{"id":38308,"date":"2016-05-20T08:15:25","date_gmt":"2016-05-20T06:15:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38308"},"modified":"2016-05-20T08:15:53","modified_gmt":"2016-05-20T06:15:53","slug":"hoekom-is-die-swart-jeug-militant-max","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38308","title":{"rendered":"Hoekom is die swart jeug militant Max?"},"content":{"rendered":"<p>Ek wou antwoord op Max Du Prees se rubriek \u201c<a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Menings\/max-du-preez-haat-rasse-mekaar-meer-20160514\">Haat rasse mekaar meer<\/a>?\u201d, maar die leserreaksies was egter alreeds gesluit, vermoedelik om Max se ongwildheid weg te steek.<\/p>\n<p>Ek glo nie dat rasse mekaar meer of minder haat in Suid Afrika nie, maar daar is nog steeds die radikale narre wat die raskaart speel ter bevordering van hulle eie saak, en daardie narre is almal deesdae swart. En dit is deesdae baie makliker vir mense om hulle gevoelens in die openbaar te lug met sosiale media.<\/p>\n<p>Wat Max hier kwytraak is nie onwaar nie:<\/p>\n<blockquote><p>Maar ons kan nie ontken nie dat die mislukking die afgelope twee dekades om ons gemeenskap minder ongelyk te maak en armoede en werkloosheid te beveg, verstaanbare redes is waarom veral jonger swart mense militanter gaan word.<\/p><\/blockquote>\n<p>As swartes dan so militant geraak het teenoor blankes, is dit die hoofstroommedia se skuld en Max is deel van die probleem.<\/p>\n<p>Die media is doodbang om objektief te wees en verkies om swart politici te steun wat meen blankes is altyd die vark in die verhaal as dit kom by die tekortkomings van die regering en opvoeding van die swart massas.<\/p>\n<p>Om sake in perspektief te stel: Daar word baie meer kanse aan jong swartmense gegee as wat daar ooit in die apartheidsera aan blanke kinders gegee was. &#8216;n Blanke kind moes baie goed op skool gevaar het om op van die paar studiebeurse wat beskikbaar was te kon bekom. Dan is daar onder die wat aansoek gedoen het vir &#8216;n beurs die bestes uitgesif tot net die room oorgebly het. Die ander se ouers moes vir hulle studies betaal het of &#8216;n studielening by die bank uitgeneem wat dan terugbetaal moes word. Die wat wel &#8216;n beurs gekry het, moes ook nog bybetaal want die beurse daardie dae het nie vir ales betaal nie.<\/p>\n<p>In daardie jare \u201cvan Apartheid\u201d het die ouers van vandag se jong swartmense egter hulle skole &#8220;wat die Apartheidsregering met blanke belastinggeld gebou het&#8221; afgebrand met die slagspreuk \u201cLibiration before Education\u201d.<\/p>\n<p>Die meeste blankes wat sukses gesmaak het in die Apartheidsera het dit bereik deur harde werk en nie net bloot omdat hulle bevoordeel was deur die regering nie. <\/p>\n<p>Opleiding was vir die swart kinders ook beskikbaar maar die militante het die skole afgebrand op die kommuniste soos Chris Hani se aandrang, &#8220;teen Afrikaans&#8221;.<\/p>\n<p>Die vraag is of hulle die skole ook sou afgebrand het as die onderrig Engels was en die Afrikaanse kinders het moedertaal onderrig ontvang het? Sou dit dan ook as onreverdig beskou gewees het? <\/p>\n<p>Daar was nie genoeg onderwysers om onderrig te gee in ander tale nie. Dalk was die opstand juis teen opvoeding gemik wat nie genoeg inhoud aan &#8216;n Afrikakultuur gegee het nie?<\/p>\n<p>Afrikanerkinders van die Apartheidsera is grootgemaak met &#8216;n idee van niemand skuld jou iets nie en jy moet maar self sorg om bo uit te kom en as jy nie kan nie dan is dit as gevolg van jou eie tekortkominge. Jy moet trots wees op jou verlede want dit is as gevolg van die offers van jou voorvaders dat jy vandag het wat jy het. Wees dankbaar vir alles wat jy het want al is dit min, is dit al wat jou ouers kon bekostig. Dit is net gestremde mense en swakkelinge wat van die staat hulp ontvang. Sorg dat jy nie vir iemand anders &#8216;n las is nie. <\/p>\n<p>En so kan ek aangaan. As dit vir jou vreemd klink het jy seker in &#8216;n huis grootgeword waar julle op mense soos ek neergesien het, en kan jy dus verskoon word vir jou uitkyk op die lewe wat jy in die media openbaar. <\/p>\n<p>En ja dan behoort jy skaam te wees vir wie jy is, nie omdat jy blank is nie maar omdat jy jouself so verhewe bo ander plaas.<\/p>\n<p>Is jy bereid om jou nek bloot te l\u00ea en &#8216;n reeks vergelykings te publiseer waar die swart kinders van vandag beter daaraan toe is as die blanke kinders van ouds? <\/p>\n<p>Ek glo nie enige publikasie anders as die sogenaamde &#8220;verregses&#8221; van Maroela en Praag sal dit plaas nie want dit is mos ongehoord om van &#8216;n swart persoon te verwag om die skuld vir sy ellende voor die deur van sy ouers, swart regering of hom self te l\u00ea as daar nog blankes in die land is.<\/p>\n<p>Dit is omdat die Media voorhou dat swart en blank met die selfde waardes grootgemaak is.<\/p>\n<p>Daarom is dit vir niemand geoorloof om te verwys na die opvoeding wat swartmense in hulle ouerhuise ontvang het nie want dit word as rassisties beskou.<\/p>\n<p>Daar word mos aangeneem dat blanke en swartmense deur die bank die selfde waardesisteme het en dit net is omdat blankes &#8220;rassiste&#8221; is dat daar nie vorentoe beweeg kan word nie.<\/p>\n<p>Daar word nooit ondersoek ingestel of daar wel &#8216;n verskil in kultuur en gewoontes is nie, en as daar is dan word van die blanke Afrikaner verwag om van sy kultuur, taal, gewoontes en waardesisteme ontslae te raak en die van swartmense aan te gryp.<\/p>\n<p>Dit is omdat die onderwerp van swart opvoeding &#8216;n groot taboe is!<br \/>\nDit is omdat die media nie swart rassisme teenoor blankes so holrug ry soos die paar omgekeerde gevalle nie!<br \/>\nDit is omdat die blankes beskuldig word vir die tekortkominge van die swart regering en die media swyg en stel dit nooit reg nie!<\/p>\n<p>Julle laat die jong swartmense verstaan dat alles wat sleg is die blanke se skuld is.<br \/>\nJulle laat die jong swartmense glo dat hulle leiers helde is omdat julle nie hulle belaglike uitlatings kritiseer nie.<br \/>\nJulle sal nooit jong swart mense kritiseer vir hulle vernielsugtige optredes nie, nee, julle gee apartheid die skuld en nie die opvoeding wat hulle ontvang het nie.<\/p>\n<p>Julle sal nooit tot die slotsom kom dat blankes vir eeue lank in die Europese kultuur gegroei het en swartmense vir eeue lank in die Afrika kultuur gegroei het nie.<\/p>\n<p>Daar is daarom &#8216;n verskil tussen blank en swart en daar sal altyd &#8216;n verskil wees. As jy modder en roomys meng wil niemand dit meer h\u00ea nie.<\/p>\n<p>Ek wonder party dae of julle in die hoofstroom media ooit regtig omgee wat van Suid Afrika word, of ontvang julle geld vir al die ellende en verdeeldheid wat julle skep?<\/p>\n<p>Hoe gouer julle gaan besef dat julle en die ANC regering die oorsaak is vir die afgelope twee dekades se mislukking en nie Apartheid nie, sal niks verander nie en die gaping tussen wit en swart sal net groter word. Die polarisasie sal verdiep tot daar niks anders oorbly as oorlog nie.<\/p>\n<p>Jan Malan<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek wou antwoord op Max Du Prees se rubriek \u201cHaat rasse mekaar meer?\u201d, maar die leserreaksies was egter alreeds gesluit, vermoedelik om Max se ongwildheid weg te steek. Ek glo nie dat rasse mekaar meer of minder haat in Suid Afrika nie, maar daar is nog steeds die radikale narre wat die raskaart speel ter &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38308\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Hoekom is die swart jeug militant Max?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38309,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[22558,22557,18443,22559],"class_list":["post-38308","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikakultuur","tag-militante-jeug","tag-opvoeding","tag-skole-brand"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38308","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38308"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38308\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38309"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38308"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38308"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38308"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}