{"id":38597,"date":"2016-06-06T09:27:53","date_gmt":"2016-06-06T07:27:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38597"},"modified":"2016-06-06T09:27:53","modified_gmt":"2016-06-06T07:27:53","slug":"sa-se-kredietgradering-onveranderd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38597","title":{"rendered":"SA se kredietgradering onveranderd"},"content":{"rendered":"<p>Die kredietgraderingsagentskap, Standard and Poor&#8217;s het Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gelaat. Die huidige gradering is BBB-minus met &#8216;n negatiewe vooruitsig. <\/p>\n<p>Die agentskap het nogtans gewaarsku dat enige tekens van politieke omwenteling wat die ekonomiese beleid kan ondermyn, daartoe kan lei dat &#8216;n afgradering later vanjaar gedoen kan word.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n agentskap, Fitch se gradering word di\u00e9 week verwag.<\/p>\n<p>Die minister van finansies, Pravin Gordhan het die besluit verwelkom en ges\u00ea die besluit toon dat die land se ekonomie veerkragtig is.  <\/p>\n<p>Gordhan s\u00ea ekonomiese groei moet in die volgende paar maande uitgebrei word om te verseker dat die krediet nie in Desember afgegradeer word nie.<\/p>\n<p>S&#038;P se besluit is soortgelyk aan die van Moody&#8217;s wat die land se gradering op &#8216;n kerf bo rommelstatus met &#8216;n negatiewe vooruitskatting gelaat het.  <\/p>\n<p>Moody&#8217;s het Suid-Afrika se gradering verlede maand dieselfde gehou, maar die ekonomiese vooruitskatting na negatief verander.<\/p>\n<p>Die Rand het kort na die aankondiging teen die dollar gestyg wat op &#8216;n stadium meer as twee persent beter was as die dag tevore se verhandeling.<\/p>\n<p>Ekonome meen die land huiwer op die rand van &#8216;n resessie en dat &#8216;n afgradering die ekonomie in &#8216;n resessie sal indwing.<\/p>\n<p>Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het ges\u00ea Standard en Poor&#8217;s se besluit is &#8216;n mylpaal op die weg na sterker ekonomiese groei. <\/p>\n<p>Basa het in &#8216;n verklaring ges\u00ea daar moet nog harder gewerk word om volhoubare groei te verseker en dat fiskale dissipline en beleidsekerheid kritieke voorvereistes vir groei is.<\/p>\n<p>President Jacob Zuma het ook Standard en Poor&#8217;s se besluit verwelkom en het in &#8216;n verklaring die regering, sakelui en georganiseerde arbeid geloof en s\u00ea die afgelope maande se samewerking het daarin geslaag om die ekonomie op &#8216;n herstelpad te plaas. <\/p>\n<p>Zuma s\u00ea deur samewerking kan ekonomiese groei aangewakker word, beleggings gelok word en werkskepping verbeter.<\/p>\n<p>Die Kamer van Mynwese het ook die graderingsbesluit verwelkom en s\u00ea dit gee die land ses maande grasie om die situasie te verbeter.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kredietgraderingsagentskap, Standard and Poor&#8217;s het Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gelaat. Die huidige gradering is BBB-minus met &#8216;n negatiewe vooruitsig. Die agentskap het nogtans gewaarsku dat enige tekens van politieke omwenteling wat die ekonomiese beleid kan ondermyn, daartoe kan lei dat &#8216;n afgradering later vanjaar gedoen kan word. Nog &#8216;n agentskap, Fitch se gradering word [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38600,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[7915,22622,22623,13958,16980,17740,22624],"class_list":["post-38597","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-banke","tag-basa","tag-bbb-minus","tag-fitch","tag-kredietgradering","tag-moodys","tag-standard-and-poors"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38597","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38597"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38597\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38600"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38597"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38597"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38597"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}