{"id":39007,"date":"2016-06-23T08:38:25","date_gmt":"2016-06-23T06:38:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39007"},"modified":"2016-06-23T08:38:25","modified_gmt":"2016-06-23T06:38:25","slug":"varkpes-in-sa-tref-uitvoer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39007","title":{"rendered":"Varkpes in SA tref uitvoer"},"content":{"rendered":"<p>Die grense van buurlande is vroe\u00ebr vandeesmaand gesluit vir die invoer van lewende varke en varkvleis uit Suid-Afrika nadat Afrika-varkpes uitgebreek het.<\/p>\n<p>Honderde varke het reeds weens die siekte gevrek wat deur &#8216;n virus tussen varke oorgedra word. Geen behandeling of inenting teen die siekte bestaan nie en diere vrek eenvoudig daarvan.<\/p>\n<p>Daar het al herhaaldelike uitbreke van die siekte in Suid-Afrika voorgekom. Die virus kan deur wilde varke, soos die vlakvark en bosvark, gedra word sonder dat hulle simptome van die siekte toon. <\/p>\n<p>Om hierdie rede het baie uitbreke van die siekte al voorgekom waar wilde en mak varke in aanraking met mekaar kon kom.<\/p>\n<p>Besmette varke van &#8216;n plaas by Koffiefontein in die Vrystaat is glo op &#8216;n veiling verkoop wat daartoe gelei het dat die siekte versprei het.<\/p>\n<p>Die plaaseienaar het die uitbreking aangemeld.<\/p>\n<p>Dr. Rob Fouch\u00e9, staatsveearts in Bloemfontein, het aan Netwerk24 ges\u00ea hulle sal &#8216;n ondersoek loods om vas te stel wat die oorsprong van die besmetting was.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse departement van landbou, bosbou en visserye s\u00ea besmette varke is ook in die \u00adIpelegeng-woonbuurt naby \u00adSchweizer-Reneke in Noordwes bevestig.<\/p>\n<p>Die verbod op die uitvoer van varke en varkvleis na Namibi\u00eb sal van krag bly totdat die uitbreking in Suid-Afrika iets van die verlede is, s\u00ea die ministerie.<\/p>\n<p>Varkboere uit Noordwes moes Dinsdag met vol vragte varke na hul onderskeie plase terugkeer nadat die weeklikse varkveiling in Bloemfontein weens die uitbreek van Afrika-varkpes afgestel is. <\/p>\n<p>Hulle s\u00ea hulle sukkel om kos op die tafel te sit as die veilings afgestel word.<\/p>\n<p>Hoewel daar entstowwe teen Europese varkpes beskikbaar is, beskerm dit nie die varke nie teen die Afrikavarkpes nie. <\/p>\n<p>Die enigste manier om die siekte uit te roei, is om alle siek varke en ander wat met die siektes in aanraking was, te slag, die karkasse te vernietig en die hokke deeglik te ontsmet. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die grense van buurlande is vroe\u00ebr vandeesmaand gesluit vir die invoer van lewende varke en varkvleis uit Suid-Afrika nadat Afrika-varkpes uitgebreek het. Honderde varke het reeds weens die siekte gevrek wat deur &#8216;n virus tussen varke oorgedra word. Geen behandeling of inenting teen die siekte bestaan nie en diere vrek eenvoudig daarvan. Daar het al &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39007\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Varkpes in SA tref uitvoer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39008,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4111,22714,18966,11953],"class_list":["post-39007","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-landbou","tag-varkpes","tag-veearts","tag-veiling"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39007","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39007"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39007\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39008"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39007"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39007"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39007"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}