{"id":384,"date":"2007-05-03T00:00:00","date_gmt":"2007-05-03T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=384"},"modified":"2007-05-03T00:00:00","modified_gmt":"2007-05-03T00:00:00","slug":"die-eenarmbandiet-n-toebroodjie-op-die-steppe-en-die-baard-van-max-du-preez-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=384","title":{"rendered":"Die eenarmbandiet, &#8216;n toebroodjie op die Steppe en die baard van Max du Preez 2"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Nog steeds&#8230; ja, dit gaan oor wat jy w&eacute;&eacute;t wat reg is en nie oor die erkenning nie, maar darem&#8230; hy sou darem verwag het om deel van die triomfmars te gewees het. Natuurlik w&aacute;s daar nie so &rsquo;n optog nie en hoe onregverdig, hoe onweldeurdag, was d&iacute;t nie. Want dit is hoe hy in daardie dae van die stuitige <em>Vrye Weekblad<\/em>-plakkate dit gesien het: So &rsquo;n Romeinsestyloptog deur Kaapstad, al met Adderley-straat af, en dan regs, om die Kasteel na die Parade waar &rsquo;n jillende skare as&rsquo;t ware ontbrand in hulle nuwe vryheidsdrif. Heel voor sal Mandela &ndash; Caesar! &ndash; in &rsquo;n strydwa wees, getrek deur &rsquo;n wit, &rsquo;n swart en &rsquo;n grys perd en met Desmond Tutu wat agter hom staan en &rsquo;n lourierkransie bo die Heilige Nelson se kop hou. Agter hulle, slegs geklee in verflenterde langbroeke wat net onder die knie&euml; afgeskeur is, kom die Verpletterde Versteende Verstande, die vyande van die nasie &ndash; daar is FW en Pik en PW en &rsquo;n tjankende Roelfie en al die ander eens selfvoldane lede van die voormalige regime. Hulle strompel en struikel, verwaarloos en verweer, o&euml; wat wild staan in vrees en smeking, hulle arms voor hulle styfgetrek deur die dik kettings wat om hulle rougeskaafde polse vasgebout is en wat agter aan Madiba se strydwa gehaak is.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Agter die Oorwinnaar kom sy Dapper Manne, eers Thabo en Cyril in een strydwa met geel, groen en swart speke, en hulle wuif, vingerpunte na bo en kneukels na buite, vir die aanbiddende skare wat palmtakke voor hulle gooi. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Max was darem beskeie genoeg om te weet dat hy nie in daardie twee opsygesette strydwaens hoort nie, en ook nie in di&eacute; net daarna nie; die waens&nbsp; van die volgende stratum helde, die Veertig, om dit met Koning Dawid se triomf te vergelyk, die bende helde: Slovo, Maharaj, Govan Mbeki, Selebi, Sexwale, Phosa, Lekota, Kasrils&#8230;<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nee, Max ken sy plek en dit is nie in die eerste paar eskaders&nbsp; strydwaens nie maar, vervlaks, hy h&oacute;&oacute;rt in daardie optog, het dit verdien, hy en die ander liberale blankes wat Afrikaners was in die tyd toe daar nog algemene sekerheid was oor wie die Afrikaners is. Hy en Van Zyl Slabbert en Daling en Eloff en die res van daardie kordaat Dakar-reisigers. Miskien kan hulle tog in so &rsquo;n los falanks agter in die stoet kom, amper soos &rsquo;n land se hele kontingent Olimpiese atlete wat die stadion tydens die openingseremonie binnekom en vir die skare wuif.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar daar was nie plek vir Max en sy baard in die heldeparade, nie regtig nie. So, toe wag hy maar vir die frenetiese wederkerige rugkloppery van die ANC om te vervaag, vir die eerste orgie van selfvoldaanheid om te kwyn, en hy wag vir die klop aan sy deur, vir sy eerste aansig van die presidensi&euml;le kavalkade in swart limousines wat teen die randsteen trek, wag vir die statige president om uit te klim om vir hom, Max du Preez met die baard, te kom bedank vir sy heldhaftige deelname aan die vrysetting van die mense van die hele Suid-Afrika. Maar hierdie held was bestem om onbesonge te wees. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met die stilte van ongesonge ANC-lofliedere wat eggo&rsquo;s trek in sy ore, moes Max vir homself &rsquo;n nuwe rol uitdink. Dit was nie maklik nie want, soos &rsquo;n gasmasker in vredestyd, het hy geen nut meer nie. Wie het &rsquo;n aanwending vir &rsquo;n skrywer van stuitige plakkaatkrete? O, daar was darem die outobiografie om sy aandag af te trek en toe &rsquo;n opportunistiese klikboek oor Louis Luyt en daardie opdragwerkie vir die ANC, &rsquo;n bydrae tot die samestelling van <em>Turning Points<\/em>, die herinterpretasie van Suid-Afrikaanse geskiedenis vir skoolkinders waarin hy so verbete probeer het om die Afrikaner weg te skryf. Hy het selfs &rsquo;n heel nuwe loopbaan probeer: Groenteboer in die Ficksburg-Rosendal omgewing, bedeel met status as soort van &rsquo;n afgetrede politieke ghoeroe. Maar, nadat &rsquo;n arbeiderskrisis sy boerdery ontwortel het, het hy na sy ou we&euml; teruggestrompel. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dis toe dat sy lewe krimp totdat dit inpas in sy studeerkamer, die een met daardie &ldquo;Ja-Nee&rdquo;-plakkate teen die muur; &#8216;n museum vir <em>Die Vrye Weekblad<\/em>, daardie astrante klein koerant vol van al daardie Dirk Coetzee-stories, gekraaiery oor Piet Koornhof (&ldquo;Piet is te sexy vir sy volk&rdquo;, was die plakkaatkreet) en, vervloekte noodlot!, publish-and-be-damned-stories oor Lothar Neethling, &rsquo;n mistasting waarvoor miljoene gehef is in hofonkoste, geld wat n&oacute;g Max n&oacute;g sy koerantjie gehad het en wat toe die tragiese einde van <em>Die VWB<\/em> was. Hy probeer so hard om die proto-Nuwe Suid-Afrikaner te wees, waar hy nie wit of swart is nie maar wit &eacute;n swart en alles tussenin. Max du Preez het alles vir almal en niks vir enige iemand geword nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoBodyTextIndent2\" style=\"text-align: justify; text-indent: 0cm\">Vir die perswese in die land is hy sout wat laf geword het. Niemand weet regtig wat om met hom te maak nie. So dan en wan sal &rsquo;n koerant vir hom &rsquo;n afgekoude been gooi deur een van sy verontwaardigde meningsartikels te publiseer, maar die suspisie bestaan dat dit gedoen word in &#8216;n gees verwant aan regstellende aksie. Die koerantbedryf akkommodeer uiteraard deesdae skrywers met laerskoolvlakprosastyl soos Matshikiza, Qwelane, Wyngaard en Jeffreys net omdat hulle nie blank is nie. Hulle kan tog maar vir Max du Preez, uit erkenning vir sy lojale verraad van die Afrikaners, beloon deur hom toe te laat om vir hulle hier en daar &rsquo;n ietsie te skryf. <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die ou joernalistieke instink is nog daar&#8230; of&#8230; nee, dit is nie eintlik nie. Max du Preez is nou nie eintlik &rsquo;n joernalis soos &rsquo;n joernalis-joernalis nie. (Dis nou nie juis dat hy uitgaan en feite versamel en ontleed en rapporteer nie.) Nee, hy is &rsquo;n skepsel van die Nuwe Suid-Afrika se media. Hy is &rsquo;n &ldquo;ontleder&rdquo; of &rsquo;n &ldquo;kommentator.&rdquo; &#8216;n Ontleder\/kommentator is &#8216;n koerantman met te veel ondervinding om koerantwerk te doen, met te veel status om deur nuuswerwing en persoonlike onderhoude besig gehou te word en te veel persoonlikheidswaarde om sy woorde te tel. Max, die kommentator\/ontleder, is op &#8216;n spesifieke, doelvervaardigde kruisvaart. Dink aan hom as soort van die standaardeburo van die Nuwe Suid-Afrika, die sosiale nirvana wat hy en sy koerant, die een met die pittige lamppaalplakkate, help skep het, die land wat soos dro&euml; brood voor sy o&euml; en tot sy hewige ontsteltenis verkrummel. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Al hoe meer iesegrimmig, al hoe meer ontgogel deur die minagting waarmee hy opsy geskuif is en deur die ANC se wanprestasie, onttrek hy dieper in sy studeerkamer, sy mausoleum vir die diepbetreurde <em>Vrye Weekblad<\/em> in, en hy wag dat hulle sal kom, die kader kamerade by wie hy homself met soveel ywer en broederskap ingewerp het, dat hulle kan kom en sit, dat hulle kan praat, dat&nbsp; hy vir hulle kan s&ecirc; om die geloof te behou. Soms dink hy hy sal vir hulle, selfdwepende swape wat hulle is, die Waarheid vertel; vertel wat die stemme vir hom s&ecirc; wanneer hy stil is. Maar hy weet hy sal dit nie doen nie en, om brutaal eerlik te wees, hy kan dit nie doen nie want hy is self te&nbsp; besig om die geraas van die mot in die oor te probeer ignoreer. Max du Preez het nie enige geloofsopsies oor nie. Hy m&oacute;&eacute;t in die Nuwe Suid-Afrika glo; het so lank daaroor gedroom en daarvoor gewerk, al daardie paalplakkate uitgedink en sy eie mense in die rug gesteek. As daar nie &rsquo;n Nuwe Suid-Afrika is nie&#8230; maar wag, wag-wag, hy hoef nie eers daaraan te dink nie. Die Nuwe Suid-Afrika, land van vryheid en plek vir almal om die pappot, waar elkeen skrander, sensitief en hardwerkend is, waar almal almal se broer is, daardie Nuwe Suid-Afrika bestaan, dis hi&eacute;r vervlaks, hier om te bly en Max du Preez is die profeet daarvan en net soos wat hy in &#8216;n aanval van joernalistieke Tourette&rsquo;s die skeptici verdryf, het hy ook die taak om die Oorwinnaar se dissipels se morele kompas gekalibreer te hou. Sy deur staan vir die afvalliges oop.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Terwyl hy vir ketters wag om in sy studeerkamer te kom sit waar hy vir hulle kan s&ecirc; om terug te keer na die ware geloof, tas Max se rustelose o&euml; deur die menings van die dag, soek-soek-soek na die spore van die ontkenners van die wonderwerk van die Nuwe Suid-Afrika, en as hy dit vind in die meningsblaaie van die koerante dan &ndash; hy kan dit nie help nie &ndash; dan slaan hy toe, dan trek hy daardie ou, welgeslete oranje Bic-pen en hy slaan verwoed om hom heen. As iemand, &rsquo;n salm wat nou stroom<em>af<\/em> swem teen die stroom van die magtige rewolusie in, die Nuwe Suid-Afrika se waardigheid ontken, dan kan Max homself nie help nie &ndash;&nbsp; daar &iacute;s nie pille vir sy Tourette&rsquo;s nie &ndash; en hy moet die saak regworstel in die blaaie van die pers. Ongelukkig is hy deesdae soos &rsquo;n ou bokser wie se bene planke toe is en wie se tydsberekening oor die muur is. Hy is &rsquo;n maklike teiken en jonger, wakkerder, vinniger skrywers slaan hom maklik raak. Maar Max kan homself nie help nie. As hy nie skryf en raas nie, die stemme, daardie waarheid in die nag, sal hom tot raserny dryf. So, hy skryf maar. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die gevolg is van die mees onsamehangende rubrieke in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse perswese &ndash; bewerig in logika, vol onverantwoordelike gevolgtrekkinge en flou toepassings. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En as jy eers iets geskryf het, kan jy dit nie as&rsquo;t ware &oacute;ntskryf nie. As hy kon, sou hy. Gereeld. Soos daardie rubriek van hom verlede jaar waarin hy gal kots oor &ldquo;die blanke gekerm&rdquo; wat hom &ldquo;doof maak.&rdquo; Daarin blyk dit dat hy verbaas en ontsteld is dat witmense kla oor sulke beuselagtighede soos plaasmoorde en die algehele, verpletterende wanbestuur van die land deur swartmense. Swartes kla nie, s&ecirc; hy, miljoene van hulle kla.(?!) Hy redeneer dat witmense net die reg het om te murmureer as hulle eers kla oor moord op swart mense. Die Afrikaner mag slegs ontsteld wees oor die georganiseerde aftakeling van sy kultuur as hy eers, deur monde van Dan Roodt en Hermann Giliomee, kla oor die miskenning van Zoeloe en SeSotho deur die staat. Buitendien, stoom hy voort, toeskouers by &rsquo;n krieketwedstryd het &rsquo;n swart speler van Suid-Afrika &rsquo;n &ldquo;kaffer&rdquo; genoem en dit is baie meer skadelik en onhoflik, lei ons by hom af, as net nog &rsquo;n wit tannie wat verwurg word of net nog &ndash; gaap &ndash;&nbsp; &rsquo;n blanke meisie wat deur &rsquo;n swart bende verkrag word. Eers as almal seker is dat Ntini nooit weer so getraumatiseer word nie, mag daar bedenkinge uitgespreek word oor die praktyk van rampokkers om wit boere uit te moor.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Onlogies, onsamehangend, ja, maar as die Tourette&rsquo;s eers sy tikvingers geskaak het, kan hy dit nie keer nie. Hy skryf voor hy dink. By tye grinnik die lesers oor ou Max, trek hulle skouers op en ignoreer hom. Maar soms strompel hy in &rsquo;n debat in waarvoor hy glad nie toegerus is nie, soos toe hy met Dan Roodt slaags geraak het en as kampvegter vir die kultuur van Afrika probeer het om &rsquo;n saak daarvoor uit te maak dat dit superieur is bo die Westerse beskawing. Roodt het hom met soveel minagting afgestof dat &rsquo;n mens sou dink dat dit net &#8216;n ontleder\/kommentator van die onnoselste soort kan wees wat sou terugkeer vir nog. As Max du Preez maar net in sy studeerkamer in kon verdwyn en daar bly. Maar hy kan nie. Hy kan doodeenvoudig nie.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">\n<h3>Moenie m&ocirc;re se derde en laaste aflewering in di&eacute; reeks misloop nie!&nbsp;<\/h3>\n<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free casino bonus games slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<h3 align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/GSVsw.JPG\" width=\"94\" height=\"114\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Gustav Venter sit&nbsp; in di&eacute; tweede aflewering sy ontleding van Max du Preez<span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">, skrywer van &quot;die mees onsamehangende rubrieke in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse perswese&quot;, voort.<br \/> <\/span><\/h3>\n<h3><strong>Die bewaarder van die rewolusie<\/strong><\/h3>\n<div align=\"justify\">\n<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar hulle het ge&euml;indig, het hulle nie? As daar een iemand is vir wie rewolusion&ecirc;re sukses te vinnig gekom het, dan is dit vir Max du Preez. Sy toegelate vyftien minute was <em>so bitter gou verby&#8230; <\/em>Een oomblik was hy nog die parmantige jong salm wat stroomop geswem het om sy verhouding met sy plekkie in die land se geskiedenis te konsumeer&#8230; en toe, en toe kom &rsquo;n magtige, ongeduldige stroom &ndash; van agter af, bergop! &ndash; en dit spoel oor Max, dit rol en tol hom holderstebolder en hy is net &rsquo;n klein stokkie dryfhout op &rsquo;n helse groot rivier &ndash; wat in dieselfde rigting as hy gaan en nie net word hy &ndash; o, die onreg! &ndash; nie meer raakgesien of gehoor nie, al sy <em>andersheid<\/em> het in een oomblik verdwyn, skielik is hy net &rsquo;n hooinaald in &rsquo;n bliksemse groot mied. Almal dink soos hy en hy dink soos almal. Nou is dit die mense wat soos die Versteende Verstande praat, wat anders is. Die idees van die <em>Vrye Weekblad<\/em> &ndash; of ten minste die herinnering daaraan &ndash; is nou geheilig, hoofstroom, ortodoks. Max du Preez, hy met die rewolusion&ecirc;re ywer en die Max-du-Preez-stylbaard, het konvensioneel geword en vir &rsquo;n rebel is dit die dood self.<\/span><\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[521,520,171,21092],"class_list":["post-384","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c27-gustav-venter","tag-n-toebroodjie-op-die-steppe-en-die-baard-van-max-du-preez-2","tag-die-eenarmbandiet","tag-gustav-venter","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/384","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=384"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/384\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=384"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=384"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=384"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}