{"id":38267,"date":"2016-05-18T09:07:29","date_gmt":"2016-05-18T07:07:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=38267"},"modified":"2016-05-18T09:07:29","modified_gmt":"2016-05-18T07:07:29","slug":"probleme-wag-vir-brasilie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=38267","title":{"rendered":"Probleme wag vir Brasili\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Michel Temer, Brasili\u00eb se nuwe, waarnemende president, is self &#8216;n ongewilde leier en gaan met baie van dieselfde probleme te make h\u00ea as wat pres. Dilma Rousseff moes trotseer, het AFP berig.<\/p>\n<p>Brasiliane hoop hul regering kan n\u00e1 \u2019n maande lange stryd oor die geskorste Rousseff se staat van beskuldiging aanbeweeg.<\/p>\n<p>Dit het die aandag afgelei van die land se ander probleme, waaronder die ergste resessie in jare en die re\u00ebl\u00adings vir die Olimpiese Spele wat in Augustus begin.<\/p>\n<p>Hoewel Temer (75) die steun van sakelui het, meen politieke ontleders hy sal dieselfde struikelblokke as Rousseff te\u00ebkom.<\/p>\n<p>Rousseff (68) is deur die senaat vir tot 180 dae geskors nadat sy in \u2019n staat van beskuldiging gestel is en sy verhoor moet word. Sy het glo begrotingsprobleme verswyg om tot president herkies te word. Temer, \u2019n regse veteraan, is ook nie gewild in Brasili\u00eb\u00ad nie.<\/p>\n<p>Hoewel Rousseff se goedkeuringsyfer onder 10% geval het, sal Temer maar 1% of 2% van die stemme in \u2019n presidentsverkiesing kan lok, is in \u2019n onlangse peiling bevind.<\/p>\n<p>Rousseff het hom uitgekryt vir die leier van \u2019n \u201cstaatsgreep\u201d om van haar ontslae te raak en hy moet nou die openbare vertroue herstel in \u2019n politieke stelsel wat Brasiliane as korrup beskou.<\/p>\n<p>\u201cHy sal baie van die Brasiliane se ontevredenheid erf weens die soort tradisionele politiek wat hy verteenwoordig.<\/p>\n<p>\u201cDit sal vir hom moeilik wees om hom as \u2019n nuwe mens sonder enige verbintenis met die vorige leierskorps te herskep,\u201d s\u00ea \u00adThiago Bottino, \u2019n ontleder aan die Getulio Vargas-stigting.<\/p>\n<p>Lincoln Secco, \u2019n historikus aan die Universiteit van S\u00e3o Paulo, s\u00ea Temer kan later \u2019n ander probleem h\u00ea: Rousseff.<br \/>\n\u201cVir vyf of ses maande (terwyl die verhoor aan die gang is) het ons \u2019n nie-uitvoerende president.<\/p>\n<p>\u201cHaar skadu sal oor Temer hang en druk sal op sy regering geplaas word om gou resultate te lewer.\u201d<\/p>\n<p>Die Temer-administrasie se hoop is op die herstel van die sukkelende ekonomie gevestig.<\/p>\n<p>Die sakew\u00eareld sien reeds uit daarna om \u2019n regering te h\u00ea wat markvriendeliker is n\u00e1 jare van linkse beleid en groeiende tekorte. Brasili\u00eb is in sy tweede jaar van \u2019n resessie en sal na verwagting eers teen 2018 groei toon.<\/p>\n<p>Om die ekonomie aan die gang te kry, het Temer \u2019n \u201cbrug na die toekoms\u201d voorgestel waaronder besnoeiing van staatsuitgawes en handelshervormings tel.<\/p>\n<p>Onder Rousseff en haar voorganger Luiz In\u00e1cio Lula da Silva, het die land se maatskaplike programme miljoene mense uit armoede gelig. Vir talle Brasiliane is Temer \u2019n tree terug.<\/p>\n<p>\u201cEk dink burgerlike bewegings sal die strate invaar. Hulle gaan die lewe vir Temer nie maklik maak nie,\u201d s\u00ea Debora Messenberg van die Universiteit\u00ad van Brasili\u00eb. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Michel Temer, Brasili\u00eb se nuwe, waarnemende president, is self &#8216;n ongewilde leier en gaan met baie van dieselfde probleme te make h\u00ea as wat pres. Dilma Rousseff moes trotseer, het AFP berig. Brasiliane hoop hul regering kan n\u00e1 \u2019n maande lange stryd oor die geskorste Rousseff se staat van beskuldiging aanbeweeg. Dit het die aandag &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=38267\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Probleme wag vir Brasili\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":38268,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5806,6760,5488,9421,22444],"class_list":["post-38267","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-betogings","tag-brasilie","tag-oproer","tag-president","tag-temer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38267","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38267"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38267\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/38268"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38267"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38267"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38267"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}