het gate in gehad waar dit deur koe\u00ebls getref is. <\/p>\n<p>Al-Sjabaab, met sy bande met Al-Ka\u00efda, voer \u2019n dodelike insurgensie in Somali\u00eb en maak dikwels van selfmoordaanvallers met motorbomme gebruik.<\/p>\n<p>Die aanval in die hoofstad beklemtoon die uitdagings wat die Somaliese regering en die magte van die Afrika-\u00adunie in die gesig staar om die land te beveilig. \u2019n Aanval in Februarie op nog \u2019n hotel in Mogadisjoe het die lewe van minstens nege mense ge\u00ebis en in April het \u2019n motorbom buite \u2019n restaurant in die hoofstad tot die dood van minstens vyf mense gelei. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Minstens 14 mense is dood toe die ekstremistiese, Islamitiese groep al-Sjabaab \u2019n hotel in Somali\u00eb se hoofstad, Mogadisjoe, beset het. Die aanval het met \u2019n kragtige ontploffing by die ingangshek begin, het AP berig. \u201cOns het uiteindelik die beleg be\u00ebindig. Die laaste militante is op die boonste verdieping van die hotel doodgeskiet,\u201d het kapt. Mohamed &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39069\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Veertien kom om in al-Sjabaab-aanval op Somaliese hoofstad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39070,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[13457,14027,5358,10255],"class_list":["post-39069","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-al-sjabaab","tag-mogadisjoe","tag-moslems","tag-somalie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39069","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39069"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39069\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39070"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39069"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39069"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39069"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}