{"id":38555,"date":"2016-06-02T07:44:49","date_gmt":"2016-06-02T05:44:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38555"},"modified":"2016-06-02T10:50:46","modified_gmt":"2016-06-02T08:50:46","slug":"isis-teiken-irak-se-hoofstad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38555","title":{"rendered":"ISIS teiken Irak se hoofstad"},"content":{"rendered":"<p>Militante het Maandag \u2019n vlaag aanvalle, waarin die kommersi\u00eble deel in en om die Irakse hoofstad, Bagdad geteiken is, van stapel gestuur, het AP berig.<\/p>\n<p>Minstens 20 mense is dood en meer as 50 is beseer. Die nuus kom midde aanduidings dat Irakse troepe gereed is om die stad Fallujah, wes van Bagdad, te herower. Dit is tans onder beheer van die Islamitiese Staat (ISIS).<\/p>\n<p>Sowat 20 000 kinders en burgerlikes is in Fallujah vasgekeer.<\/p>\n<p>Niemand het dadelik aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar nie, wat die kentekens van die ekstremiste getoon het. ISIS het verantwoordelik vir verskeie onlangse dodelike aanvalle in Bagdad en elders aanvaar. <\/p>\n<p>Sodanige aanvalle word gesien as \u2019n poging deur die militante om die weermag se aandag van die frontlinies af te lei.<\/p>\n<p>Die dodelikste aanval Maandag het die noordelike Sji\u00efties-gedomineerde Sjaab-woonbuurt van Bagdad plaasgevind waar \u2019n selfmoordbomaanvaller met sy plofstofbelaaide voertuig in \u2019n deursoekingspunt naby aan \u2019n kommersi\u00eble gebied vasgejaag en die lewens van vyf burgerlikes en drie soldate ge\u00ebis het.<\/p>\n<p>Nog 14 mense is in die aanval beseer.<\/p>\n<p>\u2019n Selfmoord-motorbomaanvaller het ook op \u2019n buitemuurse mark in die dorp, Tarmijah, ongeveer 50 kilometer noord van Bagdad, toegeslaan en die lewens van vier burgerlikes en twee polisiebeamptes ge\u00ebis.<\/p>\n<p>Die aanvalle kom midde Irakse milit\u00eare operasies om ISIS te ontsetel en Fallujah te herower nadat die stad vir twee jaar in die hande van militante was. <\/p>\n<p>Die operasie is \u2019n week gelede van stapel gestuur met Irakse magte wat kragte met paramilit\u00eare troepe, met die lugsteun van die Amerikaans-geleide koalisie, saamsnoer. <\/p>\n<p>Die stad is een van die laaste belangrike vestings van ISIS in die weste van Irak. Die ekstremistiese groep beheer steeds grondgebied in die noorde en weste van die land asook Mosul, Irak se tweede grootste stad.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Militante het Maandag \u2019n vlaag aanvalle, waarin die kommersi\u00eble deel in en om die Irakse hoofstad, Bagdad geteiken is, van stapel gestuur, het AP berig. Minstens 20 mense is dood en meer as 50 is beseer. Die nuus kom midde aanduidings dat Irakse troepe gereed is om die stad Fallujah, wes van Bagdad, te herower. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38555\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ISIS teiken Irak se hoofstad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38556,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7402,17039,22028,7829],"class_list":["post-38555","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-irak","tag-isis","tag-molsems","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38555","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38555"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38555\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38556"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38555"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38555"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38555"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}