{"id":38529,"date":"2016-06-01T11:20:18","date_gmt":"2016-06-01T09:20:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38529"},"modified":"2016-06-01T11:20:18","modified_gmt":"2016-06-01T09:20:18","slug":"karel-combrinck-taalverraad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38529","title":{"rendered":"Karel Combrinck: Taalverraad"},"content":{"rendered":"<p>Enigeen wat kon glo dat die verraad van FW de Klerk en sy trawante maar net beperkte gevolge sou h\u00ea wat ons op die een of ander manier tog sou kon \u00abbestuur\u00bb, het in &#8216;n droomw\u00eareld en gekkeparadys gelewe, want die verraad het deurgesuur tot alle vlakke van ons bestaan. Sal diesulkes dalk eendag weer uit hulle droomw\u00eareld wakker word, of gebeur dit dalk reeds? Kom ons hoop so. Mag hierdie artikeltjie &#8216;n beskeie bydrae daartoe lewer.<\/p>\n<p>Die sage rondom die uitfasering van Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria wat besig is om voor ons o\u00eb af te speel, bevat omtrent al die elemente van die bedrogspul wat oor &#8216;n lang tyd reeds aan die gang is en waarvan die aanslag teen ons taal, veral onder aanvoering van verloopte Afrikaners, die erfgename van FW de Klerk, slegs een uitvloeisel is. Slegs een uitvloeisel, maar waarskynlik die belangrikste.<\/p>\n<p>Lees in hierdie verband eers die berig op <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=38481\">Praag van 31 Mei<\/a> waarin verwys word na &#8216;n aanbevelings van &#8216;n \u00abtaalwerkgroep\u00bb van die Universiteit van Pretoria om die akademiese taal na Engels om te skakel.<\/p>\n<p>Die &#8220;taalwerkgroep&#8221; voer as motivering aan dat Afrikaans &#8220;segregasie&#8221; en &#8220;diskriminasie&#8221; in die hand werk Hoe onderrig in Afrikaans &#8220;segregasie&#8221; en &#8220;diskriminasie&#8221; kan daarstel, moet die here van die UP tog &#8216;n slag aan ons verduidelik. Dit help nie om dit maar net keer op keer klakkeloos te herhaal omdat dit polities korrek klink nie. Dit is skynbaar nou eenmaal &#8216;n linkse mode-slagspreuk wat deel van Afrikanerakademici se intellektuele mondering geword het. Miskien die hoofdeel.<\/p>\n<p>In beleidstukke oor die posisie van Afrikaans op universiteit (ewe skielik &#8216;n legio), kom die soort sinsnede, &#8220;indien prakties uitvoerbaar&#8221;, telkens voor. Tereg wys Praag daarop dat die sinnetjie daarop gerig is om die skuiwergat wat in die &#8220;Grondwet&#8221; gelaat is, (moedertaalonderrig <em>waar prakties uitvoerbaar<\/em>) te benut om Afrikaans onder te ploeg. In die beleidskrifte van die Universiteit van Stellenbosch kom soortgelyke sinsnedes ook herhaaldelik voor, soos &#8220;waar moontlik&#8221; of &#8220;indien prakties uitvoerbaar&#8221; en in die jongste geval &#8220;waar tyd dit toelaat&#8221;. Ons Afrikaanse taal kan dus nou aan universiteite geduld word \u00abwaar uitvoerbaar\u00bb, waar dit \u00abekonomies\u00bb is en waar \u00abtyd dit toelaat\u00bb. Feit is dat die gebruik van Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Stellenbosch heeltemal moontlik sou wees indien die w\u00edl by die ruggraatose universiteitsowerhede bestaan het om dit moontlik te maak. En as hulle nie die wil het nie, of bang is vir die ANC, moet hulle waai.<\/p>\n<p>Voorts het die Universiteit van Pretoria nou &#8216;n &#8220;onafhanklike transformasiepaneel&#8221; in die lewe geroep om onder meer oor die taalkwessie te beraadslaag .<\/p>\n<p>En dis hier waar die hoogheiligheid en geveinsdheid in alle erns begin.<\/p>\n<p>Eerstens, hoe kan die universtieit ons nou die rat voor die o\u00eb wil draai dat hulle, rakende die voortbestaan van die Afrikaanse taal, onbevange, \u00abdemokraties\u00bb, oop en ewewigtig is as die kampus van die universiteit reeds besaai is met plakkate en slagspreuke wat lui: \u00abAfrikaans must fall\u00bb?<\/p>\n<p>Hoe op aarde kan &#8216;n transformasiepaneel &#8220;onafhanklik&#8221; wees as ons almal weet wat &#8220;transformasie&#8221; beteken? Die sg. voorleggings wat hulle nou in &#8216; n gees van \u00abopenheid\u00bb bereid is om te oorweeg, is niks anders nie as &#8216;n rookskerm waaragter hulle kan doen wat hulle by voorbaat reeds besluit he : Afrikaans moet weg. En die armsalige kommentare van die aard: &#8220;Die besluit gaan &#8216;n negatiewe uitwerking op Afrikaans as wetenskapstaal h\u00ea&#8221; en &#8220;daar was nie genoeg geleentheid vir beraadslaging nie&#8221; en &#8220;dis jammer dat gesprekke oor taal gepolariseer is&#8221;, maak ditvir die universiteit net makliker: hulle kan mos nou s\u00ea: \u00abKyk, daar was ander menings ook in die \u00abdemokratiese\u00bb gesprek.<\/p>\n<p>Die bedoeling, soos in die aanbeveling van die \u00abtaalwerkgroep\u00bb uiteengesit, is dat Afrikaans op die kampus tot op dieselfde vlak as Pedi afgeskaal sal word. Tydens \u2018n oorgangsfase na volslae verengelsing, sal enkele tutoriale en studiemateriaal nog \u201cin Afrikaans en Pedi\u201d beskikbaar gestel word. Dat die sg \u00abtransformasiepaneel\u00bb tot enige ander gevolgrtrekking sal kom as die \u00abtaalwerkgroep\u00bb, kan ons, ten spyte van die UP se poging tot o\u00ebverblindery, maar op ons maag skryf. Die hele proses herinner aan die verhore teen afvalliges in die voormalige Sowjetunie: Al die uiterlike tooisels van &#8216;n regverdige verhoor, maar die oomblik dat die arme drommel by die hofsaal instap, weet hy reeds sy doppie is geklink.<\/p>\n<p>&#8216;n Verklaring van die universiteit rakende die \u00abtransformasiepaneel\u00bb lui :<\/p>\n<blockquote><p>\u00abDie Paneel se onmiddellike fokus is op die Universiteit se taalbeleid. Ander transformasiekwessies, soos institusionele kultuur en kurrikulumtransformasie, mag na 22 Junie 2016 aangespreek word.\u00bb<\/p><\/blockquote>\n<p>Die eerste aanslag is dus teen die Afrikaanse taal en die ander aangeleenthede sal daarna, onheilspellend, volg. (&#8216;n Mens sidder by die gedagte aan wat dit alles gaan behels).<\/p>\n<p>Dan nooi die Universiteit alle eksterne en interne belanghebbendes om voorleggings aan die Paneel te doen oor \u2013<\/p>\n<blockquote><p>\u00ab die huidige taalbeleid van die Universiteit van Pretoria ;<\/p>\n<p>voorstelle rondom \u2018n nuwe taalbeleid;<\/p>\n<p>die redes vir enige voorstel onder (b); en<\/p>\n<p>voorstelle betreffende die regmatige en praktiese implementering van enige nuwe taalbeleid of veranderinge aan die bestaande beleid. \u00bb<\/p><\/blockquote>\n<p>Voorstelle word dus ingewag oor &#8216;n \u00abnuwe taalbeleid\u00bb. L.W. Die uitnodiging het &#8216;n strekking. Daar word insette verlang oor &#8216;n \u00abnuwe\u00bb taalbeleid (d.w.s. sonder Afrikaans natuurlik, wat anders?) en wyses waarop dit so pynloos as moontlik ge\u00efmplementeer kan word. Mense wat nie hulle steun verleen aan die \u00abnuwe\u00bb taalbeleid nie moet liefs nie insette lewer nie, want dit sal nie \u00absinvol\u00bb wees nie en hulle sal &#8216;n \u00abgebrek aan samewerking\u00bb openbaar.<\/p>\n<p>Wat inderdaad \u00abnuut\u00bb is in die situasie, is dat die universiteit duidelik besig is om sy taalbeleid te hersien en te rig ooreenkomstig die wil van hulle ANC-opdraggewer. Hoekom s\u00ea hulle dit dan nie maar prontuit nie ?<\/p>\n<blockquote><p>\u00abDie Paneel werk onafhanklik van huidige interne Universiteitsprosesse oor transformasie\u00bb.<\/p><\/blockquote>\n<p>So beweer hulle.<\/p>\n<p>Hulle moet tog dink ons is totale idiote om so-iets te wil glo.<\/p>\n<p>En dan volg die volgende politiek gelaaide paragraaf :<\/p>\n<blockquote><p>\u00abOns hoop dat sinvolle voorleggings ontvang sal word in \u2018n gees van openheid, vertroue en samewerking, ten einde die Universiteit van Pretoria vorentoe te neem om die belangrike rol te speel wat hy in ons grondwetlike demokrasie moet speel.\u00bb<\/p><\/blockquote>\n<p>Eerstens, wie bepaal wat \u00absinvolle voorleggings\u00bb sal uitmaak ? Is \u00absinvolle voorleggings\u00bb nie net maar di\u00e9 wat die \u00abtransformasiemodel\u00bb onderskryf nie? Het die universiteit nie dus die aangeleentheid reeds by voorbaat beslis nie? Slegs &#8216;n resultaat sal aanvaarbaar wees wat volgens hulle \u00absinvol\u00bb is. Van watter \u00abvertroue\u00bb kan in sulke omstandighede sprake wees? En dan, wat is presies die rol wat die universteit in \u00abons grondwetlike demokrasie\u00bb moet speel? Is dit deel van die rol van die universiteit in \u00abons grondwetlike demokrasie\u00bb om Afrikaans as akademiese taal gelyk te stel aan Pedi ?<\/p>\n<p>Ten slotte haal die verklaring breedvoerig aan, kwylend van gedienstige vroomheid, uit die aanhef tot die Suid-Afrikaanse grondwet. (Die houding is klaarblyklik \u00abas ons die grondwet aanhaal, veral die aanhef, dan is ons op veilige grond en kan ons vir die res maar in onsin verval\u00bb) :<\/p>\n<blockquote><p>\u2018Ons, die mense van Suid-Afrika,<\/p>\n<p>Erken die ongeregtighede van ons verlede;<\/p>\n<p>Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het, ens. Ens&#8230;&#8230; \u00bb<\/p><\/blockquote>\n<p>Feit is egter dat, soos met alle grondwette, die aanhef tot die SA grondwet ook bestaan uit &#8216;n vae, idealistiese en hoogdrawende relaas van goeie bedoelings waarmee niemand eintlik kan verskil nie, d.w.s. grootliks niksseggend.<\/p>\n<p>Voorts kan daar sekerlik nie ges\u00ea word dat hierdie grondwetbeginsels in die Suid-Afrikaanse samelewing werklik nagestreef of eerbiedig word nie. Talle basiese regte van mense word hier op daaglikse grondslag vertrap en rassediskriminiasie van die \u00abregte soort\u00bb is aan die orde van die dag. Die reg op ons taal is bv. (\u00abwaar moontlik\u00bb !) &#8216;n grondwetlike reg waarvan die Universiteit van Pretoria ons nou wil ontneem.<\/p>\n<p>In die stad van Paul Kruger en Andries Pretorius wil hulle ons taal, Afrikaans, &#8216;n nekslag toedien om hulle \u00abnuwe\u00bb meesters te behaag. Hulle moet net die moed aan die dag l\u00ea om dit te erken en ons die Pilatustoertjies en sedeprekery oor \u00abdemokrasie\u00bb maar gespaar laat bly. Dit beledig ons intelligensie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Enigeen wat kon glo dat die verraad van FW de Klerk en sy trawante maar net beperkte gevolge sou h\u00ea wat ons op die een of ander manier tog sou kon \u00abbestuur\u00bb, het in &#8216;n droomw\u00eareld en gekkeparadys gelewe, want die verraad het deurgesuur tot alle vlakke van ons bestaan. Sal diesulkes dalk eendag weer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":38455,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[167,6016,5631,22602,9384,5802],"class_list":["post-38529","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-engels","tag-fw-de-klerk","tag-pedi","tag-taalbeleid","tag-universiteit-van-pretoria"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38529"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38529\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38455"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}