{"id":38796,"date":"2016-06-15T07:49:39","date_gmt":"2016-06-15T05:49:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38796"},"modified":"2016-06-15T07:55:13","modified_gmt":"2016-06-15T05:55:13","slug":"merkel-bring-haar-negende-besoek-aan-china","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38796","title":{"rendered":"Merkel bring haar negende besoek aan China"},"content":{"rendered":"<p>Die Duitse kanselier Angela Merkel het vandeesweek haar negende besoek aan China gebring, saam met &#8216;n groot afvaardiging van senior amptenare en entrepreneurs.<\/p>\n<p>As onderskeidelik die tweede en vierde grootste ekonomie\u00eb ter w\u00eareld, is China en Duitsland die groei-enjins vir Asi\u00eb en Europa. <\/p>\n<p>Duitsland bly steeds die ekonomiese hoop vir Europa. Danksy sy vaste industri\u00eble basis en tegnologiese spierkrag, is groei stabiel. As die grootste opkomende ekonomie, het China dus baie om te leer van Europa se reus.<\/p>\n<p>Alhoewel hulle is gele\u00eb op twee uiterstes van Eurasi\u00eb, het die twee lande &#8216;n noue en &#8216;n ho\u00eb-vlak strategiese en ekonomiese vennootskap wat hulle met mekaar handhaaf.<\/p>\n<p>Duitsland is die land wat die meeste deur China se ekonomiese groeipotensiaal bevoordeel word. Die uitvoer van Duitsland na China het verdubbel in die afgelope dekade, en die bilaterale handelsvolume tussen die twee het verlede jaar meer as \u20ac160 miljard bereik. <\/p>\n<p>Duitsland is ook die Europese land wat die meeste bel\u00ea en die meeste tegnologie aan China oordra. Hoewel die groot verskille in nasionale toestande en ekonomiese grondbeginsels bly, is dit steeds &#8216;n voordelige verhouding.<\/p>\n<p>Die twee lande het tydens die besoek &#8216;n konsensus bereik oor sake van strategiese belang en het ingestem om samewerking in finansies, motorproduksie, inligtingstegnologie en vliegtuie te versterk, ten einde die implementering van hul onderskeie industri\u00eble ontwikkelingsprogramme beter te ko\u00f6rdineer, naamlik <em>China Vervaardiging 2025<\/em> en Duitsland se <em>Industrialisasieplan 4.0<\/em>.<\/p>\n<p>Duitsland moet sekere verpligtinge nakom, soos bepaal deur artikel 15 van die protokol oor die toetrede van China tot die W\u00eareld Handelsorganisasie, maar het tog kommer uitgespreek oor marktoegang en verbintenis tot regsbeginsels in Asi\u00eb se sterkste moondheid.<\/p>\n<p>Duitsland het sy steun toeges\u00ea aan China se aanbieding van die G20-beraad vanjaar in Hangzhou, terwyl die twee daadwerklike stappe sal neem om die G20-lande aan te moedig om groei te stimuleer, ko\u00f6rdinasie in makro-ekonomiese beleid te versterk, stabiliteit van die globale mark in stand te hou, asook om die 2030-agenda vir volhoubare ontwikkeling en handel en belegging te fasiliteer.<\/p>\n<p>China steun ook Duitsland se aanbieding van die G20-vergadering aanstaande jaar. <\/p>\n<p>Een van die vernaamste redes vir China se volgehoue belangstelling, is Duitsland se ontwikkelde kommersi\u00eble bankstelsel en toekomsgerigte finansi\u00eble sektor. <\/p>\n<p>Die klem op die strategiese status van die vervaardigingsbedryf, verhoging van insette in tegnologiese innovasie en bestendigheid, is volgens die Chinese besonder navolgingswaardig. Maar ho\u00eb arbeidskoste en die vermindering van winsverhouding in ondernemings bly &#8216;n kopseer wat deur Merkel se onbesonne immigrasiebeleid tot maatskaplike probleme kan lei.<\/p>\n<p>Duitsland is meer ko\u00f6peratief en toekomsgerig as die Verenigde State en Japan &#8211; &#8216;n mededinger &#8211; teenoor China, alhoewel die VSA een van die drie belangrike ankers vir die w\u00eareld se ekonomie bly. <\/p>\n<p>China beskik voorts oor die vermo\u00eb om sy strategiese ekonomiese vennootskap met Duitsland te konsolideer omdat hulle dieselfde landmassa deel, anders as wat die geval met Noord-Amerika is.<\/p>\n<p>Die eerste vragtrein uit die Oos-Chinese stad Zhengzou het in 2013 in Hamburg, Duitsland aangekom.<\/p>\n<p>Die trein het meer as 10 000 kilometer in net 15 dae afgel\u00ea, minder as helfte van die normale reistyd per see.<\/p>\n<p>Swaar vrag wat nie vervoer kan word per vliegtuig nie, soos motoronderdele en elektroniese goedere, baat in die besonder daarby.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Duitse kanselier Angela Merkel het vandeesweek haar negende besoek aan China gebring, saam met &#8216;n groot afvaardiging van senior amptenare en entrepreneurs. As onderskeidelik die tweede en vierde grootste ekonomie\u00eb ter w\u00eareld, is China en Duitsland die groei-enjins vir Asi\u00eb en Europa. Duitsland bly steeds die ekonomiese hoop vir Europa. Danksy sy vaste industri\u00eble &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38796\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Merkel bring haar negende besoek aan China&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38797,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[],"class_list":["post-38796","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38796","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38796"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38796\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38797"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38796"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38796"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38796"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}