{"id":38716,"date":"2016-06-13T09:45:34","date_gmt":"2016-06-13T07:45:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38716"},"modified":"2016-06-13T09:45:34","modified_gmt":"2016-06-13T07:45:34","slug":"libmedia-slaan-vure-dood-na-groteske-moslemmassamoord-in-orlando","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38716","title":{"rendered":"Libmedia slaan vure dood n\u00e1 groteske Moslemmassamoord in Orlando"},"content":{"rendered":"<p>Die w\u00eareld se liberale media is besig om angstig vure dood te slaan n\u00e1 die groteske massamoord deur\u00a0Omar Mateen op meer as 50 mans in &#8216;n homoseksuele kroeg in Orlando, Florida in die VSA. Mateen, wat self in die skietery deur polisie omgebring is, was &#8216;n uitgesproke Moslem wat reeds jare lank dreig om homoseksuele te gaan skiet. Blykbaar het hy onlangs saam met sy vrou en kind twee mans gesien wat mekaar in die openbaar soen, wat sy woede verhoog het.<\/p>\n<p>Hoewel van Afghaanse oosprong, was Mateen &#8216;n Amerikaanse burger.<\/p>\n<p>Die massamoord het w\u00eareldwye afgryse, asook &#8216;n anti-Islamsentiment veroorsaak en gaan waarskynlik die kandidatuur van mnr. Donald Trump vir die Amerikaanse presidentskap bevoordeel. Die groot liberale media soos die New York Times en die Londense Guardian is daarom besig om vure dood te slaan deur die skietery op &#8220;die beskikbaarheid van wapens in Amerika&#8221; te blameer. In sy reaksie het die Amerikaanse president, Barack Obama, ook nie na die Moslemgeloof van die aanvaller verwys nie en bloot ges\u00ea dat &#8220;die owerheid nog nie tot &#8216;n definitiewe oordeel geraak het sover dit die skieter se motivering betref nie&#8221;, maar dat die FBI dit as &#8216;n terreurdaad sou ondersoek.<\/p>\n<figure id=\"attachment_38718\" aria-describedby=\"caption-attachment-38718\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-38718\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando-300x200.jpg\" alt=\"Die homoklub Pulse in Orlando, Florida\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando-768x512.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando-148x99.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando-323x215.jpg 323w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/pulse_orlando.jpg 990w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-38718\" class=\"wp-caption-text\">Die homoklub Pulse in Orlando, Florida<\/figcaption><\/figure>\n<p>Obama het ook ges\u00ea dat die VSA &#8220;nie aan vrees moet toegee nie&#8221; en bygevoeg: &#8220;Dis helder dat hy iemand was wat met haat gevul was. Oor die komende dae sal ons uitpluis hoe en waarom dit gebeur het. Dit kon in enige van ons gemeenskappe gebeur het. As &#8216;n land, sal ons daar wees vir Orlando, vandag, m\u00f4re en vir al die dae wat nog moet kom.&#8221;<\/p>\n<p>Die Londense Guardian weier om die skietery op homo&#8217;s as &#8216;n daad te sien wat deur Islam gemotiveer is en blameer daarom die &#8220;maklike toegang tot wapens&#8221;. Die koerant s\u00ea in &#8216;n hoofartikel:<\/p>\n<p>&#8220;Die aaklige waarheid is dat die Amerikaanse samelewing kwesbaar vir sulke aanvalle is op &#8216;n manier waarop ander (samelewings) nie is nie, vanwe\u00eb sy geloof dat vryheid maklike, wye toegang tot dodelike wapens vereis. Terwyl dit waar is dat wapens nie mense doodmaak nie, soos die slagspreuk lui, maak mense met wapens wel mense dood, en hulle doen dit baie vinniger en meer doeltreffend as wat mense sonder wapens kan uitrig.&#8221;<\/p>\n<p>Intussen het dit ook aan die lig gekom dat, selfs al sou daar geen toegang tot wapens in die VSA wees nie, Mateen wel wapens sou gehad het omdat hy vir die Britse veiligheidsmaatskappy G4S gewerk het. As gevolg van sy werk, het hy in elk geval toegang tot opleiding en wapens gehad.<\/p>\n<p>Die voorval word as die ergste massaskietery in die Amerikaanse geskiedenis beskou, aangesien 50 dood en 53 gewond is toe Mateen op klante by die homoseksuele nagklub Pulse in die middestad van Orlando losgebrand het. Volgens die owerheid het hy Sondagoggend rondom 2-uur Amerikaanse tyd op die klub afgestorm en begin vuur. Hy is later deur &#8216;n polisietaakmagspan op die toneel doodgeskiet.<\/p>\n<p>Volgens die TV-netwerk NBC News, het Mateen oomblikke voor hy begin skiet het, die noodnommer 911 geskakel en sy trou aan die leier van die Islamitiese Staat bely. Volgens mnr. Adam Schiff (D-Kalif.) in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en lid van die Huis-inligtingskomitee, is hy ook in &#8216;n verslag vertel dat die skieter &#8220;sy verbintenis met ISIS verklaar het&#8221;.<\/p>\n<p>Dit blyk ook dat Mateen reeds verskeie kere op die radarskerm van die Amerikaanse veiligheidsdienste beland het weens sy radikale Islamitiese uitsprake op sosiale media, maar dat dit nie belangrik genoeg geag is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die w\u00eareld se liberale media is besig om angstig vure dood te slaan n\u00e1 die groteske massamoord deur\u00a0Omar Mateen op meer as 50 mans in &#8216;n homoseksuele kroeg in Orlando, Florida in die VSA. Mateen, wat self in die skietery deur polisie omgebring is, was &#8216;n uitgesproke Moslem wat reeds jare lank dreig om homoseksuele &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38716\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Libmedia slaan vure dood n\u00e1 groteske Moslemmassamoord in Orlando&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38717,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[12756,10900,21320,22655,22653,22654,12152],"class_list":["post-38716","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-florida","tag-homoseksuele","tag-klub","tag-omar-mateen","tag-orlando","tag-pulse","tag-skietery"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38716","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38716"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38716\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38717"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38716"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38716"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38716"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}