{"id":38884,"date":"2016-06-19T13:13:35","date_gmt":"2016-06-19T11:13:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38884"},"modified":"2016-06-20T10:07:09","modified_gmt":"2016-06-20T08:07:09","slug":"trump-en-die-binnekring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38884","title":{"rendered":"Trump en die binnekring"},"content":{"rendered":"<p>Die miljard\u00ear eiendomsagent en sakeman Donald Trump het tot dusver goeie oorwinnings behaal. Hy lyk die mees geliefde kandidaat te wees vir die Withuis die komende vier jaar, en sy populariteit word verder versterk deurdat sy teenstaanders bedreig voel deur sy sukses. Inderdaad word daar neerhalend gepraat van die \u201cverouderde wit patriargie\u201d- die nommer een paria van ons tyd \u2013 wat hom as president wil h\u00ea in \u2018n poging om sy kiesers te beswadder.<\/p>\n<p>Hierdie gevoelens van bedreiging word nog verder versterk as ons in ag neem dat George Soros sy geld teen Trump ingesit het en dat dit <a href=\"http:\/\/www.infowars.com\/cop-admits-violent-protesters-were-bussed-into-trump-rally\/\">uitgelek<\/a> het dat anti-Trump ondersteuners per bus ingery word na politieke byeenkomstes om amok te saai.<\/p>\n<p>Met ander woorde, Trump het heel suksesvol die skyn voor dat hy Amerika terug gaan bring na die manier hoe dit was en wegbeweeg van die skelm planne van die linksgesinde Nuwe W\u00eareldorde. Sodoende het hy die harte gesteel van menige konserwatiewe simpatisant.<\/p>\n<p>Een van die redes vir sy sukses is omdat Amerika genoeg gehad het van die alewige politiekery van daardie vaste kliek in Washington. Bowendien het hy die beste meriete van die drie belangrikste kandidate, die ander twee synde die psigopaat en leuenaar Hillary Clinton en die boemelaar Bernie Sanders.<\/p>\n<p>Van Bernie Sanders weet ons betreklik min, behalwe dat hy veertig jaar oud was toe hy vir die eerste keer \u2018n salaristjek ontvang het. Hy het sy hele jeug opgekruip by ekstreemlinkse en kommunistiese bewegings en het by vriende op die vloer geslaap. Hy is met ander woorde net so \u2018n leegl\u00eaer en uitsuiger soos sy held Karl Marx.<\/p>\n<p>In Hillary se sondige verlede het ons heelwat meer insae. Haar eerste bekende skandaal is toe sy uit die Watergatekommissie geskors was omdat sy oneties gehandel het deur gegewens weg te steek en op eie inisiatief artikels geskryf het om Nixon se verdediging verder te ondermyn. Later in haar loopbaan as presidentsvrou was haar vertroueling en sakevennoot in die Withuis, Vince Foster, na alle waarskynlikheid <a href=\"http:\/\/www.thepoliticalinsider.com\/new-documents-prove-hillary-clinton-murder-cover\/\">vermoor<\/a> omdat hy te veel geweet het oor haar sogenaamde \u201cChildren\u2019s Defense Fund\u201d wat \u2018n frontorganisasie was om omkoopgeld wit te was. Foster se privaatspeurder Jerry Parks was ook doodgeskiet toe hy Bill Clinton se seksuele eskapades wou ondersoek.<\/p>\n<p>\u2018n Mens vergeet ook maklik dat Hillary Clinton \u2018n groot voorstander was van die oorlog teen Irak, wat meer as \u2018n miljoen Moslems se lewens gekos het. Daarbenewens het sy vanuit haar onbeskermde privaat eposadres die Amerikaanse ambassadeur in Libi\u00eb \u2013 Chris Stevens \u2013 se verblyfplek en sekuriteitsituasie <a href=\"http:\/\/www.thepoliticalinsider.com\/proof-hillary-clinton-told-terrorists-kill-ambassador-chris-stevens\/\">bekendgemaak<\/a> wat later sy lewe gekos het. Agterna het sy die <a href=\"http:\/\/www.dailywire.com\/news\/608\/hillary-blames-chris-stevens-his-own-death-ben-shapiro\">vermetelheid<\/a> gehad om te beweer dat Stevens self verantwoordelik was vir sy dood.<\/p>\n<p>Om te dink dat president Nixon destyds uit sy amp gesit was omdat hy agtien minute se geluidfragmente uitgewis het, en Hillary sowat dertig duisend onbeskermde eposse uitgewis het maar nog steeds na presidentskap mik, bewys dat die VS in \u2018n ernstige morele krisis verkeer.<\/p>\n<p>En dit bring ons by die Donald.<\/p>\n<p>Daar is indikasies dat meneer Trump, ondanks sy openbare beeld, geen buitestaander is nie. Sterker nog, hy is net so deel van die korrupte binnekringe as sy demokratiese teenhangers. Dit is die mening van die vorige senator <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=YqMbFP-J_NU\">dr. Cynthia McKinney<\/a> altans (luister vanaf 7 minute). As invloedryke sakeman het Trump \u2018n loopbaan opgebou om aan die deur te klop van vooraanstaande Republiekeine om gunse te vra, en is om daardie rede net so vertroud met Washington se skadunetwerk en agterkamerpolitiek as enige ander kandidaat. Laat staan nog dat sy politieke invloede in die vroe\u00eb negentiger jare gehelp het om hom \u2018n paar miljard dollar noodgeld te leen toe hy bankrot gespeel het. Volgens McKinney is Trump hoofsaaklik ingesit vir vermaaklikheidsredes, anders sou die presidensi\u00eble debat geval het tussen die Republikein Jeb Bush en die Demokraat Hillary Clinton, met min spektakul\u00eare waarde.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-38886\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/hillarytrumpbill-300x225.jpg\" alt=\"hillarytrumpbill\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/hillarytrumpbill-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/hillarytrumpbill.jpg 500w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n<p>Ander aanwysings oor Trump se kontakte is sy vriendskap met die Clintons, sowel as\u00a0op die golfbaan as by ander geleenthede. Bill Clinton se vriend, die miljard\u00ear pedofiel Jeffrey Epstein, is eienaar van die \u201cLolita Express\u201d, \u2018n Boeing 727 straler waar Epstein se vriende hulself kan vergryp aan minderjarige kinders op 12 kilometer hoogte.<\/p>\n<p>Bill Clinton het in drie jaar tyd sowat <a href=\"http:\/\/www.dailymail.co.uk\/news\/article-3589628\/Report-Bill-Clinton-jumped-aboard-disgraced-sex-offender-Jeffrey-Epstein-s-Lolita-Express-plane-junkets-26-TIMES-just-three-years.html\">elf vlugte<\/a> onderneem op die Lolita Express. Die bestemming van die vliegtuig is Epstein se private eiland in die Karibiese gebied, waar nog meer jong kinders klaar staan om die groot menere te verwelkom. <\/p>\n<p>Trump hou die publiek se gemoedere warm omdat hy die taal van die konserwatiewe Amerikaner praat. Die onlangse skietinsident in \u2018n gay diskoteek in Orlando het Trump, soos ons kan verwag van \u2018n Republikein, gepleit vir meer instroombeheer en minder wapenwette.<\/p>\n<p>Iets waar Trump nie op ingegaan het nie, is die manier waarop omgegaan was met die hantering van hierdie insident. Soos met ander bekende gebeurtenisse die afgelope paar jaar, is daar aanwysings dat hierdie \u2018n <a href=\"https:\/\/memoryholeblog.com\/2016\/06\/14\/orlando-nightclub-shooting-questions-and-anomalies-surround-worst-mass-shooting-in-u-s-history\/\">vals insident<\/a> was: \u2018n Paar uur later kon hulle niemand identifiseer nie, selfs al het die meeste nagklubbesoekers \u2018n identiteitsbewys by hulle. \u2018n Dag later het hulle nog geen liggaam geberg of afgevoer nie, en daar is <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=wiLk-V9DFpc\">videomateriaal<\/a> wat aanwys dat \u201cgewondes\u201d n\u00e1 die diskoteek gedra was in plaas van weg daarvan.<\/p>\n<p>Selfs met die Boston maraton bom van 2013 het daar <a href=\"https:\/\/buelahman.wordpress.com\/2013\/04\/20\/are-you-just-a-believer-or-do-you-think\/\">beeldmateriaal<\/a> verskyn wat \u2018n mens laat kopkrap oor die waaragtigheid daarvan. President Obama kon binne 48 uur \u2018n charismatiese en weldeurdagte toespraak lewer van ongeveer \u2018n driekwart uur in Boston (Dit vat my ongeveer 2-3 uur om \u2018n vyf minute rubriek te skryf).<\/p>\n<p>As Trump werklik buite die politieke gekonkel gestaan het, sou hy met sy invloed seker meer eise kon stel vir objektiewe verslaggewing oor hierdie tragiese gebeure.<\/p>\n<p>In die Verenigde State is politieke speletjies aan die orde van die dag. Die stigters van daardie land het die Grondwet juis so opgestel om nie die foute van die ou w\u00eareld te herhaal nie, maar die slu skaduregering het maniere gevind om hierdie te omseil. Die ergste van al is dat hulle dit self ook toegee, maar blykbaar dring dit nie werklik deur tot die publiek nie.<\/p>\n<p>In die VS kan \u2018n leier deur die publiek VER-kies word, maar nie GE-kies word nie. Die kiesery is alreeds gedoen agter die publiek se rug om. Interessant genoeg praat hulle ook van die stemburo\u2019s as \u201cthe polls\u201d, en soos ons weet is \u2018n \u201cpoll\u201d \u2018n meningsopname. Al wat hierdie \u201cpolls\u201d dus doen is om die menings van die Amerikaners te neem om te sien watter een van die voorgestelde leiers die presidentskap moet oorneem. Geen een van hierdie leiers gaan \u2018n fundamentele verandering teweegbring nie, want hulle is alreeds deur hulle base (die skaduregering) sorgvuldig uitgekies.<\/p>\n<p>Al hierdie histrioniese geskel en getier teen Trump is uiteindelik bloot \u2018n politieke sepie. Net soos bykans alle presidentskandidate teruggegaan het op hul verkiesingsbeloftes toe hulle eenmaal die Ovaalkantoor betree het, kan ons nie verwag dat Trump \u2018n wesenlike verskil gaan maak nie.<\/p>\n<p>Bowendien koop Amerikaners nou massaal vuurwapens as protes teen Obama se dreiging om die wapenwette te verstewig. Hulle mag gerus hul wapens aanskaf. Dit is bloot \u2018n kwessie van tyd of hierdie wet op die beperking van wapens nog aggressiewer ingevoer gaan word en dan gaan hierdie wapens in elk geval in die hande van die outoriteite beland, soortgelyk op die wyse waarop die publiek se geld altyd by die rykes opeindig na elke ekonomiese krisis.<\/p>\n<p>Dit is dalk pessimsities gestel, maar \u2018n mens wonder of die Verenigde State nog gered kan word teen \u2018n volslae totalitarisme.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die miljard\u00ear eiendomsagent en sakeman Donald Trump het tot dusver goeie oorwinnings behaal. Hy lyk die mees geliefde kandidaat te wees vir die Withuis die komende vier jaar, en sy populariteit word verder versterk deurdat sy teenstaanders bedreig voel deur sy sukses. Inderdaad word daar neerhalend gepraat van die \u201cverouderde wit patriargie\u201d- die nommer een [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":38889,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[21995,22698,12998,10660,5829,22696,22697],"class_list":["post-38884","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-bernie-sanders","tag-cynthia-mckinney","tag-donald-trump","tag-george-soros","tag-hillary-clinton","tag-jeffrey-epstein","tag-lolita-express"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38884","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38884"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38884\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38889"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38884"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38884"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38884"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}