{"id":39036,"date":"2016-06-23T20:39:14","date_gmt":"2016-06-23T18:39:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39036"},"modified":"2016-06-23T21:56:18","modified_gmt":"2016-06-23T19:56:18","slug":"aanvaller-in-duitse-fliekteater-doodgeskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39036","title":{"rendered":"Aanvaller in Duitse fliekteater doodgeskiet"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Gemaskerde aanvaller is deur die Duitse polisie doodgeskiet nadat hy in &#8216;n rolprentteaterkompleks in die dorp Viernheim naby Frankfurt op mense losgebrand het. <\/p>\n<p>Die gewapende man het &#8216;n springstofgordel en handgranaat langs hom gehad. Hy het &#8220;gebroke Duits&#8221; gepraat. Die owerhede het &#8216;n nuusstilte oor die besonderhede van die skieter aangekondig.<\/p>\n<p>Talle mense is gewond terwyl &#8216;n elite reaksie-eenheid <em>Spezialeinsatzkommando<\/em> (SEK) na die toneel gehaas het. Die hospitaal in Darmstad het &#8216;n noodtoestand afgekondig.<\/p>\n<p>Volgens die Duitse media het die aanvaller fliekgangers gyselaar gehou en die polisie moes geweld gebruik om in die gebou in te breek. Hy is glo na &#8216;n geveg met wetstoepassers doodgeskiet.<\/p>\n<p>Ooggetuies s\u00ea tussen 50 en &#8216;n 100 beamptes het op die kompleks toegesak.<\/p>\n<p>Die minister van binnelandse sake van die deelstaat Hessen, Peter Beuth, s\u00ea die Duitse polisie se spesiale reaksie-eenheid het die gebied rondom die teaterkompleks kort n\u00e1 die begin van die voorval afgesper. <\/p>\n<p>&#8216;n Polisiewoordvoerder Bernd Hochst\u00e4dter het ges\u00ea die polisie se operasie het ongeveer drie ure geduur.<\/p>\n<p>Christiane Kobus, &#8216;n Duitse polisiewoordvoerder, het bevestig dat &#8216;n &#8220;bedreigingsituasie&#8221; ontvou het maar geen verdere besonderhede is gegee nie.<\/p>\n<p>Plaaslike mediaverslae s\u00ea &#8216;n gewapende man ten minste een skoot afgevuur, maar volgens die Guardian is vier skote gehoor.<\/p>\n<p>Aanvanklik was daar berigte in die media dat tot 50 mense beseer is tydens die aanval, moontlik weens traangas.<\/p>\n<p>Volgens die nuusagentskap dpa, het die polisie ges\u00ea dit is die &#8220;individu is deurmekaar&#8221;.<\/p>\n<p>Hochst\u00e4dter het aan die koerant Die Welt ges\u00ea: &#8220;Ons het geen aanduidings wat die motief kon gewees het nie.&#8221;<\/p>\n<p>Duitsland het een van die hoogste hoeveelheid wapens per kop in die w\u00eareld, maar ook een van die laagste geweldsmisdaadkoerse in Europa: &#8216;n Sterftesyfer van 0,05 per 1000 mense, in vergelyking met 3,34 in die VSA.<\/p>\n<p>Die terreurgroep ISIS het reeds herhaaldelik gewaarsku dat hulle aanvalle in Duitsland beplan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Gemaskerde aanvaller is deur die Duitse polisie doodgeskiet nadat hy in &#8216;n rolprentteaterkompleks in die dorp Viernheim naby Frankfurt op mense losgebrand het. Die gewapende man het &#8216;n springstofgordel en handgranaat langs hom gehad. Hy het &#8220;gebroke Duits&#8221; gepraat. Die owerhede het &#8216;n nuusstilte oor die besonderhede van die skieter aangekondig. Talle mense is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39036\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Aanvaller in Duitse fliekteater doodgeskiet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39037,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5227,18573,22720,12152,22719,5132],"class_list":["post-39036","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-duitsland","tag-frankfurt","tag-sek","tag-skietery","tag-viernheim","tag-wapens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39036","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39036"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39036\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39037"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39036"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39036"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39036"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}