{"id":38433,"date":"2016-05-26T18:59:04","date_gmt":"2016-05-26T16:59:04","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38433"},"modified":"2016-05-26T19:47:37","modified_gmt":"2016-05-26T17:47:37","slug":"n-turksvy-neffens-die-eu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38433","title":{"rendered":"&#8216;n Turksvy neffens die EU"},"content":{"rendered":"<p>Mev Angela Merkel is vinnig besig om die vrot appel van Europa te word in haar strewe om die nuwe Sultan van Turkye Recep Tayyip Erdogan ter wille te wees. Turkye se opportunistiese uitbuiting van Mev Merkel se ruggraatloosheid word by die dag meer aktueel en van sleutelbelang vir die <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=35415\">veiligheid en voortbestaan <\/a>van Europa en die Westerse w\u00eareld as geheel.<\/p>\n<p>&#8216;n Tydjie gelede was Turkye in die nuus oor die afskiet van &#8216;n Russiese vegvliegtuig oor Siriese grondgebied. Die gebeurtenis was ernstig en sensasioneel genoeg sodat die westerse zombiemedia verplig gevoel het om daaraan aandag gee. Sedertdien gaan die Turke egter voort met hulle duistere gekonkel in die troebel waters van die Midde-Ooste sonder dat die zombiemedia veel slaap daaroor verloor.<\/p>\n<p>Tog is daar tekens dat Turkye se skaduagtige rol in die Europese politiek toenemende aandag begin trek.<\/p>\n<p>Turkye het uit die staanspoor van sy geskiedenis sy mag gegrond op volksmoord en die uitwissing van etniese minderhede. Gedurende die Eerste W\u00eareldoorlog het Turkye die universele chaos gebruik om die Armeni\u00ebrs, &#8216;n Christenvolk, op die mees brutale manier denkbaar uit te delg, &#8216;n volk wat reeds duisende jare op grondgebied gewoon het wat vandag deel uitmaak van Turkye. <\/p>\n<p>Na berekening is tussen 1,5 en 2 miljoen Armeni\u00ebrs voor die voet koelbloedig afgemaai en die res van honger laat sterf. Toe die Turke die gebied wat in Bybelse tye bekend gestaan het as Klein Asi\u00eb oorrompel het, was daardie w\u00earelddeel reeds 1500 jaar lank &#8216;n Christenbeskawing. <\/p>\n<p>Die Sankt Sofia-basiliek in Istanboel (Konstantinopel en voorheen Bizantium) is een van die oudste Christenmonumente ter w\u00eareld en terselftertyd ook een van die indrukwekkendste.<\/p>\n<p>Gedurende die Eerste W\u00eareldoorlog was die Turke &#8216;n bondgenoot van Duitsland wat maak dat die Duitsers tot vandag toe nog &#8216;n soort van morele verpligting voel teenoor Turkye. Dit maak &#8216;n wesenlike deel van die problematiek uit. Gedurende die Tweede W\u00eareldoorlog het die Turke neutraal gebly.<\/p>\n<p>Turkye het veral van belang geword vir die Weste sedert die Koue Oorlog toe die Amerikaners van Turkye &#8216;n Navobondgenoot gemaak het ten einde milit\u00eare basisse daar te vestig. Op di\u00e9 manier het hulle van Turkye &#8216;n soort &#8220;aanvaarbare&#8221; staat gemaak. En hul skaduagtige gekonkel moes dus noodgedwonge geregverdig en verdedig word. So is dit nog steeds vandag. <\/p>\n<p>Die Turke word gereken as &#8220;aanvaarbaar&#8221; ten spyte van Turkye se betreurenswaardige vertoning op die gebied van mensereregte, vryheid van spraak, van die pers, ens..<\/p>\n<p>Daar gaan bykans geen week verby nie sonder dat Turkye se magshebbers &#8216;n nuwe opposisieparty verbied en etniese minderhede meedo\u00ebnloos onderdruk.<\/p>\n<p>Onlangs het die Turkse regering weer sy rampokkeraard geopenbaar deur die situasie in Siri\u00eb en omgewing uit te buit ten einde die Koerdiese gemeenskappe in Irak, Siri\u00eb en Turkye self aan te val en uit te moor en hulle dorpe te vernietig. Die afgelope jare reeds voer Turkye &#8216;n stelselmatige etniese suiweringsveldtog teen die Koerde. <\/p>\n<p>In hulle jongste aanvalle teen die etniese minderheid het die Turke op burgerlike teikens soos woonbuurte en woonstelgeboue losgebrand met grofgeskut, normaalweg iets wat teen vegvliegtuie, gepantserde voertuie en tenks gebruik word en daar is berigte van honderde mense wat in geboue vasgekeer en doodgebrand is. <\/p>\n<p>En natuurlik kom die Turke skotvry daarvan af danksy die westerse zombiepers wat verkies om die stilswye te bewaar oor die barbaarse brutaliteit van &#8216;n Navobondgenoot. Die selektiewe moraliteit en dubbele standaarde van die westerse intelligentsia, pers, kerk en akademie is om van te walg.<\/p>\n<p>Ons weet reeds van Turkse tweeslagtigheid in die oorlog teen Daech of ISIS. O\u00ebnskynlik is hulle bondgenote van die Weste teen die terroriste, maar intussen gaan hulle voort om die moslemterroriste se posisie te versterk deur ondermeer olie van hulle te koop en te vervoer en wapens en ander toerusting aan hulle te verskaf. Ons weet ook van die genoemde skurkagtige neerskiet van die Russiese vegvliegtuig oor Siriese grondgebied sonder enige wettige gronde daarvoor en met die stilswyende goedkeuring van die Amerikaners en hulle lakeie.<\/p>\n<p>Ook die onderduimsheid van die Turke ten opsigte van die vlugtelingkwessie is ter sake. Byna weekliks is daar konferensies tussen die Turkye en die Europese Unie oor die migrasieprobleem waar die Turke telkens die Europe\u00ebrs om die turksvybos lei.<\/p>\n<p>Soos tevore opgemerk, het die Europese Unie, onder leiding van mev Merkel, pas hulp van 6 miljard Euro aan Turkye goedgekeur om die vlugtelinge op Turkse grondgebied te huisves. Eers het die Duitse kanselier beweer die migrante is &#8216;n &#8220;geleentheid&#8221; vir Duitsland, maar sedert sy openbare steun begin verloor het, het hulle skynbaar &#8216;n &#8220;probleem&#8221; geraak. <\/p>\n<p>Die resultaat van die finansi\u00eble ondersteuningspakette aan Turkye is altyd dieselfde: Turkye vat die geld maar laat nog steeds die migrante deur.<\/p>\n<p>Terselfdertyd word visumvereistes vir Turkse inwoners na die EU verslap tot di\u00e9 mate dat alle Turke binnekort op Europese visums geregtig sal wees. En daar is ook nou weer sterker sprake van Turkse toelating tot die Europese Unie. Vir die Europese leiers is dit net te veel om te verstaan dat as die Turkse staat tot die EU toetree, dan kom die migrante ook saam. <\/p>\n<p>En wat die verslapping van visumvereistes aan Turkse burgers betref: Die oo grense sal vir die vlugtelinge ook geld. Turkye maak gretig gereed om langs die weg van Europese visums van die onwelkome instromers ontslae te raak. <\/p>\n<p>Die Turke gaan selfs sover as om die teenwoordigheid van die migrante op hulle grondgebied te gebruik as &#8216;n hefboom om toegewings van die Europesese Unie af te dwing. Of julle doen dit of dat, of ons laat die migrante deur, is die refrein. Die hele situasie is net so gek dat dit alle verstand te bowe gaan. Geen wonder nie mnr Trump het mev Merkel onlangs beskryf as &#8220;waansinnig&#8221;. Dit is nou een Amerikaner waarmee &#8216;n mens nie kan verskil nie.<\/p>\n<p>Met die Nuwe Koue Oorlog teen Rusland, kunsmatig aangestig deur Amerika en sy brakhonde in Europa soos mev Merkel en mnr Hollande en gerugsteun deur hulle handlangers in die media, word die milit\u00eare basisse in Turkye nou weer van die uiterste belang, &#8216;n situasie wat Turkye gewetenloos benut om sy strategiese en politieke oogmerke te bevorder en met die Europe\u00ebrs woer-woer speel.<\/p>\n<p>Die nasionale psige van die Turkse volk is op sigself skisofrenies van aard en vandaar ook die tweegesigpolitiek wat hulle op die w\u00eareldtoneel bedryf. Enersyds is hulle &#8216;n reaksion\u00eare Moslemland en andersyds die een Moslemland wat die naaste l\u00ea aan die Europese beskawing. Turkye is &#8216;n tweeledige samelewing met een voet in Europa en die een in Klein Asi\u00eb. Die Asiatiese voet is net &#8216;n bietjie groter en platter.<\/p>\n<p>Een van die direkte gevolge van mev Merkel se rampsalige beleid je\u00ebns Turkye is haar eie ongewildheid onder die Duitsers asook di\u00e9 van haar agterryer, Hollande in Frankryk. In beide Frankryk en Duitsland is die bevolking vir ongeveer 75% teen die toelating van Turkye tot die EU gekant. En desnieteenstaande dreun Angela nog op daardie weg voort. Onbegryplik.<\/p>\n<p>Mev Merkel gaan selfs sover as om gesprekke agter geslote deure met senior Turkse amptenare en regeringslui te voer sonder oorlegpleging met haar vernaamste Europese vennote. Daarna sien sy boonop haar weg oop om allerlei verklarings uit te reik oor wat die &#8220;EU&#8221; besluit het ten opsigte van kwessies soos finansi\u00eble hulp aan Turkye, verslapping van visumvereistes vir Turke en moontlike toelating van Turkye tot die Europese Unie. <\/p>\n<p>Dit word haas tyd dat die Europese bevolkings van hulle ongeluksalige leiers ontslae raak en weer hulle selfrespek herwin. In Oostenryk was dit so pas naelskraap.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mev Angela Merkel is vinnig besig om die vrot appel van Europa te word in haar strewe om die nuwe Sultan van Turkye Recep Tayyip Erdogan ter wille te wees. Turkye se opportunistiese uitbuiting van Mev Merkel se ruggraatloosheid word by die dag meer aktueel en van sleutelbelang vir die veiligheid en voortbestaan van Europa [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":38434,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[5761,5227,12614,17257,8793],"class_list":["post-38433","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-angela-merkel","tag-duitsland","tag-immigrante","tag-migrasie","tag-turkye"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38433","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38433"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38433\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38434"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38433"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38433"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38433"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}