{"id":38523,"date":"2016-06-01T09:33:26","date_gmt":"2016-06-01T07:33:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38523"},"modified":"2016-06-01T09:33:26","modified_gmt":"2016-06-01T07:33:26","slug":"plaasaanvalle-in-vrystaat-neem-effens-af-maar-kommer-bly","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38523","title":{"rendered":"Plaasaanvalle in Vrystaat neem effens af, maar kommer bly"},"content":{"rendered":"<p>Plaasaanvalle in die Vrystaat het sedert die begin van die jaar tot middel Mei \u2018n afname getoon teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.<\/p>\n<p>VKB en Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidslessenaar toon daar was vanjaar 19 aanvalle op plase waarin twee mense vermoor is. D\u00edt teenoor verlede jaar dieselfde tydperk waarin daar 34 plaasaanvalle was en vyf mense vermoor is, wat plaaswerkers, boere en inwoners op kleinhoewes insluit. <\/p>\n<p>Voorsitter van die VL se komitee vir wet en orde, Tommie Esterhuyse, s\u00ea di\u00e9 afname in plaasaanvalle sover vanjaar is goeie nuus, maar hy glo meer kan gedoen word.Volgens hom is daar goeie bestaande samewerking tussen boere, die polisie en lede van die plaaswagstelsel op plaaslike- en gebiedsvlak in die provinsie, wat wel \u2018n impak maak om \u2018n veilige en volhoubare landboubedryf daar te stel. Meer betrokkenheid is egter nodig. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea dit is ook goeie nuus dat ses plaasaanvalle die afgelope twee maande in die provinsie voorkom is. Die aanvalle is in Bloemfontein by Bloemspruit en die polisi\u00ebringsgebied van Parkweg, en op Bultfontein, Heilbron, Koppies en Petrus Steyn gefnuik. <\/p>\n<p>Hy skryf die sukses toe aan goeie samewerking tussen betrokkenes in die landelike beveiligingsplan. Dit sluit veiligheidsko\u00f6rdineerders, die polisie en spesialis-eenhede in. Die veiligheidslessenaar se betrokkenheid werp ook vrugte af. Daarmee saam was daar \u2018n goeie vloei van inligting tussen belanghebbendes gewees. Daar was inligtingskakeling tussen boere, die plaaswagtelsel en die polisie. Esterhuyse s\u00ea egter meer mense moet betrokke raak sodat meer sukses behaal kan word. Daar moet proaktief te werk gegaan word.<\/p>\n<p>\u2018n Handleiding is saamgestel vir die bestaande plaaswagstelsel in plattelandse gebiede en dit verskaf inligting en riglyne aan betrokkenes om veiligheid in landelike gebiede te verskerp.<\/p>\n<p>Die plaaswagstelsel is \u2018n prim\u00eare rolspeler in die Landelike Beveiligingstrategie (LBS). Dit speel \u2018n ondersteunende rol om saam met die polisie \u2018n veilige omgewing te skep. Esterhuyse s\u00ea die plaaswagstelsel is al in 30 dorpe in die Vrystaat in werking gestel. Dit word hoofsaaklik gedryf deur die gebiedskantore van georganiseerde landbou en behels die patrollering van gebiede en besoeke aan plase.<\/p>\n<p>Plaaswagte word in die handleiding ingelig oor die vloei van inligting wat baie belangrik is ten opsigte van misdaad, tendense en patrone. Die identifisering van verdagte mense en voertuie, wat substantief betrokke is by misdaad op landbougrond, asook die mobilisasie van boere tydens aanvalle op plase word ook bespreek. Daar is ook riglyne oor die insameling van inligting met betrekking tot georganiseerde misdaad wat deur verskillende strukture na die polisie se gespesialiseerde eenhede gekanaliseer word. Die identiteitsprofiele van alle inwoners op plase is ook van belang om te verseker dat boere nie booswigte aanstel nie.<\/p>\n<p>Esterhuyse s\u00ea die bestaande strukture, soos onder meer die plaaswagstelsel, vervul \u2018n belangrike rol in die skep van \u2019n veilige landboubedryf in die Vrystaat.<\/p>\n<p>Bron: OFM Nuus<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Plaasaanvalle in die Vrystaat het sedert die begin van die jaar tot middel Mei \u2018n afname getoon teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. VKB en Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidslessenaar toon daar was vanjaar 19 aanvalle op plase waarin twee mense vermoor is. D\u00edt teenoor verlede jaar dieselfde tydperk waarin daar 34 plaasaanvalle was en vyf &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38523\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaasaanvalle in Vrystaat neem effens af, maar kommer bly&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":21316,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[19250,218,6335,2261],"class_list":["post-38523","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-landelike-veiligheid","tag-misdaad","tag-plaasaanvalle","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38523","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38523"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38523\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21316"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38523"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38523"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38523"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}