{"id":3818,"date":"2008-12-31T08:06:30","date_gmt":"2008-12-31T08:06:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3818"},"modified":"2008-12-31T08:06:30","modified_gmt":"2008-12-31T08:06:30","slug":"matriekuitslae-in-die-land-van-die-blindes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3818","title":{"rendered":"Matriekuitslae: In die land van die blindes&#8230;"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Tot dusver het die ANC uit sy pad uit gegaan om juis ni&eacute; die Afrikanermanier van doen na te volg nie, maar eerder die Britse koloniale manier. Veral onder die Natalse Indi&euml;r, Kader Asmal, het Suid-Afrika die baba met die badwater uitgesmyt en begin om met Britse en Kanadese onderwysmetodes soos uitkoms-gebaseerde onderrig te eksperimenteer. Ten einde die wonderbaarlike styging in die slaagpersentasie te bereik, het Asmal ook standaarde verlaag en is punte agter die skerms gemanipuleer.<\/p>\n<p>In die provinsie Gauteng oftewel die PWV-gebied bestaan sewe uit die tien toppresteerders wat puntegemiddeldes betref uit Afrikaners wat aan Afrikaanse ho&euml;rskole gestudeer het. As &#39;n mens in ag neem dat ons slegs 13% van die bevolking in di&eacute; provinsie verteenwoodig, kom mens onder die indruk oor hoeveel beter Afrikaanse skole as Engelse skole presteer.<\/p>\n<p>Terwyl &#39;n mens deel in die vreugde van daardie leerlinge (ek kon nog nooit aan die begrip &quot;leerder&quot; gewoond raak nie), skole en onderwysers wat so hard gewerk het, is die argelose opstapeling van onderskeidings tot sewe, agt, nege en selfs tien deur die uitblinkers tog kommerwekkend. Kom ons wees eerlik: onder die ou stelsel was ses onderskeidings raar en sewe onderskeidings soortgelyk aan &#39;n wonderwerk.<\/p>\n<p>Kennelik baat Afrikaanse leeringe ook by die opwaartse punte-aanpassings wat die onderwysedepartement uitvoer om sy slaagsyfer reg te knoei. Afrikaanse skole mag nie &#39;n valse sin van hoe briljant ons is ontwikkel nie. Soos die spreukwoord lui: in die land van die blindes is eenoog koning.<\/p>\n<p>Die toenemende prestasiegaping tussen betreklik homogene Afrikanerskole en die sogenaamde &quot;ge&iuml;ntegreerde&quot; Engelse skole bevestig net die w&ecirc;reldwye tendens van multikulturele skole om swakker te vaar as ander skole waar kinders dieselfde taal, kultuur en etniese afkoms deel.<\/p>\n<p>Afrikaanse skole behoort hulself dus nie aan die swakker Engelstalige skole in Suid-Afrika te meet nie, maar aan die onderwysstelsels van kleiner volke in Europa, soos di&eacute; van die Finne, Dene, Noorwe&euml;rs, Vlaminge en Nederlanders.<\/p>\n<p>Afrikaners verdien ook om hul eie onderwysstandaarde te kan stel, eerder as die derdew&ecirc;reldstandaard van die Suid-Afrikaanse onderwysministerie en wat kennelik weinig uitdagings aan ons kinders en onderwysers bied, afgesien van die burokratiese rompslomp wat daarmee gepaard gaan.<\/p>\n<p>Hoe gouer Afrikaners dus op &#39;n eie onderwysdepartement en beheer oor eie skole begin aandring, hoe beter.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/harkovskie_prokurory_napravili_v_sud_delo_o_trebovanii_krupnoj_vzyatki\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die woorde van die Gautengse LUR vir onderwys, Angie Motshekga, was sekerlik ironies bedoel toe sy blykbaar in Afrikaans ges&ecirc; het: &quot;Ek wil weet hoe die Boere dit doen.&quot; Daarmee het sy verwys na die honderdpersentslaagsyfer en ongekende aantal onderskeidings wat soveel Afrikaanse skole behaal het.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[3377,3394,21107,3665,21093,165],"class_list":["post-3818","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-beeld","tag-die-burger","tag-c33-hoofartikels","tag-matriekuitslae-in-die-land-van-die-blindes","tag-s7-menings","tag-praag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3818"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3818\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}