{"id":38302,"date":"2016-05-19T19:19:21","date_gmt":"2016-05-19T17:19:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38302"},"modified":"2016-05-20T09:02:16","modified_gmt":"2016-05-20T07:02:16","slug":"polisie-moet-bontstaan-om-openbare-geweld-te-keer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38302","title":{"rendered":"Polisie moet bontstaan om openbare geweld te keer"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie moes plek-plek in Suid-Afrika bontstaan om openbare geweld te onderdruk.<\/p>\n<p>Honderde plakkers van die Tornado-woongebied naby Brits in Noordwes het na die munisipaliteit opgeruk. <\/p>\n<p>Die opmars was glo om &#8216;n memorandum oor swak dienslewering in die gebied aan die Madibeng-munisipaliteit te oorhandig.<\/p>\n<p>Die munisipaliteit se departement van Water en Sanitasie is vroe\u00ebr onder administrasie geplaas. <\/p>\n<p>Volgens die plakkers is plaaslike projekte van miljoene rande wat &#8216;n sportveld, sanitasie en HOP-huise insluit, nooit voltooi nie. <\/p>\n<p>By Dwarsloop buite Bosbokrand in Mpumalanga is die R-40 met twee vragmotors en brandende bande versper. <\/p>\n<p>&#8216;n Polisiewoordvoerder s\u00ea hulle probeer om die oproeriges uiteen te jaag. Die oproermakers is vermoedelik ontevrede oor die kandidaat wat as wyksraadslid benoem is.<\/p>\n<p>Die polisie moes motoriste van Acornhoek waarsku om alternatiewe roetes te gebruik. <\/p>\n<p>In Vuwani in Limpopo het onlangse gewelddadige oproer teen herafbakening nog nie bedaar nie. <\/p>\n<p>Vier-en-twintig skole is die afgelope tyd aan die brand gesteek.<\/p>\n<p>Volgens die Tsongas dreig die polisie hulle glo dat hulle &#8216;n tweede Marikana-slagting te wagte kan wees.<\/p>\n<p>By Vyeboom s\u00ea inwoners is die situasie is steeds onveilig vir mense van buite. Daar is steeds slote in die strate. <\/p>\n<p>Die oproer het die ekonomie tot stilstand gebring in Vuwani en omliggende dorpe.<\/p>\n<p>Taxibestuurders se inkomste is negatief geraak daardeur en hulle s\u00ea hulle kan nie meer die lenings op hul voertuie terugbetaal nie.<\/p>\n<p>In Kokstad in die suide van KwaZulu-Natal, s\u00ea die burgemeester Nosisa Jojozi s\u00ea sy vrees vir haar veiligheid. <\/p>\n<p>Oproeriges eis dat sy en die onderburgemeester bedank.<\/p>\n<p>Ontevredenes het ook probeer om die onderburgemeester se huis aan die brand te steek. <\/p>\n<p>Jojozi het &#8216;n oproep om kalmte gedoen en s\u00ea mense moet die regte kanale volg om hulle griewe te lug.<\/p>\n<p>Die polisie probeer steeds om die twee strydende groepe op Kokstad uitmekaar te hou. <\/p>\n<p>Paaie is met brandende bande en rommel versper, winkels is geplunder en skole moes sluit. <\/p>\n<p>Vyftig mense is reeds in hegtenis geneem en van openbare geweld aangekla. <\/p>\n<p>Hulle het in die streekhof op Kokstad verskyn en sal weer aanstaande Donderdag verskyn.<\/p>\n<p>In Sebokeng, suid van Johannesburg het inwoners gewelddadig geraak glo oor die stadige pas van dienslewering. <\/p>\n<p>Hulle het strate met brandende buitebande en klippe versper, Verkeer is ook ontwrig.<\/p>\n<p>Die inwoners wil h\u00ea dat die regering kom kyk hoe die omgewing lyk waarin hulle moet leef. Niemand is in hegtenis geneem nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie moes plek-plek in Suid-Afrika bontstaan om openbare geweld te onderdruk. Honderde plakkers van die Tornado-woongebied naby Brits in Noordwes het na die munisipaliteit opgeruk. Die opmars was glo om &#8216;n memorandum oor swak dienslewering in die gebied aan die Madibeng-munisipaliteit te oorhandig. Die munisipaliteit se departement van Water en Sanitasie is vroe\u00ebr onder &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38302\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polisie moet bontstaan om openbare geweld te keer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":21922,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5457,5488,6843],"class_list":["post-38302","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-openbare-geweld","tag-oproer","tag-plakkers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38302","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38302"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38302\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21922"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38302"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38302"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38302"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}