{"id":38418,"date":"2016-05-26T17:14:08","date_gmt":"2016-05-26T15:14:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38418"},"modified":"2016-05-26T17:14:08","modified_gmt":"2016-05-26T15:14:08","slug":"egyptair-het-glo-skerp-geswenk-se-griekse-lugbeheer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38418","title":{"rendered":"EgyptAir het glo skerp geswenk s\u00ea Griekse lugbeheer"},"content":{"rendered":"<p>Die hoof van Egipte se forensiese owerheid het \u2019n gevolgtrekking verwerp dat slegs klein stukkies liggaamsdele n\u00e1 die EgyptAir-ramp gevind is omdat \u2019n ontploffing aan boord plaasgevind het.<\/p>\n<p>\u2019n Intensiewe ondersoek is aan die gang waarom die Airbus 320 van EgyptAir Donderdagoggend vroeg met 66 passasiers aan boord in die Middellandse See neergestort het. <\/p>\n<p>Die grootste deel van die wrak, sowel as die vlugopnemers, is nog nie gevind nie. <\/p>\n<p>\u2019n Egiptiese forensiese amptenaar het ges\u00ea 23 sakke liggaamsdele is sedert Sondag gevind, het Reuters berig.Die opnemers se batterye hou net 30 dae. <\/p>\n<p>Inligting wat verskaf is deur die lugvaartowerheid in Griekeland, wat die vliegtuig gemonitor het voordat dit Egiptiese lugruim bereik het, verskil van die Egiptiese inligting oor die vliegtuig se laaste oomblikke.<\/p>\n<p>Panos Kammenos, Griekeland se minister van verdediging, het Donderdag ges\u00ea die Griekse radarnetwerk het skerp bewegings raakgesien voordat die vliegtuig hoogte verloor en toe verdwyn het.<\/p>\n<p>Ehab Mohieldin Azmi, hoof van Egipte se lugnavigasiediens\u00ad, het ges\u00ea Egiptiese amptenare het nie opgemerk dat die vliegtuig swenk of hoogte verloor nie.<\/p>\n<p>\u201cNatuurlik het ons meer as een keer probeer om die vliegtuig te roep, maar daar was geen reaksie nie. Ons het vliegtuie in die omgewing gevra om ook te probeer, maar dit was onsuksesvol,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Egipte se openbare vervolger het Griekeland gevra om transkripsies van gesprekke tussen die vlie\u00ebnier en die Griekse lugverkeerbeheer te oorhandig, asook dat amptenare ondervra word of die vlie\u00ebnier \u2019n sein gestuur het dat die vliegtuig in die moeilikheid is.<\/p>\n<p>Tot dusver is geen aanduidings van plofstof gevind nie. Hisjam Abdelhamid, hoof van Egipte se forensiese owerheid, het ges\u00ea dit is te vroeg om tot enige gevolgtrekking te kom.<\/p>\n<p>Minstens twee ander bronne met regstreekse kennis van die ondersoek het ges\u00ea dit is te vroeg om te s\u00ea wat die oorsaak van die ongeluk was. Franse ondersoekers het ges\u00ea die vliegtuig het \u2019n reeks waarskuwingseine oor rook aan boord, asook \u2019n moontlike rekenaarprobleem, gestuur net voordat die vliegtuig van die radarskerms verdwyn het. <\/p>\n<p>Lugvaartkenners het ges\u00ea sabotasie of \u2019n tegniese probleem kan nie uitgeskakel word nie. Ondersoekers maak staat op die wrakstukke, sakke en klere, sowel as chemiese ontledings om die spore van \u2019n ontploffing te probeer vind. <\/p>\n<p>\u2019n Span wat deur Egipte se burgerlugvaartowerheid saamgestel is, doen die tegniese ondersoek. <\/p>\n<p>Drie amptenare van Frank\u00adryk se burgerlugvaart-\u00adondersoekeenheid en \u2019n kenner van Airbus is ook sedert Vrydag in Ka\u00efro om te help. Egipte het \u2019n robotduikboot gestuur en Frankryk \u2019n skip om na die vlugopnemers te soek. <\/p>\n<p>Teen druktyd was daar nog nie sprake dat die opnemers gevind is nie. Hulle l\u00ea in \u2019n gebied waar die see tot 3 000 m diep is.<\/p>\n<p>Familielede van slagoffers gaan tuis in \u2019n hotel naby die Ka\u00efro-lughawe. Hulle gee nou DNS-monsters om te help om die liggaamsdele te identifiseer.<\/p>\n<p>Amjad Haqi, \u2019n Iraki\u00ebr wie se ma, Najla, omgekom het, het \u00adges\u00ea die families is nie amptelik ingelig dat liggaamsdele gevind is nie.<\/p>\n<p>\u201cAl waaraan hulle kan dink, is om die vlugopnemers en die wrakstukke te kry. Dis hul probleem, nie myne nie.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die hoof van Egipte se forensiese owerheid het \u2019n gevolgtrekking verwerp dat slegs klein stukkies liggaamsdele n\u00e1 die EgyptAir-ramp gevind is omdat \u2019n ontploffing aan boord plaasgevind het. \u2019n Intensiewe ondersoek is aan die gang waarom die Airbus 320 van EgyptAir Donderdagoggend vroeg met 66 passasiers aan boord in die Middellandse See neergestort het. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38418\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;EgyptAir het glo skerp geswenk s\u00ea Griekse lugbeheer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38419,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5288,7843,7930,17380],"class_list":["post-38418","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-airbus","tag-egipte","tag-griekeland","tag-lugramp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38418","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38418"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38418\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38419"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38418"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38418"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38418"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}