{"id":39,"date":"2007-01-18T09:04:09","date_gmt":"2007-01-18T09:04:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=39"},"modified":"2007-01-18T09:04:09","modified_gmt":"2007-01-18T09:04:09","slug":"tegnofiel-of-tegnofoob","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39","title":{"rendered":"Tegnofiel of tegnofoob?"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Tot my spyt moet ek erken dat ek my hele lewe lank al &lsquo;n tegnofiel is. Byges&ecirc;: ek was nog nooit verslaaf aan drank of dwelms of dobbel nie. Dus het ek nog altyd gedink dat my versugting na die jongste en vinnigste Intel-skyfie of multimediahandtoestel &lsquo;n skadelose gewoonte was.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Nou onlangs het ek egter tot ander insigte begin kom. Of stel dit so: SonyEricsson en Vodacom is besig om &lsquo;n nuwe deernis met potlode en uitve&euml;rs by my te wek. Ek geniet dit al selfs om poskantoor toe te gaan. Nie net is daar al hoe minder mense in poskantoortoue nie &#8211; want almal buiten ouetehuisinwoners stuur mos deesdae e-posse &#8211; maar die posdiens sorg soms vir aangename verrassings.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">So het ek onlangs vir twee mense oorsee elkeen &lsquo;n eksemplaar van my nuwe boek, <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/boek.aweregs.htm\">Aweregs<\/a>, gepos. Dit weeg &lsquo;n allamintige een kilogram en sou te duur wees om lugpos te versend. Dus stuur ek die boeke toe maar seepos. Ses dae later kom een boek in Londen aan en &lsquo;n ander in Toronto. My leser uit Toronto merk toe op dat Suid-Afrika oor baie vinnige skepe beskik!<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die enigste aangename verrassing wat ek nog ooit van &lsquo;n blikbrein of elektroniese toestel ontvang het, was toe ek doer iewers in 1983 die eerste &ldquo;woordverwerker&rdquo; aanskou het waarvoor mens nie Tippex nodig gehad het nie. Di&eacute; wonderwerk het my aangevuur om my heel eerste prehistoriese Apple Macintosh in Orwell se jaar 1984 te koop.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">In my jeugdige voortvarendheid het ek daardie Apple tot my vrou se verdriet op huurkoop aangeskaf omdat ek dit nie anderins kon bekostig nie. Vriende en familie wat my gesien het met &rsquo;n groot bruin sak waarin ek die blikbrein liefderik rondgedra het soos op Steve Jobs se advertensies, kon sien dat ek &lsquo;n skroef &#8211; of liewers &lsquo;n halfgeleier &#8211; los had, want almal het my voortdurend gevra: &ldquo;Maar wat wil jy tog met die ding maak?&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Hoe dit ook al sy, van daardie dag af toe ek Apple se kleurbrosjures in &lsquo;n Pretoriase winkel raakgeloop het, was ek &lsquo;n bekeerde tegnofiel wat slaafs elke nuwe kinkel in die IT-revolusie nagevolg het. Toe selfone Suid-Afrika in 1994 tref, het ek naarstiglik tydens die toetsperiode elke diensverskaffer gebel en was ek die eerste persoon in my omgewing met &lsquo;n kousfoon &lsquo;n Nokia 2110i wat op daardie stadium die topmodel was. Dat dit so groot soos &lsquo;n baksteen was en my broeksak lelik afgerem het, was &lsquo;n bysaak. Ek moes die diensverskaffer amper smeek om dit vir my te gee teen die afgryslike bedrag van R4500 nog voor ek die eerste oproep gemaak het.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Terloops, waarom noem die Duitsers &lsquo;n selfoon <em>ein Handy<\/em>? Het hulle swaksinnig geword?<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Toe kom internet en natuurlik was ek weereens voor in die koor en het &lsquo;n hele naweek deur gesukkel om my e-pos op Windows 3.1 in te stel. Kan iemand nog Windows 3.1 onthou? Dit was iewers v&oacute;&oacute;r Windows 95 en n&aacute; DOS. Omdat Apple Suid-Afrika geboikot het, was die meeste Suid-Afrikaners toentertyd onbekend met vensters op hul rekenaars totdat Bill Gates besluit het om Steve Jobs se masjiene te begin na-aap. Daar was mos &lsquo;n hofsaak daaroor.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Een van die kenmerke van &lsquo;n tegnofiel is dat hy (dis gewoonlik &lsquo;n hy; vroulike tegnofiele is yl gesaai) gewoonlik sy eie Kersgeskenk aanskaf, verkieslik iets wat met &lsquo;n handleiding in &lsquo;n kunstige verpakking verkoop word. Iets soos &lsquo;n Ipod byvoorbeeld, Steve Jobs se jongste foefie n&aacute; hy die stryd met Grootbroers IBM en Microsoft in die rekenaar-arena verloor het.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Tot onlangs kon ek nie verstaan waarom sommige mense &ldquo;&lsquo;n selfoon wat net kan bel&rdquo; wil h&ecirc; nie. Ek het gedink sulke siele is van lotjie getik. Wie wil &ldquo;net bel&rdquo; as jy &lsquo;n multimediahandtoestel kan besit waarop jy e-pos kan ontvang, op die internet kan seil, jou banksake kan doen, foto&rsquo;s of video&rsquo;s mee kan neem en, les bes, in verveelde oomblikke op die vliegtuig skaak kan speel of musiek kan luister as jou Ipod nie saamgekom het nie?<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Dis nog &lsquo;n wet van tegnofilie: die aantal toestelle wat jy in jou broeksak kan ronddra of aan jou gordel kan vasgespe, verteenwoordig &lsquo;n eindige versameling. As ek &lsquo;n dagreis ver gaan, moet ek gewoonlik ten minste drie of vier soorte laaiers saamneem want niks plaas so &lsquo;n demper op tegnogenot soos &lsquo;n pap battery nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die Franse filosoof Jean Baudrillard het iewers beweer dat tegnologiese vooruitgang nie eintlik lei tot groter produktiwiteit nie. Beter vervoermiddels lei tot verkeersknope, goedkoep e-pos lei tot gemorspos, ens. Met al ons kommunikasiemiddele kommunikeer ons eintlik swakker as ooit tevore. Enigeen wat al gesien het hoeveel boeke C.M. van den Heever met &lsquo;n tikmasjien geskryf het of Honor&eacute; de Balzac met &lsquo;n gansveer en ink, sal verstaan wat ek bedoel. <\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Toe ek &lsquo;n kind was, het die bank jou rekeningsaldo met die hand in jou spaarboekie ingeskryf met &lsquo;n rubberstempel daarnaas. Mense het sonder rekenaars opgetel en afgetrek, die boeke gebalanseer en om een of ander onverklaarbare rede was die toue in die bank korter en die mense agter die toonbank vriendeliker.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Het tegnologie die w&ecirc;reld verbeter? Dis die soort onderwerp waaroor ho&euml;rskoolkinders &lsquo;n opstel sou kon skryf. Maar ons weet dat kinders, juis vanwe&euml; tegnologie, vandag nie meer k&aacute;n skryf nie en selfs universiteitstudente die woord lekker as &ldquo;lekr&rdquo; skryf en nie meer tussen eksamen en sms-klets kan onderskei nie. Terloops, die korrekte Afrikaans vir &ldquo;sms&rdquo; is &ldquo;kortboodskap&rdquo; wat mens seker tot kbs sou kon afkort.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Daar is koerantrubriekskrywers wat nie &lsquo;n paragraaf in Afrikaans kan skryf sonder om die Amerikaanse clich&eacute; te gebruik wat hulle in gisteraand se Hollywoodfilm gehoor het nie. Ek wonder altyd hoe lyk hulle rubrieke voor die subredakteurs hulle op &lsquo;n manier reggedokter het.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Behalwe jong barbare wat nie sonder speltoetsers kan spel nie, is daar twee dinge wat veroorsaak dat ek met verlangende o&euml; na potlode en uitve&euml;rs begin staar: Sony Ericsson se nuwe P990-selfoon en Vodacom se 3G-kaart. As ongeneesbare tegnofiel, het ek natuurlik in die slaggat getrap om die sogenaamde &ldquo;rooi kaart&rdquo; van Vodacom aan te skaf. Van dag een af het die ding nog nooit behoorlik gewerk nie. En natuurlik het ek dit in die vroe&euml; dae verkry toe jy nog vir die apparatuur moes betaal en jy soos op daardie Virgin Mobile-advertensies tot twee jaar kontrakstraf gevonnis is.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Ek het al meer e-posse aan Vodacom geskryf as wat Steve Hofmeyr van sy bewonderaarsklub ontvang het. &lsquo;n Mens het &lsquo;n groter kans om die Lotto te wen as om ontvangs op die rooi kaart te kry. Op &lsquo;n stadium het Vodacom &lsquo;n Oosterse man na my huis toe gestuur wat glo aan die selfoontoring sou verstel en vir &lsquo;n paar dae was daar &lsquo;n verbetering.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die jongste toertjie wat die rooi kaart egter aanvang, is om elke tien minute of so my hele rekenaar af te skakel, met so &lsquo;n vriendelike blou skerm wat verskyn met die boodskap: <em>Fatal error; I am saving a dump file.<\/em> Dan kos dit herlaai en wag, wag, wag.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Die vorige Sony Ericsson P900 was enige tegnofiel se droom. Jy kon &lsquo;n foto van Washington neem en dit met &lsquo;n vinnige epos na jou kind in Johannesburg versend of Wagner se Walkurerit van &lsquo;n CD af in MP3 omskakel en as &lsquo;n luitoon gebruik. Iets wat ek natuurlik gedoen het, om my foon tussen al die lawwe deuntjies by die Spur of Pick&rsquo;n Pay te onderskei.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Ek het seker ses maande gewag vir die P900 en toe ek dit uiteindelik kry, was die nuwe P910 al uit. Dis een van die probleme van tegnologie: alles is verouderd sodra jy dit uit die ontwerpersverpakking haal.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Di&eacute; keer het ek dus seker gemaak my naam is eerste op die waglys vir die nuwe P990 en n&aacute; vyf maande se gewag het ek uiteindelik die sellofaan van die kartondoos kon afskeur. Maar wat &lsquo;n teleurstelling! Nie net is die foon veel stadiger as my oue nie, dit het lyk my by die 3G-kaart aangesteek en kom gereeld tot stilstand, soms selfs tydens &lsquo;n oproep. Dan kan &lsquo;n mens dit nie eens afsit nie; al wat deug, is om die battery uit te haal. Anders as Vodacom, beantwoord Sony Ericsson nie e-posse nie en moet ek dus maar opsukkel met &lsquo;n seweduisendrandfoon wat soms verseg om te bel.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Na &lsquo;n lang gesukkel, het Vodacare vir my die programmatuur op die P990 verander, nadat ek twee keer al die pad Midrand toe moes ry. Nou werk dit beter, maar steeds vang dit eienaardige dinge aan. So byvoorbeeld toon dit nie vir my die naam van &lsquo;n beller nie, al is die persoon in my adresboek. Na afloop van die oproep wil die foon die &ldquo;nuwe nommer&rdquo; in my adresboek opslaan, al is dit reeds daar.<\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Wanneer gaan Sony Ericsson wakker skrik en vir ons selfone in Afrikaans gee? Gelukkig kon ek darem &#8216;n Nederlandse taalpakket van die internet aflaai en spreekt mijn foon nu Nederlands. Maar dis maar &#8216;n tweede beste. Veral omdat die Hollanders soveel tegniese taal uit Engels ontleen. Hulle kort &#8216;n paar lesse van Afrikaners.&nbsp;<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Deesdae vermy ek Jan Smuts-lughawe, enersyds omdat ek nie van naamsveranderings hou nie, andersyds omdat daar soveel advertensieborde vir my twee <em>b&ecirc;tes noires<\/em>, Sony Ericsson en Vodacom se 3G-kaart, tot vervelens toe uitgestal word.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Vir iemand wat al meer as twee dekades lank aan tegnologie verslaaf is, het dit miskien tyd geword om een of ander rehabilitasiesentrum vir tegnofiele te besoek, &lsquo;n soort Noupoort vir bandwydtevrate en silikonafhanklikes.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Ek begin terugverlang na die dae toe skrywers hubare tiksters met stemmige pakkies en gepunte brilrame in diens gehad het. Geklee in sirsakarpakke en Panamahoedens, het hulle lekker agteroor in &lsquo;n lessenaarstoel gel&ecirc; om hul jongste meesterwerk te dikteer wat deur aanvallige &ldquo;stenograwe&rdquo; in snelskrif afgeneem is. In daardie dae was daar &lsquo;n gesonde onderskeid tussen skrywers en tiksters. Deesdae is ons almal tiksters of tikkers, wat seker die manlike vorm is. Selfs Bill Gates, die rykste man ter w&ecirc;reld, is &lsquo;n tikker wat sy eie e-posse tik. Ons is geneig om nie-tikkers wat nie weet waarvoor SMTP staan nie, as oorblyfsels uit die vroe&euml; steentydperk te sien.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Nietemin is daar iets te s&ecirc; vir ink of grafiet op papier. Dis baie outydse tegnologie en daarom is die foute lankal uitgestryk. En as jou potlood se punt afbreek, maak jy hom net skerp. Jy hoef nie &lsquo;n hulplyn te bel wat vir jou musiek gaan speel waarvan jy nie hou nie, totdat iemand met &lsquo;n haas onverstaanbare aksent gaan optel met die idiotiese vraag, <em>How are you?<\/em> As jy n&aacute; vyf minute se verduideliking besef dat jou &ldquo;helper&rdquo; heelwat minder van jou defektiewe multimediahandtoestel verstaan as jyself, breek jou oomblik van tegnologiese waarheid aan. Jy ontwikkel &lsquo;n hunkering na die smaak van gom op &lsquo;n posse&euml;l en ander arga&iuml;ese dinge.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\">Om inkvlekke op jou vingers te kry as jy jou vulpen volmaak, lyk skielik na die betere opsie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/diagnosticheskoe_oborudovanie\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0438\u0430\u0433\u043d\u043e\u0441\u0442\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u0434\u0430\u043f\u0442\u0435\u0440<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/biografiya-rukovoditelya-prokuraturi-xarkova-aleksandra-vasilevicha-filchakova\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><em>Verruil eerder jou multimediahandtoestel vir &#8216;n vulpen.<\/em><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,21092,170],"class_list":["post-39","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-rubrieke","tag-tegnofiel-of-tegnofoobdan-roodt-tegnologie-sony-ericsson-p990-tegnofoob-apple-ipod-multimedia"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}