{"id":38457,"date":"2016-05-30T09:39:15","date_gmt":"2016-05-30T07:39:15","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38457"},"modified":"2016-06-01T11:21:46","modified_gmt":"2016-06-01T09:21:46","slug":"dan-roodt-vanuit-amerika-met-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38457","title":{"rendered":"Dan Roodt: Vanuit Amerika, met liefde"},"content":{"rendered":"<p>N\u00e1 my warrelwindbesoek aan Amerika, waartydens ek seker 50 000 km ver gevlieg het, voel ek opgewonde oor die toekoms. Die VSA is &#8216;n energieke land waar ook diegene aan die regterkant van die politieke spektrum kliphard besig is om te organiseer om hul land &#8220;terug te vat&#8221; by die bont versameling linkses, feministe en LGBT-aktiviste wat dit tans beheer, om nie van die huidige swart president Barack Obama te vergeet nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_38462\" aria-describedby=\"caption-attachment-38462\" style=\"width: 100px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/26674767763_14efc4d40b_z.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-38462 size-thumbnail\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/26674767763_14efc4d40b_z-100x100.jpg\" alt=\"My verjaardag op die vliegtuig.\" width=\"100\" height=\"100\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-38462\" class=\"wp-caption-text\">My verjaardag op die vliegtuig<\/figcaption><\/figure>\n<p>Nog nooit op &#8216;n oorsese reis is ek met soveel warmte en toegeneentheid ontvang nie. Vanaf die eerste aand toe ek om tien oor nege by die lughawe van Nashville, Tennessee deur &#8216;n plaaslike sakeman verwelkom is, tot die uiteindelike afskeid, het die Amerikaners so te s\u00ea die rooi tapyt vir my uitgerol. &#8220;Suidelike gasvryheid,&#8221; noem hulle dit. Vandaar dus my titel, wat so effens slaan op daardie Ian Fleming-titel uit toeka se dae, <em>From Russia, with love<\/em>. Ek vind dit taamlik gepas, want die skrywer van die James Bond-rillers en ek is op dieselfde dag, 26 Mei, gebore &#8211; iets wat ek op die vliegtuig tussen Frankfurt en Johannesburg moes vier!<\/p>\n<p>Veral die Amerikaanse jongmense hou Suid-Afrika met &#8216;n valkoog dop en voel dit eens met ons in ons stryd teen verswelging deur &#8216;n multikulturele massa. Net vanoggend sien ek &#8216;n twiet raak van &#8216;n jeugdige Amerikerin wat ek by die American Renaissance-konferensie ontmoet het.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">Grilling some veggies &amp; starting my <a href=\"https:\/\/twitter.com\/AmRenaissance\">@AmRenaissance<\/a> reading with <a href=\"https:\/\/twitter.com\/danroodt\">@danroodt<\/a> book on South Africa&#8217;s English Identity. <a href=\"https:\/\/t.co\/Hfy1fWfYmO\">pic.twitter.com\/Hfy1fWfYmO<\/a><\/p>\n<p>\u2014 Lady LaSSarus (@kpackann) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/kpackann\/status\/734880851067084801\">May 23, 2016<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Karl Marx en Friedrich Engels het mos geskryf dat kommunisme &#8220;&#8216;n gees is wat by Europa spook&#8221;. Net so is Donald Trump tans &#8216;n gees wat by Amerika spook. En s\u00f3 het dit gebeur dat die jaarlikse konferensie van American Renaissance naby Nashville, Tennessee tot &#8216;n rekordgetal van 300 mense van regoor die w\u00eareld aangegroei het, waarskynlik weens die w\u00eareldwye toename in &#8220;immigrasiebewustheid&#8221; wat deur Trump se presidensi\u00eble veldtog ontketen is. Onder die konferensiegangers was daar Britte, Switsers, &#8216;n Australi\u00ebr, Finne, asook Amerikaners vanuit die meeste state in die VSA. Daar was ook ongeveer 20 mediaverteenwoordigers, waaronder joernaliste van die Wall Street Journal, Dagens Nyheter in Swede, Voice of America, BuzzFeed, Talking Points Memo, Red Ice, Vice en die Political Cesspool. Op pad terug Nashville toe vanaf die Montgomery Bell Nasionale Park naby Burns, Tennessee, waar die konferensie gehou is, kon ek en die joernalis van die Wall Street Journal uitvoerig notas uitruil. Maar meer daaroor later.<\/p>\n<p>Namens American Renaissance, het mnr. Jared Taylor ges\u00ea: &#8220;Nog nooit het ek so optimisties gevoel nie; nog nooit was daar so &#8216;n sterk wind in ons seile nie.&#8221;<\/p>\n<p>Die konferensie is gehou in die idilliese Montgomery Bell Nasionale Park vol groen bome en kronkelende staproetes nie te ver van Nashville af nie. Die konferensie het die geleentheid gebied vir intellektuele, aktiviste en gewone mense om te beraadslaag oor sake soos immigrasie, die toekoms van die Westerse beskawing, identiteit en selfs sakegeleenthede. &#8216;n Vrienskaplike gees het die meeste van die gesprekke gekenmerk en Saterdagaand was daar &#8216;n partytjie n\u00e1 die tyd wat tot in die vroe\u00eb ure van Sondagoggend aangehou het. Ek het 2 selfoonvideo&#8217;s by die partytjie geneem: een van &#8216;n gesprek met twee jong Amerikaners waarin hulle hul belangstelling en meegevoel met Afrikaners uitspreek, en nog een waarin twee jonge Suiderlinge &#8216;n bekende volksliedjie sing. Meer en meer kom ek onder die indruk van hoeveel ons en die Suiderlinge in gemeen het: &#8216;n eeu of meer gelede &#8216;n oorlog verloor, serdertdien geteiken deur die liberale media, met verlies van hul skole, universiteite, instellings en middestede. Ook hul Konfederasievlag waarop hulle so trots is, word as deur liberale en swartes as &#8216;n &#8220;simbool van rassisme&#8221; beskou.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/Zk_ytdDGDKs\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>Vyf jaar gelede in 2011 moes die konferensie afgestel word nadat linkse bomdreigemente aan die konferensiehotel in Charlotte, Noord-Carolina gerig is. Sprekers het agterna in die geheim in &#8216;n ander hotel in Charlotte vergader, van waar verrigtinge gestroom is en toesprake op video opgeneem is. Ek het ook by daardie konferensie gepraat, en hoe het die tye nie verander nie! Vanjaar het slegs drie linkse betogers in die park opgedaag met een van hulle wat &#8216;n plakkaat vertoon waarop kapitalisme en rassisme gelykgestel word. Dit klink amper soos iets wat die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty so gereeld kwytraak. Koferensiegangers het die betogers met hul selfone afgeneem, met &#8216;n enkele parkpolisieman wat tussen die slordige betogers en die welgeklede deelnemers aan die konferensie staan. Die omgekeerde korrelasie tussen die aantal konferensiegangers en betogers kan gesien word as &#8216;n aanduiding van hoe die politieke klimaat in die VSA verander het, met Trump se mediagedrwe gees iewers in die agtergrond.<\/p>\n<p>Soos iemand n\u00e1 die konferensie opgemerk het, was dit moontlik tot dusver die mees kosmopolitiese en internasionale vergadering van sy soort, met vyf uit die tien sprekers wat nie net nie-Amerikaans was nie, maar ook nie Engels as moedertaal praat nie. Ek (Afrikaans), Filip de Winter en Anke Van dermeersch (Vlaams), Ruuben Kaalep (Esties) en Fernando Cort\u00e9s (Meksikaans-Spaans) tel onder die nie-Engelssprekendes. Jared Taylor, die leier van American Renaissance en &#8216;n trotse Suiderling &#8220;sonder enige Yankee-bloed in sy familie&#8221;, is ook uniek in di\u00e9 sin dat hy vlot Japannees praat omdat hy in daardie land grootgeword het, asook Frans vanwe\u00eb die tyd toe hy in Parys by &#8220;Science-Po&#8221; gestudeer het. Dus was die sprekers &#8216;n mengsel van Europe\u00ebrs uit die Ou en Nuwe W\u00eareld, wat &#8216;n hartstog vir hul gemeenskaplike erfenis deel, asook &#8216;n intense besorgdheid oor die toekoms van die blanke, Westerse beskawing.<\/p>\n<p>Interessant is dat sjiek geklede swartvrou ook die konferensie bygewoon het en selfs sjokolade aan &#8216;n paar van ons uitgedeel het. Ek het dit boeiend en ietwat ironies gevind. Maar, soos spreker n\u00e1 spreker herhaal het, is geeneen van ons &#8220;rassisties&#8221; in die stereotipe sin nie; dit is bloot dat ons multikulturalisme en die gedwonge integrasie van onversoenbare kulture en rasse verwerp. Swart nasionalisme is reg, net soos elke ander vorm van nasionalisme.<\/p>\n<h2 style=\"padding-left: 360px;\">My algemene indruk is dat die Amerikaners, veral in &#8216;n suidelike staat soos Tennessee ons baie goedgesind is<\/h2>\n<p>Die Joods-Amerikaanse skrywer en Nobelpryswenner wat ek destyds as student gelees het, Saul Bellow, verwys in een van sy romans na die woord &#8220;sensibiliteit\u2026 wat groot geraak het&#8221;. Wel, drie woorde wat &#8220;groot geraak het&#8221; by die konferensie was identitarian, cuckservative en Alt Right aangesien hulle in sowel die toesprake as in gesprekke oor ontbyt of aandete gehoor is. In Afrikaans sou mens hulle kon vertaal as: identit\u00ear, koekserwatief en altregs. &#8220;Identit\u00ear&#8221; het aanvanklik in Frankryk gewild geraak en het kennelik die Atlantiese oseaan oorgesteek, terwyl &#8220;koekserwatief&#8221; en &#8220;altregs&#8221; tuisgemaakte VS-skeppings is.<\/p>\n<p>Die hunkering om ou of hoofstroom- konseratiewe idees, wat as &#8220;koekserwatief&#8221; gekenteken word, af te skud, lyk asof dit &#8216;n nuwe &#8220;sensibiliteit&#8221; (dankie, mnr. Bellow) na regs definieer. Soos die videowoernaler Paul Ramsey of RamzPaul soos hy op YouTube bekend is Saterdagaand in sy praatjie verduidelik het, is die beweging radikaal, parmantig, vernuwend, oneerbiedig, soms aanstootlik, maar doeltreffend. Dit beskik oor voorgangers in die Amerikaanse &#8220;paleokonserwatiewe&#8221; beweging, of dalk die Europese &#8220;Nuwe Regs&#8221; (nouvelle droite) van die sewentiger- en tagtigerjare, dog dit is wesentlik &#8216;n nuwe verskynsel. Anders as die Amerikaanse &#8220;koekserwatiewe&#8221; wat hul aan feminisme en politieke korrektheid onderwerp, skram altregs nie daarvan weg om oor geslags- en selfs rasseverskille te praat nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_38459\" aria-describedby=\"caption-attachment-38459\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/ruuben_kaalep.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-38459\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/ruuben_kaalep-300x290.jpg\" alt=\"Ruuben Kaalep\" width=\"300\" height=\"290\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/ruuben_kaalep-300x290.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/ruuben_kaalep-148x143.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/ruuben_kaalep-31x31.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/ruuben_kaalep-38x38.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/ruuben_kaalep-223x215.jpg 223w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/ruuben_kaalep.jpg 648w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-38459\" class=\"wp-caption-text\">Ruuben Kaalep<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die jong Estiese politikus en aktivis, Ruuben Kaalep, het die gehoor aan sy lippe gehad oor Estiese nasionalisme in &#8216;n toespraak wat met intensiteit en digterlike taal gelaai was. Sy plaaslike jeugbeweging het, soos hy dit gestel het, &#8220;in &#8216;n Sowjet-stylstudentekoshuis begin&#8221;. Vanaf di\u00e9 beskeie begin, het dit deur betogings en nagmarse met fakkels aangegroei. Die ou heidense simbool van die Estlanders was &#8216;n reusepadda wat hul vyande in veldslae verorber het, wat dan later &#8211; op tipies altregse wyse &#8211; aan die internetmeem Pepe die Padda (Pepe the Frog) gekoppel is. Aangaande die hoofstroompolitiek het Kaalep onder dawerende applous verklaar: &#8220;Die hele politieke klas moet ge\u00eblimineer word.&#8221;<\/p>\n<p>Fernando Cort\u00e9s het hom voorgestel deur te s\u00ea dat hy &#8220;&#8216;n Meksikaanse identit\u00ear is wat hier is om met Amerikaanse ident\u00eare te praat&#8221;. Hy het aan die gehoor uitgel\u00ea hoe emigrasie na die Verenigde State deur sy landgenote die belang van multinasionale maatskappye en hul behoefte aan goedkoop arbeid dien, terwyl Meksiko in &#8216;n toestand van armoede en wydverspreide korrupsie gelaat word. Kortom, oorgrensmigrasie is net so sleg vir Meksiko soos vir Amerika. &#8220;Wallstraat besluit wat die Meksikaanse peso die volgende dag werd sal wees&#8221;, en sonder &#8216;n stabiele geldeenheid is spaar of ekonomiese vooruitgang moontlik nie.<\/p>\n<p>Volgens Cort\u00e9s &#8220;neem transnasionale maatskappye Meksikane in diens op sesmaandekontrakte wat $6 per dag betaal. Daar bestaan slegs &#8216;n plan van die regering en ondernemings om &#8216;n derdew\u00eareldstaat in Meksiko in stand te hou\u2026 Die Meksikaanse regering word deur skelms beheer.&#8221;<\/p>\n<p>Die Amerikaner James Edwards en aanbieder van die radioprogram &#8220;The Political Cesspool het die hoofstroommedia weens hul politieke korrektheid gekasty. &#8220;Net om te oorleef, word vandag as &#8216;n blanke heerssugtige begrip gesien,&#8221; het hy ges\u00ea. Mnr. Edwards het gekla oor &#8216;n Sweedse realiteits-TV-program wat hom eenkeer uitgenooi het om die tradisionele Suidelik-Amerikaanse oogpunt te verteenwoordig. N\u00e1 agt uur se verfilming, is hy presies 36 sekondes lugtyd gegun.<\/p>\n<p>Edwards het lede van die pro-Westerse beweging as &#8220;makelaars in gesonde verstand&#8221; beskryf. Hy het ander aangemoedig om by die beweging aan te sluit deur te s\u00ea: &#8220;Ek het nog nooit &#8216;n vriend (as gevolg van my aktivisme) verloor nie. Dit het my vriendekring vergroot. Ek sal vir hulle gaan oorlog maak en hulle sal vir my gaan oorlog maak. My raad is: Raak op enige manier wat jy kan betrokke. Raak deel van die stryd.&#8221;<\/p>\n<p>Die Brits gebore skrywer en aktivis Peter Brimelow het gepraat oor &#8220;Die Trump-tsoenami en die toekoms van die Amerikaanse nasie&#8221;. Brimelow was een van die eerste meningsvormers wat voorspel het dat Trump hom vir die Amerikaanse presidentskap, die magtigste politieke pos ter w\u00eareld, verkiesbaar gaan stel. Hy het herhaal wat hy in sy toespraak by verlede jaar se American Renaissance-konferensie ges\u00ea het, naamlik dat &#8216;n enkele toespraak die politieke klimaat vir &#8216;n hele tydvak kan verander. Voorbeelde van sulke toesprake sou wees Joseph McCarthy s&#8217;n in 1950 oor kommuniste in die Amerikaanse departement van buitelandse sake en Enoch Powell se &#8220;Riviere van bloed&#8221;-toespraak in 1968. Hoewel Powell uiteindelik gedwing is om die Britse Konserwatiewe Party te verlaat, word daar steeds na sy beroemde toespraak verwys, selfs vandag. Trump se stelling oor die bou van &#8216;n muur op die grens tussen Meksiko en Amerika het insgelyks die immigrasiedebat in sy land verander, met duisende ondersteuners wat by sy politieke vergaderings sing: &#8220;Bou die muur! Bou die muur!&#8221;<\/p>\n<p>Volgens Brimelow, &#8220;kan een vonk die vuur verskaf. Dit kan een vonk of een politikus wees\u2026 Verlede jaar het ek ges\u00ea net een toespraak is nodig. Nou s\u00ea ek dit kan een verkiesing wees wat die Amerikaanse vulkaan kan laat uitbars.&#8221;<\/p>\n<p>Aan die ander kant is Brimelow bekommerd oor die verkiesing van Hillary Clinton as president aangesien &#8220;daar &#8216;n duidelike gevaar van &#8216;n immigrasieoplewing is indien sy sou wen&#8221;. Maar die blanke Amerikaanse kiesers kan moed skep uit die feit dat daar &#8220;sewe-en-dertig keer meer blanke as Hispani\u00ebrkiesers is&#8221;. Etniese en rassestempatrone gaan die toekoms van die Verenigde State bepaal. Terwyl die aantal blanke stemme gedurende die laaste twee verkiesings eintlik afgeneem het, was daar egter in sommige Suidelike state soos Texas sterk steun vir die Republikeinse Party, met 70% van blankes in Texas wat vir die GOP (&#8220;Grand Old Party&#8221; soos die RP ook genoem word) stem. &#8220;Indien blankes op Suidelike vlakke sou stem, sou Trump &#8216;n wegholoorwinning behaal,&#8221; het Peter Brimelow voorspel.<\/p>\n<p>Tydens die dinee Saterdagaand het Brimelow, uitgewer van die webblad <a href=\"http:\/\/www.vdare.com\/\">vdare.com<\/a>, my gevra of ek ook bereid sou wees om artikels vir sy blad by te dra, net soos ek al vir American Renaissance gedoen het. Daartoe het ek onmiddellik ingestem, want hierdie is &#8216;n Amerikaans-Europese beweging met die Afrikaner wat vir die eerste keer in &#8216;n lang tyd weer deel van &#8216;n belangrike Westerse denkrigting word. Ons oorlewingstryd hier, asook di\u00e9 van blanke Amerika en Europa, is \u00e9\u00e9n stryd en meeste mense sien dit ook so in.<\/p>\n<p>Jared Taylor het gepoog om te verklaar waarom blankes regoor die w\u00eareld &#8220;vir hulself lieg oor ras&#8221;. Hulle ignoreer die mees ooglopende maatskaplike verskynsels, soos misdaad of akademiese onderprestasie deur nie-blankes, eenvoudig om die etiket na te kom. &#8220;Blankes lieg om hulself om die bos te lei. Blankes is vreesbevange om rassiste genoem te word,&#8221; het hy ges\u00ea. In dieselfde trant het hy die &#8220;Black Lives Matter&#8221;-beweging in die VSA as &#8216;n &#8220;spul leuens&#8221; (pack of lies) beskryf.<\/p>\n<p>Waar akademici ook al rassekwessies bestudeer, vind hulle &#8220;die waarheid te warm om aan te raak&#8221;, volgens Taylor. Hy het die geval genoem van professor Putnam van Harvard wat aanvanklik wou bewys dat rassediversiteit groter vertroue tussen mense kweek. Toe hy egter navorsing op voetsoolvlak begin doen, vind hy presies die teenoorgestelde, dat &#8220;diversiteit&#8221; eintlik gemeenskapsvertroue vernietig. Individue binne ras- of kultureel homogene groepe vertrou mekaar, terwyl die teenoorgestelde onwaar is. Putnam het aanvanklik gepoog om sy bevindinge weg te steek, nog &#8216;n leuen, maar toe di\u00e9 uiteindelik uitlek, is hy gedwing om die waarheid te publiseer. As Amerikaanse Suiderling, stel Jared Taylor dit ondubbelsinnig: &#8220;Die Suidelike geveg is die geveg van Europa, die VSA en die hele blanke w\u00eareld.&#8221;<\/p>\n<p>Aangesien ek direk n\u00e1 Taylor gepraat het, sou sy sin &#8216;n goeie inleiding vir my toespraak kon wees daar ek gepoog het om te wys op die parallelle tussen wat in Suid-Afrika en elders in die Westerse en blanke w\u00eareld gebeur. Die Nederlandse Party vir die Vryheid-lid, Martin Bosma, het verlede jaar &#8216;n boek gepubliseer waarin hy juis beskryf hoe die Afrikanervolk van Suid-Afrika as die &#8220;kanarie in die steenkoolmyn&#8221; beskou kan word, die eerste Westerse volk wat in ons tyd kon uitsterf as gevolg van multikulturalisme en rasseoorheersing deur swartes.<\/p>\n<p>Ek het uitgewys hoe, tot en met die tweede w\u00eareldoorlog, Suid-Afrika nog altyd deel van die Westerse stelsel was, met ons eerste minister wat beide huise van die Britse parlement in 1942 toegespreek het, met Lloyd George en Winston Churchill wat hul gemeenskaplike bewondering vir hom uitspreek en die hele skare Britse politici wat vir hom hande klap en &#8220;He&#8217;s a jolly good fellow&#8221; sing. Kort daarna het Suid-Afrika egter in onguns verval, en pleks daarvan dat sy bygestaan is om haar rasse- en etniese probleme op te los, is sy verguis, aangeval en geboikot.<\/p>\n<p>Ek het na die eietydse Suid-Afrika as &#8220;&#8216;n soort antirassistiese Sowjetunie&#8221; verwys, waar dit eenvoudig taboe is om die waarheid oor ras te praat. Daar is gereelde heksejagte teen akademici, skrywers en gewone mense wat dit durf waag om oor swart geweld, korrupsie en onverdraagsaamheid teenoor Europese kultuur en gebruike te kla. Teenoor diegene wat daaraan dink om Suid-Afrika te verlaat, het ek in my toespraak gewaarsku dat hulle deur mev. Merkel in Europa of mev. Clinton in Amerika met dieselfde nonchalance verraai kon word as wat mnr. FW de Klerk ons gedurende sy sogenaamde &#8220;onderhandelings&#8221; met die ANC en die SAKP verraai het.<\/p>\n<p>Hoewel ons Afrikaners kanaries in &#8216;n gevaarlike multikulturele eksperiment is, is ons nog nie dooie kanaries nie aangesien ons vir ons eie oorlewing werk, met &#8216;n renaissance van gewilde musiek, film en die totstandkoming van klein sakeondernemings. Ek het &#8216;n beroep op die gehoor by in Montgomery Bell Nasionale Park gedoen om met ons handel te dryf en saam met ons te werk om ons eie etniese ekonomie te bou buite die beperkinge van regstellende aksie en rassekwotas in die handel waaraan ons gedurig onderwerp word.<\/p>\n<p>Die twee sprekers van die Vlaamse patriotiese party, die Vlaams Belang, het die gehoor oor die toenemende oorheersing van Islam in Belgi\u00eb, waaronder die verdrukking van vroue, ingelig. Mnr. Filip de Winter het ges\u00ea: &#8220;Jy kan nie &#8216;n eerstew\u00eareldland met &#8216;n derdew\u00eareldbevolking h\u00ea nie. Die Westerse w\u00eareld word binnegeval.&#8221; Hy het ook die toelating van Turkye tot EU-lidmaatskap as &#8220;suiwer waansin&#8221; beskryf. Europa is &#8216;n swak prooi vir &#8216;n aggressiewe Islam, die roofdier.<\/p>\n<figure id=\"attachment_38460\" aria-describedby=\"caption-attachment-38460\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-38460 size-full\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch.jpg\" alt=\"anke_van_dermeersch\" width=\"640\" height=\"360\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch-382x215.jpg 382w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch-260x146.jpg 260w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/anke_van_dermeersch-120x67.jpg 120w\" sizes=\"auto, (max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-38460\" class=\"wp-caption-text\">Anke Van dermeersch<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8216;n Ander spreker van die Vlaams Belang, me. Anke Van dermeersch, was &#8216;n vorige Mejuffrou Belgi\u00eb en is tans senator in daardie land. Sy het &#8216;n organisasie Vrouwen tegen Islamisering gestig; di\u00e9 lei media- en inligtingsveldtogte wat provokatiewe plakkate insluit waarin die vryheid en skoonheid van Europese vroue gevier word. Senator Van dermeersch het verder verduidelik dat &#8220;individualisme, materialisme en selfverheerliking die grootste vyande van familiewaardes en daarom ook ons demografie&#8221; is. Sy is sterk gekant teen die VN se voorstel dat miljoene Afrika-immigrante na Europa uitgenooi moet word om vir die vrugbaarheid onder die vervangingskoers te vergoed, en dit as &#8220;&#8216;n kruipende, aanhoudende volksmoord van Europe\u00ebrs&#8221; beskryf.<\/p>\n<p>In sy afsluitingstoespraak het die veteraan- VS-aktivis en regsgeleerde Sam Dickson vir Angela Merkel daarvan beskuldig dat sy &#8220;die ergste verraaier in die geskiedenis van Duitsland is. Sy beskik oor geen land nie.&#8221; Hy het die gehoor daaraan herinner dat &#8220;die woord &#8216;rassis&#8217; &#8216;n semantiese wapen is wat deur die wrede kommunis Leon Trotski in die 1930&#8217;s uitgevind is&#8221;.<\/p>\n<p>Kort n\u00e1 die konferensie het Ruuben Kaalep op Engels getwiet:<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\"><p>\n<a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/AmRen2016?src=hash\">#AmRen2016<\/a> was an unforgettable experience. All the brightest minds of growing and increasingly youthful Alt Right together in one place!<\/p>\n<p>\u2014 Ruuben Kaalep (@RuubenKaalep) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/RuubenKaalep\/status\/734479557496037376\">May 22, 2016<\/a>\n<\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Ek kon nie anders as om saam te stem, dit &#8216;n &#8220;hou van&#8221; te geen en te hertwiet nie.<\/p>\n<p>Opsommenderwys is daar &#8216;n paar dinge wat my omtrent die kongres bybly:<\/p>\n<ul>\n<li>Amerikaners stel oor die algemeen meer in ons Afrikaners as in die Engelssprekende blankes belang, omdat ons heelwat waardes en ervaringe met hulle deel, hoewel hulle bereid sou wees om alle blankes in ons land by te staan.<\/li>\n<li>Vanwe\u00eb my eie en PRAAG se werk, word Afrikaners en by uitbreiding Suid-Afrika gesien as deel van die internasionale &#8220;altregse beweging&#8221; wat ten doel het om die hele Westerse\/Europese w\u00eareld (waarby Rusland ingegrepe is) op &#8216;n nuwe konserwatiewe, pro-blanke koers te plaas. Ons stryd is hulle s&#8217;n, en andersom. Almal verstaan dit. Donald Trump, maar ook Marine Le Pen, Geert Wilders en ander is by verstek die &#8220;altregse politici&#8221; wat deur &#8216;n magtige intellektuele en maatskaplike beweging gerugsteun word.<\/li>\n<li>Indien dit reg beplan word, kan ons en veral die Amerikaners gesamentlike projekte aanpak om byvoorbeeld blanke armoede in ons land uit te wis, werk te skep, handel te dryf, of selfs om onsself te beveilig. Oor en oor het van die kongresgangers my gevra: &#8220;Do you have the right to own guns?&#8221; Solank ons gewapen is en oor &#8216;n goeie inkomste beskik, is daar niks wat die ANC of EFF kan doen om ons uit die land te verdryf nie. Ons sal ons ook teen misdadigers kan verweer. Ongelukkig sukkel baie van ons mense ekonomies, is ongewapen en daarom weerloos teen aanvalle. Dis wat reggemaak moet word.<\/li>\n<\/ul>\n<figure id=\"attachment_38461\" aria-describedby=\"caption-attachment-38461\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/27133999742_a8b446ecec_z.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-38461\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/27133999742_a8b446ecec_z-300x225.jpg\" alt=\"Prof. James Otteson\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/27133999742_a8b446ecec_z-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/27133999742_a8b446ecec_z-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/27133999742_a8b446ecec_z-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/27133999742_a8b446ecec_z-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/27133999742_a8b446ecec_z-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/27133999742_a8b446ecec_z.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-38461\" class=\"wp-caption-text\">Prof. James Otteson<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8216;n Plek soos Nashville, Tennessee wat nie eens onder die toptienstede in Amerika figureer nie, is welvarend, skoon, goed georganiseer en dinamies. Daar is vier universiteite, streeksbanke, asook allerlei konserwatiewe dinkskrums waarvan ek Dinsdagaand &#8216;n lesing te Cool Springs net buite Nashville gaan bywoon het. Die titel van die lesing was &#8220;The end of socialism&#8221; en prof. James Otteson van die Wake Forest-universiteit het &#8216;n boeiende ontleding aangebied oor waarom sosialisme en staatsinmening meermale misluk terwyl privaat onderneming gewoonlik slaag. Agterna het hy my sy visitekaartjie gegee en daar was ook ander mense by die lesing wat gretig was om met my te gesels, eposadresse uit te ruil, ens.<\/p>\n<p>My algemene indruk is dat die Amerikaners, veral in &#8216;n suidelike staat soos Tennessee ons baie goedgesind is en graag sal wil sien dat ons oor en weer saamwerk teen verswelging deur die derde w\u00eareld, of deur swart demografie in Suid-Afrika. Die boodskap dat die hele blanke bevolking w\u00eareldwyd bedreig word, word oral gehoor en daarom bestaan daar &#8216;n nuwe behoefte aan blanke solidariteit, ongeag taal, kultuur of land. Almal wat deel is van die blanke, Europese beskawing moet saamwerk om dit te red, waar ons ons ook al mag bevind.<\/p>\n<p>Sondagoggend was ek so half en half gestrand by Montgomery Bell Nasionale Park, totdat &#8216;n Ierse ingenieur uit Kaliforni\u00eb wat so begeester is n\u00e1 my toespraak dat hy sommer hierheen wil emigreer om ons te kom help om die stryd te stry, my &#8216;n geleentheid aanbied. Tien minute later s\u00ea hy, nee, hier is &#8216;n joernalis van een van Amerika se grootste koerante wat my sal aanry dan kan ons sommer in die motor op pad Nashville toe gesels. Dis Amerika: dinge gebeur vinnig en spontaan. Hier in Suid-Afrika sal hoofstroomjoernaliste nie eens my eposse beantwoord nie, want nog te s\u00ea my &#8216;n geleentheid aanbied en agterna vir my &#8216;n bier in die sentrum van Nashville koop. Intussen het die man my Washington toe genooi. Ek dink as ek meer tyd in die VSA deurbring, kry ek nog &#8216;n afspraak met die president, veral as daardie president se naam dalk binnekort Donald Trump is!<\/p>\n<p>Byges\u00ea: die Amerikaners is gou om uit te vind of jy oor &#8216;n goeie opvoeding beskik, oor hul eie en die w\u00eareldpolitiek kan saamgesels en beoordeel jou daarvolgens. Anders as by ons, waar onderlinge nyd en afguns dikwels hoogty vier, verleen die Amerikaners geredelik erkenning aan talent of kennis as hulle dit te\u00ebkom.<\/p>\n<p>Vir &#8216;n dag of twee het ek by &#8216;n gesin in Green Hills, &#8216;n voorstad van Nashville, tuisgegaan wat my ook bederf het deur my rond te ry en allerlei besienswaardighede te gaan wys, onder meer die lewensgetroue replika van die Parthenon (hier bo). Die dame se ma was Afrikaans en haar pa &#8216;n Engelsman van Natal, maar sy het op Potgietersrus grootgeword, daar in Afrikaans skoolgegaan en ook op Tukkies gestudeer. Haar man is in Kanada gebore, en het &#8216;n tyd lank by Wits klasgegee alvorens hulle uit die land weg is. Hul twee seuns wat tans op universiteit is, het in Amerika grootgeword en praat Engels. Maar hulle is baie gretig om hul Afrikaans te verbeter en daarom het ek vir hulle twee Afrikaanse films met Engelse onderskrifte laat kry, wat vir hulle verdere blootstelling aan die taal sal gee. S\u00f3 leef die Afrikaanse belangstelling in Nashville, Tennessee, waar daar blykbaar ook ander Afrikanergesinne woon.<\/p>\n<p>Terug in Suid-Afrika lees ek al weer die vervelige, voorspelbare, polities korrekte gesanik van Piet Kopdoek en ander in Rapport en wonder: bly ons op dieselfde planeet? Besef mense nie dat die w\u00eareld daarbuite, in Europa &#8211; maar veral ook in die magtige VSA &#8211; besig is om met rasse skrede te verander nie?<\/p>\n<p>Politieke korrektheid, witskuld, swart oorheersing, dis alles so\u2026 iets wat tot gister behoort. Ons is besig om &#8216;n nuwe tydvak binne te gaan. Dis opwindend, interessant, en vol belofte.<\/p>\n<p>As ek mense hier by ons net d\u00edt kan laat verstaan, dan is alles wat ons doen al die moeite werd.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>N\u00e1 my warrelwindbesoek aan Amerika, waartydens ek seker 50 000 km ver gevlieg het, voel ek opgewonde oor die toekoms. Die VSA is &#8216;n energieke land waar ook diegene aan die regterkant van die politieke spektrum kliphard besig is om te organiseer om hul land &#8220;terug te vat&#8221; by die bont versameling linkses, feministe en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38457\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Vanuit Amerika, met liefde&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":38458,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[8895,6413,14612,22584,22585,22586,20915,2848],"class_list":["post-38457","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-american-renaissance","tag-amerika","tag-jared-taylor","tag-nashville","tag-peter-brimelow","tag-ruuben-kaalep","tag-tennessee","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38457","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38457"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38457\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38458"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38457"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38457"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38457"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}