{"id":38817,"date":"2016-06-15T09:54:50","date_gmt":"2016-06-15T07:54:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38817"},"modified":"2016-06-15T09:54:50","modified_gmt":"2016-06-15T07:54:50","slug":"honde-eienaars-gewaarsku-oor-vergiftiging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38817","title":{"rendered":"Honde-eienaars gewaarsku oor vergiftiging"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie in die Vrystaat en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) doen \u2018n beroep op honde-eienaars om voorvalle aan te meld waarin honde deur booswigte vergiftig word om makliker toegang tot eiendomme te verkry.<\/p>\n<p>Dit kom nadat voorvalle van vergiftiging sedert die begin van die jaar in Welkom, Virginia en omliggende gebiede toenemend voorgekom het. Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, s\u00ea nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die mees onlangse voorval waarin vier honde op \u2018n erf in Bedelia in Welkom vergiftig is nie. <\/p>\n<p>Daar is in die motorhuis ingebreek en \u2018n motorfiets is gebuit terwyl die eienaars geslaap het. Hulle het eers die volgende dag op hul dooie honde afgekom. Hy s\u00ea sodra eienaars vermoed hul honde is vergiftig, moet dit aangemeld word sodat di\u00e9 woongebiede onder meer intensief gepatrolleer kan word. Die voorsitter van die DBV se Virginia-tak, Thea Smit, s\u00ea sedert Januarie is sowat 50 voorvalle in di\u00e9 gebied aangemeld.<\/p>\n<p>Smit beaam Thakeng se versoek dat voorvalle van vergiftiging aangemeld moet word. \u201cLaat weet ook jou bure, want in baie gevalle word jou honde vergiftig, omdat hulle ook \u2018n lawaai gaan maak as daar by jou bure ingebreek word.\u201d Sy s\u00ea daar moet rekord gehou word van die voorvalle sodat statistieke beskikbaar is. Honde is nie slegs daar om eiendom te beskerm nie, hul veiligheid moet ook in ag geneem word. <\/p>\n<p>Sy beveel aan dat honde veral snags, indien moontlik, in die huis slaap of in \u2018n buitekamer wat nie aan die straat grens nie. Dit kan voorkom dat honde vergiftig word. Sy glo honde is meer werd as hulle in die huis is, want hulle kan hul eienaars waarsku as daar indringers is.<\/p>\n<p>Thakeng s\u00ea mense moet juis na s\u00f3 \u2018n voorval hul veiligheid ook opskerp. Plaaslike buurtwagte en veiligheidsmaatskappye moet in kennis gestel word. \u2018n Klag van opsetlike saakbeskadiging kan by die polisie aangemeld word wanneer honde vergiftig word.<\/p>\n<p>Smit s\u00ea huiseienaars kom in sommige gevalle eers die volgende oggend op hul vergiftigde honde af. Dan is daar in buitekamers of motorhuise ingebreek. In ander gevalle is honde vergiftig sonder dat daar ingebreek is. Daar was dalk elders in die straat \u2018n inbraak. Sy s\u00ea honde word hoofsaaklik snags vergiftig. Die gevreesde, dodelike Two-Step word in onder meer rou vleis versteek en vir honde gegooi om te vreet.<\/p>\n<p>Vergiftigde honde moet spoedig na \u2018n veearts of die DBV geneem word. Honde kan simptome soortgelyk aan \u2018n epileptiese aanval toon. Dit sluit in die swaar beweging van ledemate, braking en speeksel uit die hond se mond. Geaktiveerde houtskool of \u2018n lakseermiddel kan help, s\u00ea sy. Dit is egter uiters noodsaaklik om steeds mediese hulp te kry.<\/p>\n<p>Intussen s\u00ea Reinette Meyer, \u2019n senior inspekteur van die Bloemfonteinse DBV, sover bekend was daar nie onlangs enige soortgelyke voorvalle in Bloemfontein nie. Die polisie het dit ook bevestig. Meyer s\u00ea dit is egter belangrik dat inwoners ingelig word oor hierdie tipe misdaad.<\/p>\n<p>Bron: OFM<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie in die Vrystaat en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) doen \u2018n beroep op honde-eienaars om voorvalle aan te meld waarin honde deur booswigte vergiftig word om makliker toegang tot eiendomme te verkry. Dit kom nadat voorvalle van vergiftiging sedert die begin van die jaar in Welkom, Virginia en omliggende gebiede toenemend voorgekom het. Polisiewoordvoerder, Stephen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38817\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Honde-eienaars gewaarsku oor vergiftiging&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38819,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[5172,218,5570,22676,7310,20978],"class_list":["post-38817","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-diefstal","tag-misdaad","tag-roof","tag-troeteldiere","tag-veiligheid","tag-vergiftiging"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38817","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38817"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38817\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38819"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38817"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38817"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38817"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}