{"id":38715,"date":"2016-06-13T09:50:31","date_gmt":"2016-06-13T07:50:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38715"},"modified":"2016-06-14T06:08:43","modified_gmt":"2016-06-14T04:08:43","slug":"orlando-skieter-het-veiligheidsklaring-van-g4s-gehad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38715","title":{"rendered":"Orlando-skieter het veiligheidsklaring van G4S gehad"},"content":{"rendered":"<p>Die gewapende Moslem wat 50 gays in `n nagklub in Orlando in Florida doodgeskiet het, het so onlangs as 2013 sekerheidsklaring van sy werkgewer, die internasionale veiligheidsmaatskappy G4S ontvang. <\/p>\n<p>Die 29-jarige Omar Mateen het twee keer veiligheidsklarings ontvang. <\/p>\n<p>Die Amerikaanse speurdiens, die FBI s\u00ea Mateen is in 2013 en weer in 2014 ondervra nadat hy aan sy mede-werkers aangedui het dat hy militante groepe steun.<\/p>\n<p>Hy het Sondag met &#8216;n handwapen en geweer in die gay nagklub losgebrand. <\/p>\n<p>Die aanvaller, wat deur die polisie doodgeskiet is, het ook &#8216;n onbekende toestel aan sy lyf gebind gehad. Die voorval word as &#8216;n binnelandse terreurdaad ondersoek.<\/p>\n<p>Talle gays is ook gewond in die aanval. <\/p>\n<p>Dit is die mees moorddadige aanval sedert 9\/11 op Amerikaanse grondgebied. &#8216;n Noodtoestand is in Florida verklaar in wat beskou word as die ergste massa-skietery in onlangse geskiedenis. <\/p>\n<p>Mateen is &#8216;n Amerikaanse burger en kind van &#8216;n immigrante-egpaar uit Afghanistan. <\/p>\n<p>Hy het by &#8216;n aftree-oord in die suide van Florida gewerk.  <\/p>\n<p>Die Islamitiese Staat (ISIS) het vroe\u00ebr deur sy nuusagentskap aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.<\/p>\n<p>Amerikaanse owerhede probeer die militantegroep se betrokkenheid by die aanval onderspeel, maar NBC het berig dat die skieter trou aan ISIS gesweer het voor die aanval.<\/p>\n<p>Pres. Barack Obama het nie een keer na Moslems of Islam in sy verklaring oor die skietery verwys nie, maar &#8220;wapens&#8221; verantwoordelik gehou.<\/p>\n<p>Bernie Sanders het ook die term &#8220;radikale Moslems&#8221; heeltemal vermy en wapens die skuld gegee. &#8220;Ek glo dat in hierdie land, moet ons nie outomatiese wapens verkoop wat ontwerp is om mense dood te maak nie,&#8221; het Sanders na die skietery ges\u00ea. <\/p>\n<p>Hillary Clinton wil die VSA se inname van sogenaamde vlugtelinge uit die Midde-Ooste dramaties verhoog gedurende &#8216;n eerste termyn as sy verkies word, maar die Amerikaanse Republikeinse presidensi\u00eble kandidaat, Donald Trump het ongebreidelde immigrasie skerp geskritiseer.<\/p>\n<p>In reaksie op die nagklubskietery het hy ges\u00ea dit was die werk van Islamitiese militante. <\/p>\n<p>Hy het ook later op sosiale media sy ondersteuners daaraan herinner dat hy reg was met sy waarskuwings teen radikale Islamitiese terreur. <\/p>\n<p>Trump het in Desember, nadat 14 mense in Kaliforni\u00eb doodgeskiet is, voorgestel dat Moslems verbied word om Amerika binne te kom. Hy het dit na die jongste skietery herhaal. <\/p>\n<p>Trump skryf op Twitter dat die Amerikaanse leierskap swak is in &#8216;n tyd wat hulle onversetlik behoort te wees. <\/p>\n<p>Hy het sy verkiesingsveldtog vanaand in New Hampshire weens die skietery gekanselleer, maar sal steeds vanmiddag by die Anselm-kollege praat.<\/p>\n<p>Owerhede in Santa Monica, Kaliforni\u00eb het intussen plofstof sowel as wapens en ammunisie Sondag in die motor van &#8216;n Moslem gekry wat hulle vertel het hy beplan om &#8216;n vriend by die gayfees in Wes-Hollywood op te soek, het &#8216;n Amerikaanse wetstoepassingsbron ges\u00ea.<\/p>\n<p>Federale en plaaslike wetstoepassers het besluit teen die kansellasie van die jaarlikse gay-optog wat Sondagoggend onder strenger sekuriteit plaasgevind het. <\/p>\n<p>Ondersoekbeamptes is nou besig om uit te pluis wat gebeur het, maar probeer ontken dat daar enige verband tussen di\u00e9 voorval en die slagting in Orlando, Florida is.<\/p>\n<p>Die polisie het op &#8216;n wenk gereageer dat &#8216;n verdagte man in Santa Monica opgemerk is. Sy naam is nie bekend gemaak nie.<\/p>\n<p>Beamptes het die motor ge\u00efnspekteer en &#8216;n hele paar wapens gekry, waaronder drie gewere, een van hulle &#8216;n aanvalsgeweer en &#8216;n bestanddeel wat gebruik kan word om &#8216;n pypbom te maak, het &#8216;n bron ges\u00ea. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gewapende Moslem wat 50 gays in `n nagklub in Orlando in Florida doodgeskiet het, het so onlangs as 2013 sekerheidsklaring van sy werkgewer, die internasionale veiligheidsmaatskappy G4S ontvang. Die 29-jarige Omar Mateen het twee keer veiligheidsklarings ontvang. Die Amerikaanse speurdiens, die FBI s\u00ea Mateen is in 2013 en weer in 2014 ondervra nadat hy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38715\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Orlando-skieter het veiligheidsklaring van G4S gehad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38720,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5],"tags":[12756,13469,10548,5361,5090,22655,22653,12152],"class_list":["post-38715","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-florida","tag-g4s","tag-gays","tag-islam","tag-moslem","tag-omar-mateen","tag-orlando","tag-skietery"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38715","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38715"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38715\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38720"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38715"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38715"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38715"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}