{"id":38291,"date":"2016-05-19T07:43:39","date_gmt":"2016-05-19T05:43:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38291"},"modified":"2016-05-19T09:08:59","modified_gmt":"2016-05-19T07:08:59","slug":"rusland-vsa-in-wene-oor-siriese-kopseer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38291","title":{"rendered":"Rusland, VSA in Wene oor Siriese kopseer"},"content":{"rendered":"<p>Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, en sy Russiese ampsgenoot, Sergei Lavrof, het &#8216;n ho\u00ebvlakvergadering in Wene, Oostentyk, gehou om te probeer om die vredesproses in Siri\u00eb weer op koers te kry.<\/p>\n<p>Amerikaanse en Britse oproepe dat die regime van pres. Basjar al-Assad en die rebelle moet instem tot hulle raamwerk vir &#8216;n politieke oorgang, het tot dusver tot groot hoofbrekens gelei.<\/p>\n<p>Amerikaanse amptenare wat saam met Kerry reis, s\u00ea Washington dring steeds daarop aan dat Al-Assad uittree en dat 1 Augustus as die \u00adsperdatum hieroor en die \u00adinwerkingtreding van die raamwerk gestel word.<\/p>\n<p>Al-Assad, wat die milit\u00eare steun van Rusland en Iran geniet, het egter nog geen aanduiding gegee dat hy voornemens is om dit te doen nie.<\/p>\n<p>Saoedi-Arabi\u00eb dreig intussen om plan &#8220;B&#8221; te loods, wat volskaalse milit\u00eare ingryping beteken om van die Siriese leier ontslae te raak.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is duidelik gemaak dat Bashar al-Assad twee keuses het &#8211; \u00f3f hy sal deur &#8216;n politieke proses verwyder word of hy sal verwyder word deur middel van geweld,&#8221; het Adel al-Jubeir aan verslaggewers ges\u00ea nadat die ISSG met Rusland en die VSA vergader het.<\/p>\n<p>&#8220;Ons glo ons moet &#8216;n plan B h\u00ea,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;As hulle nie reageer op die druk van die internasionale gemeenskap nie&#8230; dan sal ons maar moet sien wat anders gedoen kan word.&#8221;<\/p>\n<p>Die lot van Assad blyk steeds &#8216;n struikelblok vir lede van die ISSG te wees. <\/p>\n<p>Moskou is gekant teen enige pogings om &#8216;n vredeskikking op voorwaarde dat die verwydering Assad se smee, met die Russiese minister van buitelandse sake wat dit duidelik gemaak het dat Rusland die stryd teen terreur voer, en hulle &#8220;het nie &#8216;n beter alternatief as die Siriese le\u00ebr nie&#8221;.<\/p>\n<p>Die Duitse minister van buitelandse sake, Walter Steinmeier, met sy aankoms in Wene die Amerikaanse voorwaarde herhaal, maar weggeskram van oorlog.<\/p>\n<p>\u201cDit is hoekom ons, onder die beskerming van die VN (Verenigde Nasies), die oorgangsregering en hoe dit saamgestel moet word, moet bespreek en seker maak sake is op koers,\u201d het hy bygevoeg.<\/p>\n<p>Intussen het gerugte die ronde gedoen dat wapens deur Swaziland vloei na die Midde-Ooste met die Swazi-president wat glo invoersertifikate teen $1 miljoen elk verskaf.<\/p>\n<p>Tot dusver het die VN-geleide vrede\u00adsamesprekings in Gen\u00e8ve, Switserland, onder aanvoering van die internasionale gesant Staffan de Mistura, min vordering gemaak. Washington-ondersteuners het self hul twyfel uitgespreek of hul 1 Augustus &#8216;n haalbare sperdatum is.<\/p>\n<p>Die Internasionale Siriese On\u00addersteuningsgroep (ISSG) se 17 lande sal tydens hierdie vergadering sy oproep vir \u2019n nasionale wapenstilstand en die onmiddellike toegang deur humanit\u00eare hulpverleners aan die bele\u00ebrde gebiede, herhaal.<\/p>\n<p>&#8216;n Senior amptenaar van buitelandse sake (Amerika) het aan joernaliste in Wene ges\u00ea gesprekke word gevoer met Rusland \u201com \u2019n beter klimaat&#8221; vir die samesprekings te skep, veral by die Al-Assad-regime\u201d.<\/p>\n<p>Die opposisie-koalisie is meer oop oor die ooreenkoms wat hulle graag sou h\u00ea, maar Al-Assad se mense neem nog nie deel nie al steun hulle in die openbaar die samesprekings, het hy ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, en sy Russiese ampsgenoot, Sergei Lavrof, het &#8216;n ho\u00ebvlakvergadering in Wene, Oostentyk, gehou om te probeer om die vredesproses in Siri\u00eb weer op koers te kry. Amerikaanse en Britse oproepe dat die regime van pres. Basjar al-Assad en die rebelle moet instem tot hulle raamwerk vir &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38291\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rusland, VSA in Wene oor Siriese kopseer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38292,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5122,11115,9575,2078,10641,2848],"class_list":["post-38291","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-energie","tag-john-kerry","tag-oorlog","tag-rusland","tag-sirie","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38291","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38291"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38291\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38292"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38291"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38291"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38291"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}