{"id":38425,"date":"2016-05-26T17:37:46","date_gmt":"2016-05-26T15:37:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38425"},"modified":"2016-05-26T17:37:46","modified_gmt":"2016-05-26T15:37:46","slug":"meksikaanse-oproeriges-brand-vlae-by-trump-saamtrek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38425","title":{"rendered":"Meksikaanse oproeriges brand vlae by Trump-saamtrek"},"content":{"rendered":"<p>Oproeriges het berede polisie met klippe bestook en brande gestig buite \u2019n saamtrek wat Donald Trump in Albequerque in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko toegespreek het.<\/p>\n<p>Woensdagaand het Meksikane Amerikaanse vlae aan die brand gesteek en hul eie vlae rondgeswaai saam met anti-Trump-betogers buite die lokaal waar Trump gepraat het.<\/p>\n<p>Die oproeriges het met polisielede slaags geraak nadat hulle versperrings omgegooi en bottels en klippe begin gooi het. &#8216;n Deur van die lokaal waar die saamtrek gehou is, is ook beskadig.<\/p>\n<p>Volgens die polisie is die deur met &#8216;n windbuks geskiet, wat onwaarskynlik is aangesien dit van veiligheidglas gemaak is.<\/p>\n<p>Die polisie het die geweld probeer onderspeel en niemand is vir openbare geweld in hegtenis geneem nie. Hulle wou nie beweringe dat skote deur betogers afgevuur is, bevestig nie.<\/p>\n<p>Geen berigte van ernstige beserings is glo ontvang nie. CNN het bevestig dat niemand in hegtenis geneem is nie.<\/p>\n<p>Die polisie het vroe\u00ebre berigte ontken dat traanrook gebruik is teen die betogers, wat o\u00ebnskynlik ontevrede is met Trump se uitsprake oor immigrasie. <\/p>\n<p>Trump het Dinsdagaand die Republikeinse Party se voorverkiesing in die deelstaat Washington gemaklik gewen. Die wenner benodig die steun van 1 237 afgevaardigdes.<\/p>\n<p>Volgens CBC is Trump se steun van 1 193 afgevaardigdes, slegs 44 minder as wat nodig is om as di\u00e9 party se presidentskandidaat vir die verkiesing in November aangewys te word. <\/p>\n<p>Ander bronne meen dat die syfer nog ho\u00ebr is, te wete 1 229.<\/p>\n<p>Trump het in Washington sowat 76% van die stemme op hom verenig. <\/p>\n<p>Hillary Clinton het die Demokratiese Party se voorverkiesing in \u00adWashington gewen.<\/p>\n<p>Clinton loop ver voor in haar stryd teen Sanders. Sy het altesaam 2 305 afgevaardigdes se steun en Sanders 1 539. <\/p>\n<p>Sy moet 2 383 afgevaardigdes se steun kry om die Demokratiese Party in die presidentsverkiesing te verteenwoordig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oproeriges het berede polisie met klippe bestook en brande gestig buite \u2019n saamtrek wat Donald Trump in Albequerque in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko toegespreek het. Woensdagaand het Meksikane Amerikaanse vlae aan die brand gesteek en hul eie vlae rondgeswaai saam met anti-Trump-betogers buite die lokaal waar Trump gepraat het. Die oproeriges het met polisielede slaags &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38425\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Meksikaanse oproeriges brand vlae by Trump-saamtrek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38426,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[],"class_list":["post-38425","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38425","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38425"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38425\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38426"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38425"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38425"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38425"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}